Hamas kla oor ‘leuen’ in leerplan

Die Moslemgroep Hamas het die VN, wat Palestynse vlugtelingkinders in die Gazastrook onderrig, daarvan beskuldig dat hulle die brandoffer (holocaust) in die leerplan wil insluit. Die brandoffer verwys na die moord van 6 miljoen Jode in Europa gedurende die Tweede Wêreldoorlog.

In 'n ope brief aan die plaaslike hoof van die VN se reddingsagentskap noem Hamas die brandoffer "'n leuen wat deur die Zioniste uitgedink is".

Intussen het die Israelse minister van opvoeding, Gideon Saar, in Israel aangekondig dat die woord "nakba" uit die handboeke gaan verdwyn.

Die woord is Arabies vir "katastrofe" en word deur Arabiere gebruik om die skepping van die staat Israel te beskryf.

Hy het Sondag aan die kabinet gesê alhoewel Arabiere in Israel 1948 as 'n tragedie beskou, die woord "nakba" in die konteks van 'n handboek dieselfde waarde het as die woord "brandoffer" en daarom moet verdwyn.

'n Segsman vir die Komitee vir Arabiese opvoeding in Israel het aan die Jerusalem Post gesê Saar se besluit is 'n "politieke foefie" wat Arabiessprekende Israeli's van hulle identiteit wil vervreem.

free casino ukлобановский александр отзывы

Daar is blykbaar kultuurverskille

AfriForum Jeug dreig om regsaksie te neem, sou die VSR voortgaan om te weier dat AfriForum Jeug se tak op UJ geregistreer word.

Dit volg nadat UJ se VSR geweier het dat studente ’n AfriForum Jeug-tak by dié universiteit registreer, omdat AfriForum Jeug ’n Afrikaanse organisasie is en omdat die ANC Jeugliga volgens hulle die enigste “burgerregte-organisasie” is wat by UJ mag registreer.

Afrikaanse studente probeer nou al sedert die begin van die jaar om ’n AfriForum Jeug-tak by UJ te registreer, maar daar word elke keer stappe deur die VSR geneem om te verhoed dat die tak geregistreer word.

Daar is pertinent vir die studente gesê dat AfriForum Jeug nie geregistreer mag word nie, omdat AfriForum Jeug ’n pro-Afrikaanse organisasie, met ’n Afrikaanse grondwet is.

Daar is ook ’n aantal prosedurevereistes gestel wat sogenaamd nagekom moet word voordat AfriForum Jeug op die kampus mag registreer, maar dit het geblyk dat hierdie vereistes nie op skrif is nie en dat dit nie vir ander organisasies geld nie.

AfriForum Jeug se Nasionale Voorsitter, Ernst Roets, het gesê dat hulle nie sal toelaat dat daar verder teen Afrikaanse studente by UJ gediskrimineer word nie.

“Die feit dat daar so teen ons gediskrimineer word, is juis die rede waarom dit so belangrik is dat ons op UJ moet registreer,” het Roets bygevoeg. “Die kultuur van diskriminasie en swak dienslewering op die kampus moet nou gebreek word.”

станок для шиномонтажаФильчаков прокуратура харьков

Afriforum verkla Chuene oor ‘rassepolarisasie’

AfriForum het die president van Atletiek Suid-Afrika (ASA), Leonard Chuene, amptelik by die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) verkla omdat hy “rassepolarisasie aanvuur” deur die Caster Semenya-debakel in ʼn rassekwessie te omskep.

Chuene is ook deur AfriForum aangekla daarvan dat hy ASA se mediakonferensie en byeenkoms met Semenya se terugkeer na Suid-Afrika, as platform laat dien het vir ANC-politici om Semenya vir politieke doeleindes te misbruik. Die ANC Jeugliga se president, Julius Malema, het onder meer tydens Semenya se terugkeer ʼn striemende aanval op wittes geloods.

AfriForum het die IAAF ook gevra om ferm op te tree teen diegene wat verantwoordelik is vir die uitlek van die inligting wat tot die skending van Caster Semenya se privaatheid en menswaardigheid gelei het.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is die IAAF in terme van Artikel 3 van sy grondwet onderworpe aan die Internasionale Olimpiese Komitee se handves, wat onder meer bepaal dat ʼn vreedsame samelewing bevorder moet word en dat enige politieke misbruik van atlete en sport teengestaan moet word.

“Chuene se polariserende uitsprake deur die ongelukkige gebeure rakende Caster Semenya in ʼn rassekwessie te omskep, en sy rol om ʼn platform aan rasse-ideoloë soos Malema te bied om Semenya polities te misbruik, is dus ʼn growwe skending van die IAAF se grondwet en reëls,” het Kriel gesê.

Kriel het daarop gewys dat Chuene verder oortree het deur die geloofwaardigheid van IAAF-toetse te ondermyn, deur te verwys na ʼn sogenaamde “wetenskaplike van ʼn onnosel universiteit” wat die toetse behartig.

Klousule 3 (b) en (c) van Artikel 14 van die IAAF-grondwet bepaal dat dié beheerliggaam ʼn lidland onder meer kan berispe, indien sodanige lid of die regering van ʼn land, die IAAF se doelwitte, grondwet of reëls oortree.

Semenya se prestasie het volgens Kriel ʼn ideale geleentheid gebied om wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe in Suid-Afrika te bevorder, maar die uitlek van die inligting oor die toetsing, asook Chuene en Suid-Afrikaanse politici se hantering van die situasie het nou eerder polarisasie meegebring. “Dit is onverskoonbaar dat ʼn puik prestasie deur ʼn Suid-Afrikaanse atleet misbruik word vir politieke gewin en om verdeeldheid te saai,” het Kriel bygevoeg.

Afriforum het nie kommentaar gelewer oor die gerugte dat Semenya 'n hermafrodiet is nie.

casino free betФільчаков Олександр Васильович прокурор

DRK se offensief kos 500 rebellelewens

Dit het bekend geraak dat die weermag van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) meer as 500 Rwandese Hoetoe-rebelle doodgemaak of gevange geneem het sedert ’n offensief teen die rebelle ses weke gelede in die ooste van die land begin het.

Altesame 354 rebelle van die Demokratiese Magte vir die Bevryding van Rwanda (FDLR) is in gevegte met die weermag dood en 151 is in die Suid-Kivu-provinsie gevang, het kol. Delphin Kahimbi aan Sapa-AFP gesê.

In die offensief, wat middel-Julie begin het, is 43 Kongolese soldate dood en 29 beseer, volgens Kahimbi, bevelvoerder van die weermag in Suid-Kivu.

Baie van die rebelle het sedertdien na Tanzanië en Boeroendi gevlug, het Kahimbi uit die oostelike stad Bukavu gesê.

Duisende FDLR-vegters is in die Suid- en Noord-Kivu-provinsies. Party het in 1994 aan die volksmoord in Rwanda teen die Toetsi-minderheid deelgeneem voordat hulle na die DRK gevlug het.

’n Tweede fase van die aanslag teen die FDLR begin op 10 September.

Pres. Jacob Zuma en 12 ander staatshoofde kom die naweek in Kinshasa, in die weste van die DRK, aan vir ’n beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) op 7 en 8 September. Die DRK neem vandag oor ’n week die SAOG-voorsitterskap oor.

casino gamedЛобановский

Plattelandse kos buitensporig

Die jongste voedselprysmonitor van die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) dui aan dat voedsel op die platteland duurder raak as in die stede.

In Julie 2008 het dit plattelanders R8.03 meer gekos per mandjie bepaalde items en binne 'n jaar het die verskil gestyg tot R16.72.

Die enigste items wat in 2009 op die platteland goedkoper was as in stedelike gebiede, was witbrood, bruinbrood en tee.

Dertig persent van die armste huishoudings het in Julie 2008 sowat 29% van hul maandelikse inkomste aan’n bepaalde mandjie kos afgestaan. Hoër voedselpryse het veroorsaak dat dié huishoudings nou 33% van hul maandelikse inkomste betaal vir kos.

Die mandjie het die gemiddelde huishouding in die kategorie vir die rykste 30% in Julie 2008 sowat 2,3% van hul inkomste gekos, en in 2009 2,6%.

Die LNBR meen Suid-Afrika se voedselinflasiesyfers lyk beter as in die res van Afrika, maar power teenoor ontwikkelde lande.

Botswana se voedselinflasie was in Junie 15,3% en dié van Tanzanië in Julie 16,9%. In Turkye was voedselinflasie in Julie bykans dieselfde as in Suid-Afrika, naamlik 8,5%.

Brasilië se voedselinflasie was egter slegs 2,2%, die VSA 1,1% en Brittanje 4,1%.

 

Die pryse van voedselkommoditeite daal wêreldwyd volgens die NLBR.

 

In Suid-Afrika, het die prys van koring van Julie 2008 tot Julie 2009 met 37,29% gedaal, die mielieprys met 31,83% en prys van sonneblomsaad met 45,92%. Die inflasiekoers van die produkte van dié kommoditeite neig ook af in die winkels.

play casino online no depositлобановский александр жена

Kovsie-studenteleiers looi vir Jansen

Image

Jansen… veroorsaak integrasiekonsternasie aan die UVS

Die VF Plus het heftig op die onlangse uitsprake by ‘n nuuskonferensie in Johannesburg deur prof. Jonathan Jansen, Rektor van die Universiteit van die Vrystaat, gereageer.

“Prof. Jansen het twee weke gelede voor ‘n groep voornemende studente beloftes gemaak; onder andere dat daar volgende jaar eerstejaarskoshuise sal wees,” het Wouter Wessels, leier van die VF+Kovsies gesê.  Wessels het bygevoeg dat die Rektor nie hierdie besluite op sy eie kan neem nie en dat die UV se Raad dit eers moet goedkeur.  Die VF+Kovsies moedig die Raad aan om hierdie besluite nugter te neem en die gevolge daarvan in ag te neem.

Die feit dat prof. Jansen se oplossing vir die probleme wat daar met betrekking tot die huidige integrasiebeleid aan die UV bestaan, is om eerstejaarskoshuise te implementeer, is kommerwekkend.  “Die vraag wat ontstaan is, watter van die bestaande koshuise gaan na eerstejaarskoshuise omgeskakel word? Prof. Jansen is besig om onnodige paniek en verwarring onder studente te veroorsaak,” het Wessels gesê.

Die UV het ‘n dringende tekort aan verblyf en dus moet die UV-bestuur eerder daarop fokus om nuwe koshuise te bou en dan van hierdie koshuise as eerstejaarskoshuise in te rig en sodoende aan voornemende studente ‘n wye keuse van verblyf verskaf.

“Dit is ook belangrik om daarop te let dat die ‘tradisioneel wit’ koshuise almal volgens die integrasiebeleid geïntegreer is. Dit is onverantwoordelik van prof. Jansen om nou na die kampus as ‘n instelling van ‘apartheid’ te verwys,” het Wessels gesê.

Prof. Jansen maak ook ander beloftes, soos dat elke eerstejaar ‘n skootrekenaar gaan ontvang en ‘n semester in die buiteland gaan studeer.  “Die UV het baie ander finansiële behoeftes en daar moet eerder aan finansiële steun aan degeregistreerde studente, nagraadse kursusse en die opgradering van fasiliteite aandag geskenk word,” meen Wessels.

Die VF+Kovsies versoek die Rektor om studente se belange en menings in ag te neem.  Die studente wat tans in koshuise woon, het ook regte en dit moet gerespekteer word.  “Die UV-bestuur moet probleme bestuur en nie slegs probleemareas onder die mat probeer vee nie,” het Wessels bygevoeg.

wedding hair bands and tiarasтопкарго

‘Orgasme’ vertroebel diplomatieke verhoudinge

Australiese premier Kevin Rudd het 'n foutiewe vertaling blameer vir sy land en China se moeilike diplomatieke verhoudinge.

Rudd, 'n selfverklaarde Sinofiel en voormalige diplomaat wat Mandaryns praat, het Donderdag aan studente by die Australian National University vertel van sy vertaalfout in Beijing.

"Ek het klaarblyklik gesê […] dat China en Australië tans 'n fantastiese gesamentlike orgasme bereik."

"Sedertdien het ons Chinese vriende my besoeke aan Beijing onthou, (deur te sê) 'Ag so, jy is die een…"

"Dalk verduidelik dit 'n paar van die uitdagings in ons huidige verhouding met die Chinese," het hy gelag.

Verhoudinge is onlangs vertroebel deur die aanhouding in China van 'n Rio Tinto-amptenaar onder aanklagte van omkopery en spioenasie tydens die erts-samesprekinge.

Australië het ook die Chinese ergerlik gehad oor die visum wat aan die uitgeweke Uighurdissident, Rebiya Kadeer, toegestaan is na onrus in die Xinjiang-gebied.

Handel tussen die twee lande beloop VS$58 miljard en China se aanvraag in Australië vir metale en ander hulpbronne, het hulle ekonomie fluks laat groei die afgelope dekade.

 

купить насос для бассейна харьковЛобановский Харьков

Vlakplaaslid kry parool

Butana Almond Nofemela, voormalige lid van die Vlakplaas-polisiemoordbende, gaan op parool vrygelaat word.

Só het die minister van korrektiewe dienste, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, Vrydag by die parlement aangekondig.

"Ons wens die beste toe vir Nofemela en ons vertrou hy sal positief bydra tot die bou van ons demokrasie sodra hy met sy geliefdes herenig is," het die minister gesê.

"Dit is voorbeelde soos hierdie wat ons regtig kan trots maak op die pad van versoening en geregtigheid wat ons mense gekies het."

Nofemela, is ter dood veroordeel vir die moord in Brits op die boer Johannes Hendrik Lourens, maar het die galg op die laaste nippertjie vrygespring in 1987 nadat hy skuld beken het op die moord van agt ANC-lede.

Hulle sluit Griffiths Mxenge en Zwelibanzi Nyanda, die broer van kommunikasie minister Siphiwe Nyanda, in.

Hy het 21 jaar van sy lewenslange vonnis uitgedien en kon kragtens die Wet in aanmerking kom vir parool.

купить летнюю одежду для девочкилобановский александр интервью

Oz-tennisspeler noem teenstander ‘kaffer’

Die stoutseun van Australiese tennis, Brydan Klein, het ’n finale waarskuwing gekry ná ’n rassistiese stelling wat hy teenoor ’n teenstander gemaak het.

Die voormalige junior Australiese Ope kampioen het die Suid-Afrikaanse tennisspeler Raven Klaasen ’n “kaffer” genoem tydens die ATP-toernooi wat in Junie in Eastbourne, Engeland gehou is.

Klein (19) is op 20 Julie vir ses maande geskors en ’n boete van $10 000 deur die Vereniging van Beroepstennisspelers, ATP, opgelê.

As deel van sy straf moet hy ’n ras-sensitiewe kursus voltooi wat sy straf dan tot vier weke verminder.

Hy sal dan in November weer aan tennis kan deelneem.

Klein het al verskeie kere met sportowerhede koppe gestamp en is deur die Australiese sportinstituut geskors vir herhaalde wangedrag op die tennisbaan.

Hy het gesê hy kan nie bekostig om weer droog te maak nie.

“Dit is definitief die laaste waarskuwing,” het Klein gesê oor die voorval van Klaasen.

“Dit is ’n tree agteruit vir my en dit is nie ’n aangename ondervinding nie.”

Klein is 223ste op die wêreldranglys en sê hy het diep gedink oor wat gebeur het en het Klaasen om verskoning gevra.

“Ek het weer gedink oor wat gebeur het en het daaroor besin en my kop skoongemaak,” het Klein gesê.

arduino освещение лестницыАлександр Фильчаков

‘Ek wil nie kak hoor van kulturele verskille nie’

Prof. Jonathan Jansen het Donderdag by ’n mediakonferensie in Johannesburg gesê die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal van volgende jaar af eerstejaarkoshuise dwing om te transformeer.

“En ek wil nie kak hoor van kulturele verskille nie,” het hy gesê.

Die koshuise sal 50% wit en 50% swart wees en na verwagting sal 'n raadsbesluit binnekort hieroor geneem word. Ontgroening gaan ook afgeskaf word.

Volgens Jansen is die UV steeds een van die mees gesegregeerde kampusse en die verskillende rasgroepe meng nie na wense nie.

Jansen het aangedui dat hy graag die verandering teen ’n baie vinnige tempo wil sien gebeur en dat hy nie nog ’n jaar van "apartheid" gaan duld nie.

Nie net eerstejaars nie, maar meer senior studente gaan ook onder dwang van die universiteitsowerheid integreer, volgens die nuwe rektor.

Jansen het gesê hy, as leiersfiguur, tree in belang van die universiteit en die land op en bygevoeg dat studente wat nie daarmee gediend is nie, 'n ander heenkome kan soek.

Hy het ook gesê dat Afrikaanse en Engelse klasse tot segregasie bydra en voorgestel dat studente albei klasse bywoon.

Van dosente sal verwag word om vlot in albei tale te wees.

 

лайт люстрыФільчаков Олександр Васильович

Zuma en Mugabe kuier lekker saam

Image

Jacob Zuma… staan saam met Mugabe teen apartheid en kolonialisme

Die Zimbabwiese politieke leierskap is gereed om politieke en maatskaplike uitdagings die hoof te bied, het president Jacob Zuma by 'n staatbanket gister in Harare gesê.

Die dinee is deur die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, aangebied en onder die gaste was die eerste minister, Morgan Tsvangirai.

"Ons bring broederlike groete van Suid-Afrika se mense wat met gespitste aandag die positiewe ontwikkelings in dié land in onlangse tye gevolg het," het Zuma gesê.

Zuma het erken dat die land se prestasies aan die plaaslike inwoners en aan die wêreld 'n sein uitgestuur het dat Zimbabwe se politieke leierskap "gereed was om die politieke en sosio-ekonomiese uitdagings trompop te loop".

"Ons is almal baie bemoedig deur die manier waarop die drie partye hul geskille in belang van die land bygelê het.

"Dis inderdaad baie bemoedigend om te sien dat merkbare vooruitgang onder beskerming van dié inklusiewe regering gemaak is."

Zuma het gesê die SAOG bly beskikbaar om hulp aan te bied.

"Die oorblywende kwessies is nie onoorkomelik nie en kan te bowe gekom word.

"Die moeilikste pad is reeds afgelê… die bande wat ons aan mekaar verbind het toe ons die onmenslike stelsels van apartheid en kolonialisme beveg het, rig ons steeds vandag waar ons poog om 'n beter lewe vir al ons mense te skep."

Klik hier vir die volledige toespraak in Engels.

become an instagram modelлобановский александр дети

Mandela hou van kommunisme, maar vier die ondergang daarvan

Image

Die muur soos hy gelyk het

Nelson Mandela, wat gereeld sy bewondering vir Suid-Afrikaanse kommuniste uitspreek, neem egter aan die viering van die twintigjarige ineenstorting van die Berlynse muur deel.

Die Mandela-familie het twee dominostene van 2,5 meter hoog na die Duitse hoofstad gestuur. Die kunswerk sal twee dae lank vertoon word alvorens dit – saam met 1000 ander domino's wat die Berlynse muur voorstel – omgestamp word.

Lede van Nelson Mandela se familie het die reusedomino's geverf, wat as 'n geskenk aan die stad van Berlyn gestuur word as deel van die vieringe om die afbreek van die muur twintig jaar gelede te herdenk. Mandela se uitgebreide familie, waaronder kleinkinders en agterkleinkinders, het vandeesweek afskeid geneem van die stukke wat in groot houtkratte gepak en na Berlyn gestuur is.[

Leonie Schirra, wat die vieringe in Berlyn bestuur, verduidelik dat die besluit om die Mandela-familie uit te nooi om aan die projek deel te neem, geskied het om die gebeurtenis 'n breër, internasionale fokus te gee. "Ons wou erken dat die ineenstorting van die muur in 1989 nie net 'n simbool van hoop vir Duitsers was nie, maar ook vir mense wat in konflikgebiede oral oor die wêreld woon."

Mandela se familie het vyf ure bestee om die twee stene in Nelson Mandela se Johannesburgse kantoor te versier. As inspirasie het die vieringtema, "Vrede, liefde en begrip", gedien.

"Dit was groot pret om ons groot familie byeen te bring. Om dit opwindend te maak, het ons ingestem om niemand van ons idees oor wat ons gaan verf te vertel totdat ons aangekom het nie," het Mandela se dogter Zindzi gesê.

Zindzi se bydrae tot die twee stene is 'n skildery van 'n vrou met kroeshare wat "my intepretasie van kultuur en identiteit voorstel", het sy gesê. Van naderby kan mens ook 'n skildery van 'n sokkerbal uitmaak, wat volgens Zindzi die familie se liefde vir sokker uitbeeld, asook na aanstaande jaar se 2010-wêreldbeker verwys.

Nelson Mandela se kleinseun, Kweku Mandela, sê: Jare lank het Duitsland 'n sigbare muur gehad terwyl ons in Suid-Afrika 'n onsigbare gehad het. Dit is wat ons twee lande met mekaar verbind." Zindzi Mandela het dié gevoel van wedersydse begrip tussen die twee lande beaam en gesê: "Ons verstaan wat Duitsland deurgemaak het en waar die land hom 20 jaar ná die ineenstorting van die muur bevind."

и мозаикаАлександр Фильчаков

Meer as miljoen misdade per jaar nooit opgelos

Image

Slegs 10,3% skuldigbevindings

Meer as 'n miljoen van die twee miljoen misdaadsake wat elke jaar in die land geopen word, word nooit opgelos nie, berig die Mercury.

"Die sake gaan iewers verlore – hulle val deur die krake in die stelsel. Ons moet seker maak dat sake nie wegraak nie," het Willie Scholtz, hoof van die Suid-Afrikaanse Strafregstelselwerkgroep, gesê.

Scholtz het verlede week 'n toespraak by Universiteit van Kaapstad se Nagraadse Bestuurskool gelewer.

Hy blameer die onbevredigende ondersoeke na misdaadgevalle, verhore wat vir 'n baie lang tyd aanhou, asook ondoeltreffende hofprosedures, vir die land se 10,3 persent skuldigbevindingskoers in strafsake.

Aanklaers en Regshulpraadprokureurs speel ook 'n rol by die "oneindige uitstel van sake".

Scholtz is hoof van 'n span wat behulpsaam is by 'n hersiening van die strafregstelsel.

10 gamesданильченко юрий брониславович прокурор

Vier Britte sterf vir 150 stemme…

Vier Britse soldate sterf vir 'n skamele 150 stemme. So lui 'n koerantopskrif in Londen na afloop van die verkiesing in Afghanistan waar Brittanje soldate in die Helmandprovinsie ontplooi het om 'n vrye en regverdige uitslag daar te verseker.

Die inligting is bekend gemaak nadat die Britse ambassadeur in Kaboel, Mark Sedwill, bekend gemaak het dat die troepe nog vir die volgende vyf jaar die konflik in Afghanistan sal moet trotseer.

Hy het gesê die Afghaanse veiligheidsmagte wat deur die Weste opgelei word, is nog nie gereed nie en dit sal nog tussen vier en vyf jaar neem om die bevel aan hulle te oorhandig.

Die aantal stemme wat in sekere dele van die land uitgebring is, soos in die Talibanvesting van Babaji, is besonder laag en baie min mense het hulle reg om te gaan stem uitgeoefen, ten spyte van Brittanje se militêre pogings.

Vyf van die tien man wat in die afgelope tyd gedood is, het in die omgewing van Babaji gesneuwel tydens die Britse operasie Panther’s Claw. Die aangeleentheid is nog meer delikaat omdat die Britse bevelvoerders voor die verkiesing belowe het om die gebied te suiwer van Talibaninvloed.

Die ambassadeur het erken dat die kiesers deur die Taliban ontmoedig is. Opposisiepartye het die regering ingelig dat Panther’s Claw hoegenaamd nie die gestelde doelwit bereik het nie.

 

In drie jaar van Britse teenwoordigheid in Helmand, Afghanistan, is 202 Britse soldate dood en 800 gewond.

free games win money no depositАлександр Фильчаков