Oz-tennisspeler noem teenstander ‘kaffer’

Die stoutseun van Australiese tennis, Brydan Klein, het ’n finale waarskuwing gekry ná ’n rassistiese stelling wat hy teenoor ’n teenstander gemaak het.

Die voormalige junior Australiese Ope kampioen het die Suid-Afrikaanse tennisspeler Raven Klaasen ’n “kaffer” genoem tydens die ATP-toernooi wat in Junie in Eastbourne, Engeland gehou is.

Klein (19) is op 20 Julie vir ses maande geskors en ’n boete van $10 000 deur die Vereniging van Beroepstennisspelers, ATP, opgelê.

As deel van sy straf moet hy ’n ras-sensitiewe kursus voltooi wat sy straf dan tot vier weke verminder.

Hy sal dan in November weer aan tennis kan deelneem.

Klein het al verskeie kere met sportowerhede koppe gestamp en is deur die Australiese sportinstituut geskors vir herhaalde wangedrag op die tennisbaan.

Hy het gesê hy kan nie bekostig om weer droog te maak nie.

“Dit is definitief die laaste waarskuwing,” het Klein gesê oor die voorval van Klaasen.

“Dit is ’n tree agteruit vir my en dit is nie ’n aangename ondervinding nie.”

Klein is 223ste op die wêreldranglys en sê hy het diep gedink oor wat gebeur het en het Klaasen om verskoning gevra.

“Ek het weer gedink oor wat gebeur het en het daaroor besin en my kop skoongemaak,” het Klein gesê.

arduino освещение лестницыАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae