Vlakplaaslid kry parool

Butana Almond Nofemela, voormalige lid van die Vlakplaas-polisiemoordbende, gaan op parool vrygelaat word.

Só het die minister van korrektiewe dienste, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, Vrydag by die parlement aangekondig.

"Ons wens die beste toe vir Nofemela en ons vertrou hy sal positief bydra tot die bou van ons demokrasie sodra hy met sy geliefdes herenig is," het die minister gesê.

"Dit is voorbeelde soos hierdie wat ons regtig kan trots maak op die pad van versoening en geregtigheid wat ons mense gekies het."

Nofemela, is ter dood veroordeel vir die moord in Brits op die boer Johannes Hendrik Lourens, maar het die galg op die laaste nippertjie vrygespring in 1987 nadat hy skuld beken het op die moord van agt ANC-lede.

Hulle sluit Griffiths Mxenge en Zwelibanzi Nyanda, die broer van kommunikasie minister Siphiwe Nyanda, in.

Hy het 21 jaar van sy lewenslange vonnis uitgedien en kon kragtens die Wet in aanmerking kom vir parool.

купить летнюю одежду для девочкилобановский александр интервью

Maak 'n opvolg-bydrae