Australiese premier Kevin Rudd het 'n foutiewe vertaling blameer vir sy land en China se moeilike diplomatieke verhoudinge.
Rudd, 'n selfverklaarde Sinofiel en voormalige diplomaat wat Mandaryns praat, het Donderdag aan studente by die Australian National University vertel van sy vertaalfout in Beijing.
"Ek het klaarblyklik gesê […] dat China en Australië tans 'n fantastiese gesamentlike orgasme bereik."
"Sedertdien het ons Chinese vriende my besoeke aan Beijing onthou, (deur te sê) 'Ag so, jy is die een…"
"Dalk verduidelik dit 'n paar van die uitdagings in ons huidige verhouding met die Chinese," het hy gelag.
Verhoudinge is onlangs vertroebel deur die aanhouding in China van 'n Rio Tinto-amptenaar onder aanklagte van omkopery en spioenasie tydens die erts-samesprekinge.
Australië het ook die Chinese ergerlik gehad oor die visum wat aan die uitgeweke Uighurdissident, Rebiya Kadeer, toegestaan is na onrus in die Xinjiang-gebied.
Handel tussen die twee lande beloop VS$58 miljard en China se aanvraag in Australië vir metale en ander hulpbronne, het hulle ekonomie fluks laat groei die afgelope dekade.
