In 'n ope brief aan die plaaslike hoof van die VN se reddingsagentskap noem Hamas die brandoffer "'n leuen wat deur die Zioniste uitgedink is".
Intussen het die Israelse minister van opvoeding, Gideon Saar, in Israel aangekondig dat die woord "nakba" uit die handboeke gaan verdwyn.
Die woord is Arabies vir "katastrofe" en word deur Arabiere gebruik om die skepping van die staat Israel te beskryf.
Hy het Sondag aan die kabinet gesê alhoewel Arabiere in Israel 1948 as 'n tragedie beskou, die woord "nakba" in die konteks van 'n handboek dieselfde waarde het as die woord "brandoffer" en daarom moet verdwyn.
'n Segsman vir die Komitee vir Arabiese opvoeding in Israel het aan die Jerusalem Post gesê Saar se besluit is 'n "politieke foefie" wat Arabiessprekende Israeli's van hulle identiteit wil vervreem.
