Plattelandse kos buitensporig

Die jongste voedselprysmonitor van die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) dui aan dat voedsel op die platteland duurder raak as in die stede.

In Julie 2008 het dit plattelanders R8.03 meer gekos per mandjie bepaalde items en binne 'n jaar het die verskil gestyg tot R16.72.

Die enigste items wat in 2009 op die platteland goedkoper was as in stedelike gebiede, was witbrood, bruinbrood en tee.

Dertig persent van die armste huishoudings het in Julie 2008 sowat 29% van hul maandelikse inkomste aan’n bepaalde mandjie kos afgestaan. Hoër voedselpryse het veroorsaak dat dié huishoudings nou 33% van hul maandelikse inkomste betaal vir kos.

Die mandjie het die gemiddelde huishouding in die kategorie vir die rykste 30% in Julie 2008 sowat 2,3% van hul inkomste gekos, en in 2009 2,6%.

Die LNBR meen Suid-Afrika se voedselinflasiesyfers lyk beter as in die res van Afrika, maar power teenoor ontwikkelde lande.

Botswana se voedselinflasie was in Junie 15,3% en dié van Tanzanië in Julie 16,9%. In Turkye was voedselinflasie in Julie bykans dieselfde as in Suid-Afrika, naamlik 8,5%.

Brasilië se voedselinflasie was egter slegs 2,2%, die VSA 1,1% en Brittanje 4,1%.

 

Die pryse van voedselkommoditeite daal wêreldwyd volgens die NLBR.

 

In Suid-Afrika, het die prys van koring van Julie 2008 tot Julie 2009 met 37,29% gedaal, die mielieprys met 31,83% en prys van sonneblomsaad met 45,92%. Die inflasiekoers van die produkte van dié kommoditeite neig ook af in die winkels.

play casino online no depositлобановский александр жена