Is ‘n sentrale Afrikanerraad haalbaar?

Dit is vir my teleurstellend om op Praag te lees hoe sekere Afrikaners mede-Afrikaners gedurig hatig afkraak, omrede sodanige Afrikaners nie volgens die betrokke skrywer na wense optree nie, of nie dieselfde siening as die betrokke skrywer huldig nie; asof die Afrikaner nie alreeds genoegsame vyande het wat probeer om die Afrikaner verder van mekaar te vervreem nie.  Kurt Darren word veroordeel omrede hy in Nelson Mandele se London verjaarsdagopvoering opgetree het, prof. Fourie omdat hy hom in Australië bevind het (en wat van die ander honderde duisende Afrikaners in die buiteland), ens.

Hoe vinniger besef word dat die blanke Afrikaner nie meer ‘n homogene volk is nie, maar ‘n volk met wyd uiteenlopende sieninge en waardes (in baie gevalle onversoenbaar), hoe vinniger is daar heil vir die blanke se voortbestaan as “Afrikaner”.  (Dit is nie te bevraagteken of die blankes nog oor 100 jaar in Suid Afrika teenwoordig gaan wees nie, maar of hy nog as “Afrikaner” daar sal wees?)  Die minderheid Afrikaners wat wil glo dat die Afrikaner alleenlik in Suid-Afrika aangetref word, Calvinisties in godsdiens is, met blonde hare en blou oë, 'n ligte vel het, polities almal konserwatief is, rassisties is, sokkie- of boeremusiek luister, en dat alles buite hierdie kosep nie as Afrikaner beskou kan word nie, sal hoogs ontnugter word.

Onder stoere blanke Afrikaners vind jy Katolieke, Charismatiese Christene, Sektariese Christene, selfs ‘n paar Moslems, vele ateïste, die meerderheid gays in die land, blasvellige mense met donker oé en hare, kommuniste,  aanhangers van die ANC, Cosatu, IVP (soos Koos vd Merwe), ens.  Hulle almal beskou hulself ongetwyfeld as Afrikaners.  Wie het die gesag of selfs die reg om hulle as enigiets anders te bepaal?  Ek persoonlik is van die ou skool Afrikaner (65 jaar oud), die grootste gedeelte van my lewe ‘n Nationalis (sedert 1994 geen politieke aanhang nie, ook sederdien nooit weer gestem nie), is konserwetief in my denke, maar het geleer om verdraagsaam teenoor my andersdenkende en andersoptredende mede-Afrikaner te staan. Ek is lief vir al my mede Afrikaners, ofskoon ek hewig van hulle mag verskil.  Al ons Afrikaners stam af van ‘n handjievol van omtrent 300 intrekkers in die Kaap.  Ons het elkeen familie van mekaar in daardie 300.  Sal jy ‘n familielid verwerp omrede hy van jou verskil? (Dis jammer dat die aanspreek van “neef” en “niggie” en “oom" en "tannie” in ons moderne Afrikaans verval het, tere woorde wat in die nog onlangse verlede elke Afrikaner daaraan herinner het dat hy deel van ‘n uitgebreide familie is.)

Dan ook die aanhoudende en onverbiddelike haat teenoor ons Engelse medeburgers in hierdie land deur sommige Afrikaners weens die misdade wat die Engelse die Afrikaners gedurende die Boere-oorloë aangedoen het!  Die Japannese het Pearl Harbour aangeval en die Amerikaners het op hulle beurt die Japannese met kernbomme plat gebombardeer (twee groot stede met miljoene inwoners geheel en al uitgewis) gedurende die laaste wêreldoorlog.  Vandag is die Amerikaners en Japannese gerespekteerde bondgenote van mekaar.  Die Duitsers het Londen gebombardeer en die Engelse op hulle beurt Dresden met bomme lelik vernietig.  Vandag is die Duitsers en die Engelse bondgenote saam om die Euromark en die Europese unie te verstewig.  In genoemde gevalle, was die menslike  verliese en materiéle skade duisende kere erger as die menseverliese (bv in konsentrasiekampe) en materiéle skade (brandende plaashuisies) gedurende die Boere-oorloé.  As die Amerikaners, Japannese, Duitsers en Engelse dit kon regkry om mekaar te vergewe, en vandag saam te staan teenoor gemeenskaplike gevare en vir gemeenskaplike belange, hoekom dan ook nie die Afrikaner nie?

My uitgangspunt is dat die Afrikaner nooit sy eie afsonderlike grondgebied as sowereine staat sal belewe nie, en dat die Afrikaner derhalwe vir homself erkende en wettige strukture in werking binne die raamwerk van die huidige politieke bestel vir sy voortbestaan moet inrig.  Ongelukkig bestaan dit nie, maar ek glo in die daarstelling van ‘n sentrale staatserkende wetlike Afrikanerraad (soos die swartes huidig ‘n “Council of Traditional Chiefs” het, en waarin moontlik in die toekoms ‘n verteenwoordiger van die Afrikanerraad die Afrikanerstam/nasie sal verteenwoordig). Die Afrikanerraad behoort ALLE Afrikanerdenke te verteenwoordig, ongeag hoe hulle van mekaar mag verskil, om Afrikanerbelange, en die belange van Afrikaners onderling te bevorder.  Regsgesinde, Linksgesinde, Kommunistiese, Konserwetiewe en ander politieke Afrikaners saam in een Raad, met die Afrikanerleek daarby betrokke.  (Bv. die ANC-Afrikaner in die Raad, het ‘n beter kans om Afrikanerbelange aan die ANC te verkoop, as enige ander politieke groepering buite die ANC dit sal kan regkry; die IVP-Afrikaner om Afrikanerbelange in Natal te bevorder, ens.).  Sodanige Raad moet nie voorskriftelik en beperkend wees, soos tans die geval is met die konstitusie van die Afrikanerbond (die voormalige Broederbond), veral op godsdienstige gebied nie.  Die huidige uiters swak bestaande buite-parlementêre Afrikanerstrukture bestaan uit selfaangestelde raadslede vir eie gewin en selfbelang, met min of geen bydrae tot die breé Afrikanervoordeel en -belang nie, en is meerendeels onbekend onder Afrikaners self,  Net soos die swart “konings” en “opperhoofdes” van Suid Afrika befondsing van die staat ontvang, behoort so ‘n staatserkende Afrikanerraad en hul raadslede ook befondsing van die staat te ontvang. (Kyk net wat ontvang die Zoeloekoning en sy raad van die belastingbetaler elke jaar net om ‘n simboliese figuur vir die Zoeloes te wees, ‘n man sonder enige mag, behalwe seremonieel, selfs onder die Zoeloes, vergeleke met dié van die koning van die Swazi's!).  Ten minste het die Zoeloes kulturele staatserkende en staatsbesoldigde verteenwoordiging binne die raamwerk van die huidige politieke bestel,  die Afrikaner tans nie.  Die grootste private Afrikaner kultuurorganisasie (‘n besigheid) is die ATKV, nie soortgelyk as waarna ek hierbo verwys nie.  Wie se skuld is dit?  Dit is nie die ANC of die regering se skuld nie, maar die Afrikaner se self, want die konstitusie maak voorsiening vir die reg van Afrikaners om sodanige sentrale raad vir homself te skep.  Huidig staan die meerderheid Afrikaners ongelukig apaties teenoor enige vorm van struktuur wat vir homself polities mag voorkom, gesien hoe hy gestraf was ná die apartheidsjare vir sy vorige politieke mag.  Dis dié dat die meerderheid Afrikaners nie bereid is om vir die enigste Afrikanerpolitieke party in die parlement te stem nie.

Die voordeel van sodanige Raad is, omrede hy nie grondgebiedgebonde is nie, kan hy Afrikanerbelange in Namibië en die diaspora (buiteland) ook bevorder. Takke van sodanige Raad kan buite Suid-Afrika oopgemaak word, soortgelyk aan die Joodse (Sionistiese) internasionale “Jewish Board of Deputies” (Joodse Raad van Afgevaardigdes).  Myns insiens sal die Vryheidsfront die beste medium wees om sodanige Raad te loods, aangesien dit die enigste organisasie is wat bewysbare Afrikanersteun geniet (al is dit minimaal, maar met darem meer ondersteuning as enige ander Afrikanerorganisasie, veral onder die Afrikanerjeug), en mettertyd hom van die parlement te onttrek sodat die Afrikanerraad nie in konfrontasie met ander parlementêre politieke partye verkeer nie, maar met sodanige partye saam te werk waar dit in Afrikanerbelang is om dit te doen.  Daar behoort ook nie ‘n botsing van belange te wees tussen Afrikaners wat die “Orania”-konsep huldig en dié wie dit nie wil huldig nie (soos myself), aangesien die Afrikanerraad Afrikanergrondgebied terselfdertyd kan bevorder en fundeer vir sodanige Afrikaners wat dit so wil hê.  Soos vroeër gesê, die Afrikanerraad moet die hele spectrum van Afrikanerdenke insluit en bevorder tot Afrikanerbelang.

slots noЛобановский

Gustav Venter skryf uitstekend

Ek kry sommer tot in my tone toe lekker as ek Afrikaans lees soos wat Gustav Venter dit in sy repliek aan Jan-Hendrik Coetzer skryf.

Veral as dit nog gemik is op so 'n liberalistiese pateet soos dié Coetzer-vent.  Dit is deurdag, intelligent en maak duidelik die nodige stelling.  Dis net jammer dat iemand soos Coetzer nie die intellek het om dit dalk heeltemal te verstaan nie. Nietemin, mag ons nog baie van sulke kwaliteitrubrieke uit Venter se pen kry.

светодиодный линейный светильникданильченко юрій броніславович

Roodt verkeerd oor Frederick Fourie

Ek wou gister al kommentaar lewer op bogenoemde rubriek, maar het eers daaroor gedink en besluit om nie óók so laag te daal nie.

Jy moet dit probeer – dan sal iemand soos ek jou dalk ernstig opneem – ongeag jou siening of standpunt. En as dit jou styl is, dink ek ernstig PRAAG is in die pekel.

So dit gaan dwaas wees van my om jou persoonlik aan te val soos jy met Prof. Frederick Fourie gedoen het  – vir die eenvoudige rede – ek ken jou nie. Wat my bring by die vraag, “ken jý die persoon wie jy so slegsê in jou rubriek?”

Dis een ding om iemand se bestuurstyl of besluite wat hy/sy neem te kritiseer, maar hoe kan jy iemand ‘n lafaard, verraaier en veral kruiperige suurstofdief noem wat jy van g’n kant af ken nie?

En wat my méér verbaas, is dat jy hierdie ongelooflike twak wat jy skryf met trots op jou webwerf publiseer.

Jy sê Fourie gaan hom waarskynlik in Australië vestig. Waar kom jy daaraan en hoe kan jy so ‘n stelling maak? Ek dink jy moet regtig eers jou feite agtermekaar kry voordat jy sulke ongeloofwaardige snert skryf.

Oor die res van jou rubriek wou ek kommentaar lewer, maar het besef dis regtig nie eers die moeite werd nie. Ek dink miskien moet jy dit weer gaan lees – en dan wees jy in ‘n minuut se stilte net bietjie eerlik met jouself.

Ek gaan jou nie probeer oortuig dat Fourie se uittrede ‘n groot verlies is vir die kampus nie, dat hy sy werk met liefde en passie gedoen het, dat hy ‘n uitstekende rektor was en saam met my moet hartseer wees omdat hy sy uittrede aangekondig het nie. Maar was die manier waarop jy jou rubriek geskryf het nou regtig nodig? En was dit jou beste?

Jou rubriek is slegs ‘n persoonlik aanval, uiters onnodig en regtig in swak smaak.

Ek weet van ‘n paar intellektuele tipes – en ek sukkel vandag om joune te plaas. Ek wonder hoekom?

магазины детских товаровалександр лобановский класс

ZB du Toit ? dood van ‘n vriend

Vanoggend vroeg is ZB du Toit, assistent-redakteur van Rapport, in 'n Pretoriase hospitaal oorlede. Hy het 'n harde geveg teen kanker aangeknoop, 'n rare buikkanker waarvoor chemoterapie nie gebruik kon word nie. Hy het verlede week vir my reguit gesê hy wil nou huis toe gaan. Hy het gesterf soos hy geleef het: 'n vegter, 'n realis, 'n briljante denker wat nog tot op die laaste oor die VSA-verkiesing wou praat, 'n méns, 'n kameraad.
Saam met Chris Karsten, Bokkie Gerber, Herman Jansen, Piet Muller en Annemarie Mischke het ZB die kern van my bestuurspan by Rapport gevorm. Mischke het hom die eerste maal genooi om vir Rapport te skryf toe hy nog redakteur van Die Patriot was. Hy het aandag getrek met sy fyn redenasies. Toe die KP en Patriot hom sonder waarskuwing in die pad gesteek het, het hy by Rapport aangeklop. Hy is aangestel en het onmiddellik deel van die span geword, soveel so dat toe ek hom die hoofskap van die Pretoria-kantoor aangebied het, hy dit geweier het "om liewer te bly waar die aksie is." Dieselfde toe ek hom Politieke Beriggewer wou maak. Hy was uiters lojaal, 'n harde werker, 'n knap joernalis, vakman van die woord met 'n gawe vir vriendskap en jovialiteit. Ek het hom na die moord op Chris Hani Pole toe gestuur met die opdrag: "Gaan soek die Walus-familie en skryf 'n berig. En as jy dit nie kry nie, gaan dan sommer reguit Kazakstan toe en moenie terugkom nie!" Hy het gelag en die Walus-familie opgespoor.

Hy kon verbete argumenteer. Ten onregte is hy as "regs" getjap, veral deur ander politieke beriggewers. Ek en hy het nog steeds 'n weddenskap aan vir R1000. Hy het gesê Obama gaan in die VSA wen. Daarby was hy teen die oorlog in Irak en vir die Palestyne. Hy was 'n ondersteuner van Gordon Brown as "eerlike man". Dit was soos ZB self was: 'n werklik eerlike man, in sy lewe en oortuigings. En hy het altyd hoop gehad vir hierdie land.

ZB sou die ideale buitelandse korrespondent gewees het. Hy het oral, letterlik oral, vriende gehad: in die VSA, in die VK, in Duitsland, selfs tot in die kabinet van Mugabe én ook die MDC. Hy kon net die foon optel en praat. Dan het hy die storie gehad, al het hy nie altyd saamgestem nie. En hier in elke politieke party.

Hy was 'n Afrikaner deur en deur. Baiemaal, soos ons almal, ook verkeerd in sy standpunt, maar eerlik genoeg om te erken dat hy verkeerd was. Hy het my onlangs die kompliment gemaak dat sy beste jare in die pers saam met my was. Hy het die respek gehad van Tim du Plessis. Maar in die tyd toe ek daar weg is en voor Tim gekom het, het hy uitgestoot gevoel. Toe het hy in die aandelemark begin belangstel en kon ewe goed sakeredakteur geword het. Dankie, Tim, dat jy hom waardeer het.

Ek self verloor 'n groot vriend. Ons het gereeld gepraat oor die foon en gekuier. Onlangs nog het ons saam oor ons kaal koppe gelag toe ons saam in Pretoria geëet het.

Ek sal jou mis, my kameraad.

Ich hatt einen Kameraden,
Einen bessern findst du nicht …

"Kann dir die Hand nicht geben,
Bleibst du im ew'gen Leben
Mein guter Kamerad!"

люстры италия брендылобановский александр дети

Die gevaar van belastingbetalersunies

Die weerhouding van belastings deur belastingbetalersunies is ‘n vorm van verset wat die laaste paar jaar toenemende momentum geniet.

Die voorstaanders daarvan propageer dit as ‘n wyse om die dienste waarvoor daar betaal word te bekom, maar meer nog, hulle glo dat dit ‘n metode is waarvolgens minderheidsregte afgedwing kan word om uiteindelik ‘n orde daar te stel waarin minderhede se belange beskerm kan word.

Daar is egter bepaalde probleme met hierdie metode.  Eerstens het prof. Marinus Wiechers, as kundige van ons Grondwet, aangevoer dat die optrede ongrondwetlik is, wat beteken dat die belastingbetalersunies sleg tweede sal kom in ‘n hofgeding.

My beswaar teen hierdie vorm van verset is meer ten opsigte van die praktiese waarde en volhoubaarheid daarvan en ek wil dit graag in die res van hierdie skrywe toelig.

Die gelde wat in die voormalige blanke woonbuurte ingesamel word in die vorm van belastings, word tans gebruik om aan 'n baie wyer gemeenskap dienste te lewer as slegs die “voormalige blanke woonbuurt”.

Indien die blankes dus in hul eie woonbuurte organiseer en hul belastings weerhou, is dit waarskynlik dat hulle daarin sal slaag om hul eie woonbuurte mooi skoon en veilig te maak, (vir 'n kort rukkie in elk geval).

Die probleem is dat aan die anderkant van die straat, is daar 'n “voorheen benadeelde woonbuurt” wat tien keer groter is.  Sonder die geld van die voormalige blanke woonbuurt gaan dit waarskynlik nie te waffers in daardie voorheen benadeelde woonbuurt gaan m.b.t dienste en veiligiheid nie. In daardie voorheen benadeelde woonbuurt gaan daar mense wees wat oor die straat kyk met haat en begeerte in hulle oë…

Bogenoemde in ag genome, blyk dit vir my dat die mobilisering van voormalige blanke woonbuurte eerder die vonk in die kruitvat sal wees, as wat dit op 'n vry, regverdige en veilige demokratiese Suid-Afrika sal uitloop.

Die vraag dus is of Afrikaners se huidige gebiede op woonbuurtvlak oor die nodige skaal gaan beskik om hulself te verweer?  Ek glo stellig nie, want hulle is afhanklik van die swart gemeenskap vir sekuriteitswagte en straatveërs.

Die ou gesegde lui dat jy nie moet dink dat jy nie saam met die bos gaan brand as jy met beide voete daarin staan nie.

Die selfbeskikking van gemeenskappe op woonbuurtvlak is belangrik, maar 'n minderheidsgroep gaan nie ver kom as hy nie oor 'n grondgebied met skaal beskik waarin hy die meerderheid is nie.  Anders as 'n woonbuurt, kan so 'n grondgebied uit eie geledere 'n voltydse weerbaarheidsmag oplei, toerus en in stand hou.

Die Romeine het ook gevind dat huursoldate (of is dit nou wolwe in skaapklere?) nie te goed werk om die wolf van die deur af weg te hou nie.

game casino slotsлобановский харьков класс

Dankie vir GRA-artikel

Ek wil graag vir Laurie Rautenbach dankie sê, maar ook gelukwens, met sy artikel oor GRA-dag in vandag se PRAAG-koerant.  Dit is werklik uitstekend!

Een klein aanmerking, of opmerking: die skrywer Jan FE se van word met 'n "e" geskryf, en nie met 'n "i" nie.  Dus: CELLIERS en nie Cilliers nie.

 

Toe ek op skool was (daar doer in die vyftigs) is ons geleer dat die meeste Cilliers'e se van met 'n "i" geskryf word, maar dat in die geval van Jan FE dit 'n "e" moet wees.

 

In die Vrystaatse dorp Welkom, is daar 'n woonbuurt met die naam Jan Cillierspark.  Toe ek eendag die stadsraad daarop wys dat dit verkeerd is, is daar aan my gesê dat dit destyds so "geregistreer" is, en dat dit nie verander kan en mag word nie.  Nou wonder ek waarom Umtata dan onlangs na Mtata verander is, en Kafferrivier na Tierpoort verander is.
 
Dit net terloops.
 
Naskrif van die redakteur: Jammer, Peter, oor die Cilliers. Dit het deurgeglip, maar ons maak dit sommer nou reg.

текстиль детский трикотажФильчаков прокурор харькова

ANC het baie om te leer van Nederland

05:41:32 Die ANC het destyds (1994) die ou regering gekritiseer omdat die blankes kwansuis nie genoeg huise vir die dakloses kon bou nie.  Na 14 jaar kon die ANC ook maar nie daarin slaag om vir almal huise te gee nie.

Gisteraand hoor ek toe op BVN-TV dat daar die afgelope 12 maande een miljoen huise in Nederland gebou is.  Die ANC kan gerus by die Nederlanders gaan kers opsteek.
 
Die paar keer wat ek al in Nederland was, was dit juis opvallend dat daar geen stad of dorp is waar daar nie voortdurend gebou word nie.  Die hoë geel maste van die boubedryf se hyskrane het al 'n algemene gesig in Nederland geword.
 
Ook in die buurland (Duitsland) word dag en nag gebou. In Frankfurt staan daar 11 hoë geboue wat meer as 100 meters hoog is.  Dit is alles in die afgelope 35 jaar gebou, want toe ek in 1973 laas in Frankfurt was, was geeneen van dié grotes daar nie.
 
Wat ook verstommend van die ANC is, is dat daar steeds bruinmense (die oerinwoners) in die Kaap is wat nie huise het nie, maar daar is wel vir duisende Xhosas – wat eintlik onwettige immigrante in die Kaap is – huise gebou.
 

Die ANC het nog baie om te leer.для баниданильченко юрій Харків

Die blywende aard van die volkstaat

Die dae van die vorming en oprigting van Volkstate is waarskynlik nie getel nie. 'n Amerikaanse deskundige, Jerry Z. Muller, het in 'n artikel in Foreign Affairs aangetoon hoe modernisering grootliks die oorsaak van etniese selfbewussyn en separatisme is. 

Muller, 'n professor in geskiedenis aan die Katolieke Universiteit van Amerika, skryf in die Maart/April uitgawe van Foreign Affairs  (my vertaling): “Etniese nasionalisme het ‘n groter en meer blywende rol in die moderne geskiedenis gespeel as wat algemeen verstaan word, en die prosesse wat gelei het tot die dominansie van die etnies-nasionale staat asook die skeiding van etniese groepe in Europa gaan waarskynlik elders herhaal word.  Verhoogde verstedeliking, geletterdheid en politieke mobilisasie; verskille in bevolkingsaanwasse,  die ekonomiese prestasie van verskillende etniese groepe en immigrasie sal die interne strukture en grense van state uitdaag.  Of dit nou polities korrek is of nie; etniese nasionalisme sal voortgaan om die wêreld van die een-en-twintigste-eeu te vorm.”

Mense ag die nasiestaat vandag as die vanselfsprekende vorm van politieke assosiasie terwyl die gedagte van ‘n ryk uiters skaars is.  Die geskiedenis toon egter dat mense vir langer in Ryke as in Nasiestate gewoon het.

Gedurende die dae van die Hapsburg- en Romanofryk was die handel- of middelklasse grootliks Duitsers of Jode.  In die Ottomaanse ryk was hulle Armeniërs, Grieke of Jode, terwyl die werkersklasse etnies uiteenlopend was. 

Die militêre kompetisie tussen die ryke het hulle genoop om te moderniseer ten einde hulle ekonomieë in staat te stel om die nodige weermagte te produseer en te onderhou.  Hierdie modernisering van die ekonomieë het massageletterdheid en maklike kommunikasie genoodsaak.  Die grootliks landbou-gerigte etniese groepe soos die Tsjegge, Pole, Slowakiërs en Oekraïners het verstedelik, net om agter te kom dat dit onmoontlik is om ekonomies te vorder in werksplekke wat nie jou taal en kultuur deel nie.  Sprekers van dieselfde tale het begin om hul lotgevalle as gedeel te ervaar en om hul gemeenskappe teenoor ander te definieer.  Uiteindelik het hulle ook begin om state van hul eie op te eis.

Michael P. Todaro en Stephen C. Smith skryf in Economic Development dat (my vertaling): “Etnisiteit en geloof gereeld ‘n wesenlike rol in die sukses of mislukking van ontwikkelingspogings speel.  Dit is duidelik dat hoe groter die etniese- en geloofsdiversiteit van ‘n land, hoe groter is die kans dat daar interne twis en politieke onstabiliteit sal wees.  Dit is daarom nie verrassend nie dat die mees suksesvolle onlangse ontwikkelingservarings – Suid-Korea, Taiwan, Singapoer en Hong Kong – in homogene kulturele samelewings voorgekom het.

Vandag is daar ‘n gewilde illusie dat ons in ‘n wêreld van individuele regte, oop grense en internasionale reg leef.  Tog ervaar die duisende Afrikane en Asiërs wat jaarliks sterf in hul pogings om Europa binne te kom dat sy grense in werklikheid nie so oop is nie. ‘n Opname sal toon dat daar in 1900 vele state in Europa was wat nie oor ‘n enkele dominante etniese bevolking beskik het nie, terwyl daar in 2008 slegs twee sulke state oor is, waarvan een (België) geleidelik besig is om in twee te verdeel.  Die separatistiese projek het in Europa geseëvier; nie verdwyn nie.

Suid-Afrika as politieke entiteit is veel meer tekenend van dié van ‘n ryk as van ‘n nasiestaat.  Die grondgebied is so groot soos dié van Wes-Europa, terwyl elf tale amptelik erken word.

Die apartheidsregering wou nie die nodige finansiële opofferings maak om etniese nasiestate op ‘n geordende wyse te laat ontstaan nie.  Die ANC-regering daarteenoor, skroom nie om die instrumente van modernisering mildelik op die landelike bevolkings te laat neerreën nie.  Die plakkerskampe wat soos paddastoele opspring, toon duidelik aan dat die proses van verstedeliking onstuitbare momentum geniet. 

Die Amerikaanse militêre skrywer, James F. Dunnigan, beskryf Suid-Afrika as ‘n moontlike toekomstige konflikgebied.  Hy skryf dat multikulturalisme die vloek van Afrika is terwyl Suid-Afrika nie anders is nie; dat demokrasie ‘n hoog aangeskrewe doel is, maar dat dit ‘n glibberige dier is wat in gewapende wanorde opeindig indien dit nie bymekaar gehou kan word nie.

Geweldpleging vorm ‘n omgewing waarin daar meer verloorders as wenners is.  Die gedagte daaraan laat my naar word.  Dit hoef egter nie die enigste uitweg te wees nie.  Om Carel Boshoff (IV) aan te haal: “Sedert 1900 het die geografiese gebied wat ons as Suid-Afrika ken oor ses drasties verskillende grondwette beskik.  Die nuutste sal in alle waarskynlikheid nie die laaste een wees nie.”

As Oraniër is dit vir my verblydend om te sien hoe die groei van die dorp, ekonomies sowel as demografies, vir Afrikaners aandui dat daar ook vir ons hier in Suidelike Afrika ‘n ruimte is waarin ons onsself sal kan uitleef.

интернет магазин детских товаровлобановский александр

Vaarwel aan die Afrikanervolkstaat

Ek lees op Praag dat daar diegene is wat knaend die Volkstaatkonsep wil propageer. Ek glo hulle is opregte en goeie, broederlike Afrikaners. Hulle glo dit is die enigste Afrikanerredding, maar tog betwyfel ek of hulle self vanuit ‘n woning in Orania praat. Gryp hulle nie maar na strooihalms nie aangesien daar tans geen ander alternatiewe Afrikaneroplosings aangebied word nie behalwe die steriele droom dat daar eendag ‘n geografiese politieke tuiste vir ‘n homogene groep Afrikaners sal wees?

Wat is die harde, onsmaaklike en ontbewisbare feite?

Ná omtrent 15 jaar, is Oranje se bevolking ongeveer 200 siele. Jong inwoners wat nie daar werk kan bekom nie, verhuis weer terug na ander dele van die land (ek het al van sodanige persone persoonlik teëgekom in Pretoria). Oor dieselfde tydperk het letterlik honderde duisende Afrikaners eerder verkies om permanent na die buiteland te verhuis, om daardeur totsiens aan die Afrikaanse taal en kultuur te sê. Die huidige geslag Afrikaners daar sal nog Afrikaans tuis praat, maar die daaropvolgende geslagte sal geabsorbeer word deur die taal en kultuur van hulle nuwe volkstuiste. Meer Afrikaners, asook ‘n groter persentasie, is vir die Afrikanerkultuur verlore sedert 1994 as gevolg van emigrasie, as Afrikaners wat gesneuwel het gedurende die twee Boere-oorloë.

Die ANC of enige ander swart regering het nie eers nodig om Orania teë te staan nie. En hulle doen dit ook nie. Die Afrikaner doen dit self. Die idee van Orania of enige ander Volkstaat het net nie by die oorgrote meerderheid Afrikaners posgevat nie, afgesien van die klein handjievol wat dit vandag soos ‘n godsdiens aanhang. En as die oorgrote meerderheid Afrikaners dit nie aanvaar nie, sal dit nooit van die grond af kom nie, maar ‘n afgesonderde Afrikanerghetto in ‘n kleurlingsee in die woestyn bly, met ‘n goeie kans om uiteindelik tot niet te gaan soos die geval was met Eldoret in Kenia, Humpata (Dorslandtrekkers) in Angola en die Afrikaners in Argentinië. Die meeste Afrikaners met wie ek praat, weet nie eers waar Orania is nie, maar vermoed dat dit êrens in die Karoo is. Al word daar nou ook hoe indringend gesoek na ander dele van die land vir ‘n alternatiewe Volkstaat, sal die steriele gevolge dieselfde wees.

Die oorspronklike entoesiasme vir Orania in Constand Viljoen se tyd by baie Afrikaners het buitendien met die jare erg verflou, en die konsep onder die jonger en nuwe geslag Afrikaner is byna uitgesterf. Dit is amper ‘n verleentheid vir die Vryheidsfront om te erken dat dit nog op sy agenda is. Die Vryheidsfront Plus is tans sterk op die Universiteit van Pretoria se kampus verteenwoordig, maar wees verseker dat die idee van Orania onder die studente nie eers ter sprake kom nie. Die ingenieurs, dokters, kunstenaars, dosente, ens., wat daar gaan gradueer, bedink nie eers Orania nie, wat nog gepraat om soheentoe te wil verhuis! Indien hulle wel ooit verhuis, sal dit vir seker na die buiteland wees.

Die grond, verbeteringe, waterbronne, besighede, minerale, ens., binne enige voornemende Volkstaat, behoort vandag òf aan die een of ander privaateienaar òf aan die staat, wat ‘n markverwante prys vir hul grond en ekonomiese bronne sal wil hê, net soos die blanke boere ‘n markverwante prys vir hulle grond wil hê wat die staat uitkoop. Wie gaan dan die grootskaalse kapitaal verskaf om die huidige eienaars uit te koop om ‘n  Afrikanervolkstaat uit te kerf? Die Afrikaner het 'n keuse om die grond en bestaande ekonomiese bronne uit te koop of te vat. Laasgenoemde sal ‘n oorlog tot gevolg hê en internasionale sensuur op die koop toe, en is definitief nie ‘n opsie nie. Die huidige lappie grond, ‘n paar plase groot, wat tans Orania beslaan, is nie groot genoeg indien jy omtrent 2,5 miljoen Afrikaners wil huisves in ‘n ekonomies haalbare gebied nie. En indien die grond wel aangekoop word, wie gaan die geld verskaf om die anderskleuriges te betaal om weg te trek? In beide gevalle weet ons sal die Afrikanergesin of indiwidu dit nie doen nie, asook geen Suid-Afrikaanse regering nie. Die regering sukkel juis tans om geld bymekaar te maak om blanke boere uit te koop!

Alles kan uiteidelik tot geld gereduseer word. Dit is gewoon 'n ekonomiese wet. Werkskepping en inkomste kan nie spontaan geskied nie. Die ekonomiese wette wat betrekking het op aanvraag en aanbod, geld om enige ekonomie suksesvol te kan bedryf. Die haalbaarheid van die Bantoetuislandbeleid van Verwoerd het gefaal juis as gevolg daarvan dat daar nie behoorlik deur sy opvolgers aan die ekonomiese beginsels en wette gehoor gegee is nie, gedurende ‘n tydperk toe ‘n blanke Volkstaat wel moontlik was. Die demografiese verskuiwing die afgelope twintig jaar ten nadele van blankes, het veroorsaak dat dit nie meer moontlik is nie. Ideologie kan nie bewerkstellig word ten koste van bewysbare ekonomiese beginsels en wette nie.

Die Kleurlinge, Grieke, Jode, Portuguese, Indiërs, blanke Engelssprekendes en ander minderhede wat hierdie land saam met die Afrikaner deel, beleef hulle eiesoortige kultuur en praat steeds hulle eie taal onderling, maar het nogtans geen begeerte om 'n eie Volkstaat te skep nie. Hulle weet dit is nie haalbaar nie. Alhoewel die Afrikaner, in vergelyking, ‘n groot minderheid in die land verteenwoordig, bly hulle tog ‘n onbenydenswaardige minderheid en sal moet, soos die ander minderhede, aanvaar dat hulle nie die reg vir hulleself kan toe-eien om ‘n onafhanklike Volksstaat te verkry nie. Nie eers die grootste minderheidskultuur in die land, naamlik die 8 miljoen Zoeloes, sal dit vir hulleself kan of wil regkry nie.

Die Jode en die Moslems as minderhede het dit in hierdie land reggekry om ‘n sentrale struktuur te skep vir hulself om hul belange suksesvol te bevorder sonder ‘n eiesoortige regering. Ons Afrikaners sal dieselfde moet doen indien ons wil bly voortbestaan. Waar die Jode en die Moslems internasionale steun geniet van hul eie mense, het die Afrikaner geen internasionale bondgenote nie, en sal op sy eie vernuf moet staatmaak. Die Afrikaneruitdaging is nie om eenheid onderling te probeer bewerkstellig nie, want dit was geskiedkundig, en nou ook, nooit deel van sy geaardheid nie, maar om strukture (verkieslik ‘n sentrale struktuur) die lig te laat sien wat verskillende denke en belange onder heterogene Afrikaners saambring vir die groter Afrikanerbelang, plaaslik sowel as internasionaal.

справка для выездаданильченко юрій Харків

Verwoerd en volkstate

‘n Vorige skrywer op Praag (ongelukkig kan ek sy brief nie op die web weer vind nie) het geskryf dat die Afrikaner ‘n behoefte het aan ‘n leier soos Verwoerd om hom weer rigting te gee.  Hy is reg, maar ongelukkig, indien daar een sou kom, is dit te betwyfel of hy die Afrikaner om hom geskaar sal kry soos wat Verwoerd dit reggekry het.
Daar was nie voor en weer daarna ‘n tyd in die Afrikanergeskiedenis dat die Afrikaner vanaf Tafelberg tot die Limpopo; vanaf die Oranje- tot die Kunene-riviere;  eenstemmig saamgestaan het nie.  Hoekom was dit? Myns insiens was die redes daarvoor die volgende:

1. Die beleid soos Verwoerd dit uiteengsit het van swart state, elk gegrond op eiesoortige taal en kulturele trots, internasionaal gelyk aan die blanke Suid Afrikaanse staat, was logies en destyds uitvoerbaar gewees. Tipiese  voorbeelde van eietydse verdelings is te vinde in Siprus (Turkse en Griekse verdeling); in Indië (Pakistan/Moslem en Indiër/Hindoe verdeling); om maar net ‘n paar voorbeelde te noem.

2. Verwoerd het die intellekuele status en persoonlikheid gehad wat dit kon laat slaag indien sy lewe nie voortydig kortgeknip was nie.  Ongelukkig vir die Afrikaner was sy opvolgers van mindere intellektuele stofasie gemaak en het hulle die beleid hopeloos laat misluk en verwronge laat voorkom. Vorster het die status quo daarna behou, behep met sy gholf; om populêr onder blankes te wees en om as bemiddelaar op te tree tussen Ian Smith van Rhodesië en die swartes van daardie land.  Botha het probeer om ‘n alternatiewe rigting in te slaan met sy driekamerstelsel wat skaars van die grond af kon kom, en ook om die ondankbare Amerikaners te help (met groot Afrikanerlewensverliese) in hulle stryd teen Rusland met die oorlog in Angola; en oor De Klerk wil ek nie eers van praat nie.

3. Verwoerd het die swart leiers wat hy mee te doene gehad het altyd beleefd en op gelyke voet behandel. Hy het nooit hoogmoedig of minagtend teenoor hulle opgetree nie. Hy het hulle ook nie as minderwaardig behandel en beskou nie.  Die swart leiers van sy tyd  soos Matanzima, Botha Sigau, die hoof van die Zionistiese kerk, ens. (om net ‘n paar te noem) het hom gerespekteer, en selfs liefgehad.  Hoekom het dit gebeur dat die swartes ná sy dood so ‘n haat teenoor die blankes, veral Afrikaners van hierdie land begin koester het, ‘n haat wat die nuwe geslag Afrikaner vandag nog mee opgeskeep sit?

Ná Verwoerd se moord, het die Nationale Party stelselmatig begin verbrokkel.  Hertzog het Vorster verkwalik dat hy, dws. Vorster, Verwoerd se beleid laat stilstaan het, en dat hy geen noemenswaardige uitvoering aan Verwoerd se beleid van afsonderlike ontwikkeling gegee het nie, en sodoende het hy van die Nasionale Party weggebreek om die HNP te vorm.  Die Nasionale Party na Verwoerd het tiranniek teenoor die swartes begin optree, met sy lagwekkende “klein apartheid”-vervolgings; die drankwet wat swartes van alkohol probeer weerhou het; instromingsbeheer; blanke werksresevering; ontugwetgewing; gedwonge verskuiwings; afdwing van Afrikaans op die swartes; die industriële Bantoestangrensgebiedbeleid, ens.  Treurnicht (Dr “No”), die predikant, was behep met die morele standaarde van Suid-Afrika; het TV teengestaan, vuurvreter teen rassevermenging, ens. en weggebreek om die Konserwetiewe Party te vorm.

Nou was die Afrikaner in drie kampe verdeel en vinnig besig om polities te verarm. Afrikaner teen Afrikaner teen Afrikaner! En om nog die pap aan die roer te sit, verskyn die AWB, die Afrikanergrap op die toneel met sy splintergroepe soos onder andere die BBB, wat die Afrikaner soos die “hill billies” van Amerika laat voorkom het.  Die swartgevaar het verwissel na die swarthaatpolitiek onder Afrikaners na Verwoerd se dood as gevolg van die verset van swartes teenoor Afrikanerpolitiek en -vervolging van die dag.

Die groot Verwoerdprent is intussen heeltemal misgekyk van gelyke en gerespekteerde state in Suid-Afrika.  Die klem het intussen geval op kleinlikhede en binnegevegte tussen die valse profete wat die Afrikaner erg mislei en verdeel het, en wat dit daarna  vir De Klerk maklik gemaak het om die land aan die ANC sonder 'n skoot te oorhandig, om sodoende sy internasionale Nobelprys te verdien (die enigste Afrikaner om dit ooit reg te kry).  En hierdie tydperk word nou internasionaal gesien as “The Verwoerdian Era”!  Verwoerd word lelik misken, met Hitler vergelyk en as ‘n demogoog verteken. Nee, ek sê vir jou, die “Verwoerdian Era” het geëindig met die messteek van ‘n malman, ‘n duiwel,  wat Verwoerd doodgemaak het, wat die Afrikaner se lig laat verflou het. Wat daarna gevolg het, noem ek die “Era van Afrikaner- Babelse verwarring”. En daardie verwarring geld vandag nog.

Die geleenthede vir ‘n Afrikaner- of blanke staat is vir ewig verspil.  In Verwoerd se tyd was daar 9 miljoen swartes teenoor 6 miljoen blankes in die tradisionele blanke gebiede, met omtrent 18 miljoen swartes in die tradisionele swart gebiede.  Afsonderlike ontwikkeling was toe haalbaar gewees. Vandag is daar omtrent 4 miljoen blankes in die voorheen tradisionele blanke gebiede teenoor meer as 30 miljoen swartes in dieselfde voorheen tradisionele blanke gebiede, met ander  woorde swartes wat oor die grens instroom om die blanke persentasie nog verder te laat krimp.  Die Afrikaner na Verwoerd was ekonomies selfsugtig, Hy wou nie toelaat dat industrie binne die tuislande gevestig word nie, maar op die grens binne die blanke gebied. Goedkoop arbeid van die swart state (soos Lesotho vandag), sonder enige ekonomiese infrastruktuur, is ingevoer. Vergelyk dit met ander lande, veral in Europa, wat hul eie arbeiders teen mededinging van buite beskerm.  Die gevolg? Werksoekende swartes het in die blanke gebiede ingestroom, nieteenstaande die pogings tot instromingsbeheer… Pleks om die 9 miljoen swartes in die blanke gebied aansporings aan te bied om in die swart gebiede werk te gaan soek, het die omgekeerde gegeld.  Moenie die ANC vir ons lot vandag blameer nie (en ek is hoegenaamd nie ‘n ANC-ondersteuner nie). Die Afrikaner het net homself vir sy huidige lot te blameer.

Ja. Die Afrikaner sal ‘n manier vir homself moet vind om binne ‘n swart staat selfstandig te kan oorlewe.  Dit gaan definitief nie in die vorm van enige vorige tradisionele Afrikaner- (Boere-) of volkstaat wees nie.. Dit is nou definitief nie meer prakties moontlik nie. Wie weet, miskien kry ons tog weer ‘n leier in die toekoms van Verwoerd se gestalte om die Afrikaner leiding te gee, maar met ‘n heel ander inisiatief.

для автомобильногопрокурор харьковской области

Oor die Oraniagebied

Mense staar hulle blind in die "staat" gedeelte van volkstaat. Baie van van Heerden se stellings sou in 'n mate waar gewees het indien Orania 'n onafhanklike land sou wees, maar dit is nie. En ontwikkel word as 'n etniese gebied vir Afrikaners sonder om oorweging aan staatkundige onafhanklikheid te gee. Baie lande of etniese gebiede kry hul water vanaf buurlande en as kompetisie vir water 'n probleem gaan wees gaan Afrikaners in klein "geperforeerde" buurtes 'n baie groter xenofobiese probleem, van formaat hê.

Ek kan net so hard redeneer dat, oom Piet van Pofadder tans sy blikkieskos van Kaapstad af "invoer" of dat Eddie van Ellisras
Gauteng toe moet ry as sy masjinerie breek. Ek dink nie dat enigeen militante eensydige onafhanklikheidsverklaring in gedagte het nie selfs al groei ons in die hele groter streek in. En daar is geen rede hoekom die Orania gebied nie deelnemend kan wees tot die RSA ekonomie nie. Ek sien Orania in die toekoms meer as 'n Afrikaner heimat met 'n vloeibare grens.

Met die Kleurlinge in die gebied, dit is bykans 'n onbenullige probleem as dit vergelyk met die demografiese werklikhede van die res van die land, en die ANC het ons mooi geleer hoe om transformasie en bemagtiging te gebruik sodat dit nie in 'n morele krisis ontaard waar mense te-na gekom word nie. Met die oog op 'n baie groter Orania, daar sal baie infrastruktuur ontwikkeling moet plaasvind, en ja dit gaan duur wees en tyd vat, maar alle ander gebiede is demografies so teen ons dat slegs oorlog en bloedvergieting dit moontlik sou maak.

Ek wens ek het alles geweet, maar ek kan net antwoord uit my eie ervarings en perspektiewe. Daarom wil ek na jou laaste punt toe aanbeweeg "Wat ons myns insiens moet doen—vir die volgende twintig, dertig jaar of langer—is om gemeenskap-bewus te word, om te werk aan ons beveiliging en om ekonomies sterk te word. Die gemeenskappe (selfs so klein as `n woonbuurt) sal aanvanklik, of selfs altyd "geperforeer" wees, deurdat daar ook andersdenkendes tussen ons woon. Maar dit maak nie saak nie, want deur doelbewuste verhuising kan ons meerderhede word, waar dit nog nie is nie. En ons skakel tog met mekaar oor andere heen. Dus, waar ons nou bly, in die stad of elders, moet ons met mekaar kontak maak en begin saamwerk in eie belang. Wie weet dan of groot wêreldkragte, wat buite ons beheer is, en ander faktore, dit nie eendag tog moontlik sal maak dat ons `n eie regering het. Dit mag dan ook wees dat die gemeenskappe wat gevorm het `n sinvolle basis vir optrede sal wees."

Dit is hier waar die denkfout plaasvind, in my opinie natuurlik. Ek vertaan ten volle dat meeste Afrikaners nie kans sien vir die
rewolusionêre sprong na volkseiearbeid toe nie, een van die redes is natuurlik omdat ons ekonomies te sterk is. Dit is veral ouer Afrikaners uit die ou bedeling wat obsessies het met mag het (ekonomies, militêr, polities), maar om as verstrooide volk te lewe moet ons MAG hê! Ek dink ons het in 1994 mag afgestaan vir baie generasies om te kom. Om te vra dat ons meer gemeenskapsbewus word gaan nie gebeur nie, ek het dit keer op keer waargeneem, buurtes bly nie" geperforeer" nie – NOOIT.

Partykeer het die buurt vinnig vanaf geperforeerd na gemeng dan na swart beweeg en ander kere stadig. Woonbuurt vir woonbuurt, straat na straat, jy dink jou buurt sal nooit verander nie, maar hulle is almal besig om te verander sy dit teen verskillende tempo's. Die samewerking in eie belang het reeds begin en daar is twee groepe, die wat mekaar help emigreer en die wat vriende en familie se kinders help emigreer. Hoekom weereens noem dat ons moet werk om ekonomies sterk te word as ons proporsioneel tot die res van die bevolking nog altyd buitensporig ekonomies welvarend was en nog steeds is. Ek probeer nie sê dat ons moet verarm nie, maar dalk ons ons definisie van rykdom herdefinieer – ons was nog altyd snobs.

Ek verstaan dat jou betoog nie gemik is op Orania as gemeenskap nie maar op die bevordering van die Noord-Kaap streek as Volkstaat streek vir Afrikaners. Ek glo tog dat dit moontlik is met nog 'n paar Orania projekte maar dit sal geslagte neem om te voltooi. Tog sien ek nie dat daar nog veel Orania projekte gaan wees nie,. Jy het self eerste genoem dat die Afrikaner nie maklik bereid gaan wees tot arbeid nie. Die peilings wat vra, gaan jy emigreer? was JA-stemme van 68% en 62% onderskeidelik.

Al hierdie mense sal seker nie gaan nie maar dit gaan nogtans baie wees wat hulle eiendomme gaan verkoop. Hoe geperforeerd is jou woonbuurt oor 20 jaar? Gaan jy dan sê,ons het nie genoeg ekonomiese magnie? Of dat ons te min is? As jou antwoord op die demografiese vraagstuk "niks-doen" is moet dan eerder nie afbreek aan die wat 'n poging aanwend nie, Spanje maak meer geld uit toerisme as SA uit goud, Orania is nie Spanje nie maar as ons hoofbron van inkomste oor 70 jaar toerisme is – Wat daarvan? Ek wil weer noem om selfs die hele streek as Afrikaner etniese gebied te bevorder beteken nie staatkundige onafhanklikheid nie, as daardie stap ooit geneem word sal dit gedoen word omdat ons daartoe in staat is, maar as die demografiese probleem nie aangespreek word nie is daar oor 70 jaar nie meer veel van 'n Afrikanervolk om van te praat nie – hulle sal wel ekonomiese mag hê, maar ons gaan hulle Australiërs noem. Dus komons ondersteun die wat 'n poging aanwend en hou op kritiseer.

Attie Schutte

.___

miomare yachtingЛобановский

Afrikanergebiede

Die gedagte is êrens al genoem dat die Oraniagebied nie ‘n onafhanklike land word nie. Daarmee stem ek saam. Dit kan ‘n mens daar probeer doen. Want dan hoef jy jou nie te bekommer oor ‘n redelik goeie voedselvoorraad nie, nie oor die onthouding van water nie, nie oor elektrisiteit nie, en jy hoef ook te probeer om nywerhede daar te vestig nie.

So tussenin, terloops. Nou weer net oor ‘n eie land. As ons skielik sou kon spring na die infrasturktuur en kundigheid van byvoorbeeld Japan, dan kan ons enige plek aan die gang kom, want ons voer in wat ons nodig het en ons is sommer ryk en kan ons self handhaaf. Ons ekonomiese en militêre vermoë sal ons instaat stel om ooreenkomste met die buurland te beding. Maar dit werk nie so nie. Ons is min, en daar is nie geld nie. Israel kry steun van Jode oor die hele wêreld. Iemand wat nou hier in Suid-Afrika kuier, wat ons ken, sê dat hy vir ‘n ryk Jood in Kanada werk. Op ‘n stadium het hy ‘n pak tjeks van so ‘n 10 mm dik, van die Jood, gesien. Dit was alles vir Joodse organisasies!

Dan het die Jode ook nog oral simpatie, tot so ‘n mate dat jy blykbaar in die tronk kan beland as jy sê dat die Duitsers nie 6 miljoen Jode doodgemaak het nie. Tot sulke absurde punte werk manipulasies! Teenoor hierdie skouspel van steun staan ons by die teenoorgestelde pool. Hulle het die woord apartheid gedemoniseer (soos Egbert sê) en ons dra die gewig. Verder, wat geld betref, wil ek nog die ryk Afrikaner sien wat groot bedrae geld skenk aan Afrikaner pogings waar dit nie polities korrek is nie! En, afgesien van geld, is daar tog stappe van ontwikkeling en baie skoolgeld om te betaal.

Dit is daarom wat ons vir nywerhede naby alles moet wees om te kan kompeteer soos wat ons ontwikkel van meer basiese bedrywe na ander. En in elk geval, waar alles gunstig is in ander lande, koek nywerhede saam in trosse van dieselfde soort. En dis of naby die basiese materiale of naby die mark, afhanged van die tipe nywerheid. Beleggings van oorsee sal ook net in sulke gunstige gebiede gemaak word.

Nou weer my argument verder, as dit gaan om gemeenskappe en nie ‘n moontlike Afrikanerland nie. Dan sê ek tog:  hoekom gaan swaarkry in die Oraniagebied, met min ontwikkelingsvoordele om jou heen? Jy het nie al die sportgeleenthede om jou  heen nie; jy het nie die koopgeleenthede nie , nie die kultuurgeleenthede, die opleidingsgeleenthede ens. nie. ‘n Mens kan nog voortgaan om al die voordele te noem van byvoorbeeld in Pretoria te bly. Al hierdie voordele is tog waarvoor ons en ons voorouers gewerk het. Hoekom kan ons dit nie geniet nie? Hoekom moet ons alles afgee aan ander om alles weer van onderaf te probeer opbou, in gebiede waar hierdie dinge nie nou is nie.

Ek stem nie met die argument dat gemeenskappe in die ontwikkelde gebiede noodwendig sal uitrafel nie. In al die stede oor die wêreld heen is daar buurtes waar die Jode bly, of die Moslems, of die Portugese, of Sjinese (Chinatown in San Francisco, en ek dink amper in Johannesburg is daar ook ‘n Chinatown). Dit is ook so dat soos wat swartes woonbuurte in die VSA oorneem trek die blankes uit na hul eie gebiede want hulle word deur swart kriminele aangeval—hoe swarter die gebied hoe meer sulke voorvalle is daar. Daar ontstaan dus in die stede swart gebiede en blanke gebiede. Sover my kennis strek, bly die tradisionele blanke Amerikaners in die stede dus toenemend by hul eie mense.

Dit is so dat sommige geperforeerde gebiede uiteindelik in ander hande sal val. Maar dan sal daar ander wees wat sal voortbestaan en sal uitbrei. Dit sal wees omdat dit in Afrikaners se eie belang sal wees om te groepeer. In sulke plekke sal dit makliker wees om bendes te bestry.

En wie weet verder wat die toekoms sal bring. Daar was nou vir ‘n hele tyd pogings om ‘n “regering” saam te stel wat namens die Afrikaners kan praat. Dit sal ook nog werklik gebeur. En dan sal hierdie Afrikaner gemeenskappe (insluitend Orania) ankerplekke vorm vir so ‘n “regering.”  Ek wil nie sê dat oorsese kragte dit vir ons gaan doen nie, maar met die tyd kan die sieklike beheptheid, en skuld gevoel van die Weste dalk verander en kan daar dalk meer simpatie vir ons wees.

Ten slotte twyfel ek baie of ons bereid sal wees om ons eie werk te doen. Dit lyk my of Israel dit nie regkry nie. Duitsland voer Turke in om te werk. Siprus kry bediendes van Sirilanka. Die ou Israeliete in Bybelse tyd het ander volke gehad wat vir hulle gewerk het. As ‘n mens dus hierdie punt aanvaar, dat die meeste Afrikaners nie van bediendes ontslae wil wees nie. Is daar baie nuwe argumente op die tafel. Dan maak die gemeenskappe hier waar ons in die ontwikkelde gebiede is die meeste sin. In so ‘n gemeenskap, sê maar in Pretoria, sal daar dan Afrikaners woon, met so ‘n 10% Engelssprekendes, en 3% swartes. Dan sal miskien 20% van die mense bediendes elke dag van buite kry. Ons sal daar egter ons Afrikaanse skool hê, en dit sal ons kultuurgebied wees.

 

Willem van Heerdenplay arabian nightsлобановский александр игоревич класс

Vergane is die dae van terugsit en wag

In Willem van Heerden se brief “Oraniagebied nie reg vir 'n volkstaat”, stel hy dat die Oraniagebied nie perfek is nie; daarom moet Afrikaners eerder hul eie gemeenskappe bly versterk, sodat daar later met die ingryp van wêreldkragte, ‘n “beter” regering vir Afrikaners saamgestel kan word.  Van Heerden sluit sy argument as volg af: “Wie weet dan of groot wêreldkragte, wat buite ons beheer is, en ander faktore, dit nie eendag tog moontlik sal maak dat ons ‘n eie regering bekom nie?”

 

Ek wil egter aanvoer dat Afrikaners alleen oor ‘n eie regering gaan beskik indien ons self ‘n regeerbare gebied ons eie maak deur dit as volstrekte meerderheid te beset, bewoon en te bewerk. 

Dit is tog duidelik vanuit die steeds voortslepende Zimbabwiese-drama dat geen wêreldkrag of ander faktore ons gaan bystaan nie.  Al wat oorbly is om ons behoud vanuit die grond af op te bou.

Die Oraniagebied tot aan die Weskus is en bly die enigste gebied wat as ‘n Afrikanerland beset en ontwikkel kan word, omdat dit demografies die enigste streek is waarin Afrikaners enersyds ‘n volstrekte meerderheid kan vorm terwyl dit groot genoeg in omvang is om sleutelhulpbronne in te sluit terwyl dit ruimte vir ontwikkeling en militêre maneuvrering laat indien nodig.

Al is die Oraniagebied nie perfek nie, ondersteun die volgende argumente dit  as potensiële Afrikanerland:

1.       Afrikaners moet meer onafhanklik van vreemde arbeid word, want:

a.       Vreemde arbeid word onekonomies weens vlakke van produktiwiteit en drakoniese arbeidswetgewing,

b.      Agt uit elke tien huisrooftogte word gepleeg op grond van inligting wat rowers ontvang van huishulpe, tuiniers en mense wat die inwoners ken volgens ‘n onlangse artikel in Rapport

c.       Jong en minder bevoorregte Afrikaners is bereid om teen die heersende gemiddelde tariewe van arbeiders te werk, mits indiensopleiding en vordering moontlik is.

2.       Orania beskik oor ‘n groter, skoner en betroubaarder varswaterbron as Johannesburg en die Vaaldriehoek op grond van sy nabyheid aan die Vanderkloofdam.  Volgens die Departement van Waterwese is die kapasiteit van die Vanderkloofdam 3 171 miljoen kubieke meter, terwyl die Vaaldam se kapasiteit 2603 miljoen kubieke meter is.   Die hoogste piek invloei in die twee damme was 6700 kubieke meter per sekonde in die Vanderkloofdam, terwyl dit 4800 vir die Vaaldam was.

3.       Die vloei van water na Orania kan nie afgesny word nie want:

a.       Dit sal veroorsaak dat die hidrokragsentrales in die Lesotho-hoogland en Oranjerivierskemas nie sal werk nie, wat die elektrisiteitstekort in Suidelike Afrika sal verhoog.

b.      Dit sal watervloei na Namibië afsny, wat groot verliese vir daardie land en ‘n internasionale insident sal veroorsaak.

c.       Watervloei kan net afgesny word totdat damme begin oorloop.

4.       Boerdery in die Benede-Oranje is hoogs-produktief en winsgewend.  Hoë hitte-eenhede laat boere toe om twee gewasse per jaar op dieselfde grond te produseer, terwyl ‘n baie wye verskeidenheid van gewasse geproduseer kan word, onder andere aartappels, tafeldruiwe, sitrus, graan en neute.

5.       Volgens die Oesskattingskomitee word die volgende produksie uit die Noord-Kaap verwag, uitgedruk as persentasie van totale landswye produksie.  Dit sluit gewasse soos aartappels en vrugte uit, maar toon dat Afrikaners wat ongeveer 6% van die land se bevolking uitmaak, nie honger sal lei nie:

                                                               i.      Mielies:  540 700 ton (8%)

                                                             ii.      Grondbone:  21 700 ton (37%)

                                                            iii.      Koring:  250 000 ton (12%)

6.       Orania bied lae oorhoofse kostes vir nywerhede as gevolg van relatiewe goedkoop arbeid, sentrale ligging in die land op verspreidingsroetes na die Kaap en Gauteng terwyl goeie veiligheid kostes vir sekuriteit en versekering teen diefstal oorbodig maak.

7.       Orania ontvang volhoubare elektrisiteit wat onder andere d.m.v. hidrokrag opgewek word by die Vanderkloofdam.

8.       Orania bied ‘n sorgvrye en hoë kwaliteit lewe aan die Afrikaners wat daar woon.

9.       Orania word internasionaal erken as ‘n Afrikanergemeenskap omdat dit uitsluitlik deur Afrikaners bewoon word en as sulks kan dit ook aanspraak maak op beskerming as minderheidsgemeenskap volgens die Suid-Afrikaanse Grondwet en Internasionale konvensies soos deur die VN aanvaar.

10.   Ekonomiese groei word vandag hoofsaaklik gedryf en ondersteun deur die hoë-tegnologie en dienste sektore.  Vervolgens is dit moontlik om ‘n sterk en suksesvolle ekonomie op Orania te vestig en volhoubaar te onderhou sonder om bedreig te word deur die uitputting van natuurlike hulpbronne.  

Afrikaners is so verstrooid oor Suid-Afrika, dat elke gesin in werklikheid as alleenstaanders moet veg teen die bedreigings van misdaad en vyandige staatsmasjinerie.  Die stryd is huidiglik so onregverdig dat ons nie eers daarin slaag om ons dorpe se name te behou of skole soos Ermelo Afrikaansmedium te hou nie.  Om nie eens van moorde te praat nie.  Ons bestaande gemeenskappe is toonbeelde van agteruitgang op elke gebied vir die Afrikaner.

Hoop kan slegs volhoubaar geskep word waar dit moontlik is om projekte aan te pak en te voltooi wat resultate lewer.

Orania en haar gebied is vir my ‘n vlam van hoop.  Saam kan ons as Afrikaners dit soveel meer maak.

Ebert Terblanche

 

купить велосипед харьковФильчаков Харьков

Oraniagebied nie reg vir ‘n volkstaat

In hierdie stuk word ‘n aantal argumente gestel dat die Orania-uitbreidingsgebied nie geskik is vir ‘n Afrikanerland nie. Dit handel nie oor Orania as gemeenskap nie.

Die eerste punt, wat vir alle gebiede geld, is dat ons volk myns insiens nie bereid is om vreemde arbeid te los nie. Maar indien tot ‘n groot mate wel, dan geld die volgende nadele betreffende Orania.

  1. Dit is afhanklik van water wat van 'n buurland afkomstig is. En soos wat die kompetisie vir water al groter word, sal die kwesbaarheid toeneem.
  2. Omdat voedsel net met besproeiing geproduseer kan word, is dit ‘n duur proses en daarby kan slegs ‘n beperkte hoeveelheid geproduseer word. Die Afrikanerland sal dus sy voedsel moet invoer, selfs al sou die hoeveelheid water wat nou deurgelaat word dieselfde bly.
  3. Omdat besproeiing duur is, is dit gewoonlik nodig om besproeingsgrond intensief te bewerk en gewasse te kies wat daarby pas. Dit is dus arbeidsintensief. En dit is juis ‘n swak punt van ons volk dat ons nie noemenswaardig eie arbeiders het nie.
  4. Die gebied is baie swak geleë vir nywerhede, want dit is ver van grondstowwe en ver van die mark. As iemand daar byvoorbeeld ‘n yskas wil maak, moet hy die staalplate, elektroniese toebehore, ens. alles van Gauteng af invoer. As hy ‘n probleem het dat iets nie werk nie, moet hy gou Gauteng toe ry om die probleem op te los. En as hy dit klaar gemaak het, moet hy dit weer terug vervoer Gauteng toe om daar te verkoop. Toebehore kan natuurlik oorsee gevind word en ook daarnatoe uitgevoer word, maar dan geld dieselfde argumente. Dit is dus nie betalend om daar iets te vervaardig nie. Ek weet daar is items waarvan die vervoerkoste klein is, byvoorbeeld om juwele of horlosies te maak. Maar dit verg ‘n gevorderde kundigheid wat ons nie het nie, en in elk geval sal ons moeilik met byvoorbeeld Sjina kan meeding. Maar, ons moet in elk geval ‘n sterk onderbou van “growwe” nywerhede hê (yskaste, motors, vragmotors, trekkers, implemente) wat ons ook self sou kon doen as ons ‘n geskikte plek het, maar dis nie die Oraniagebied nie.
  5. Die Oraniagebied is afhanklik van elektrisiteit wat van elders moet kom. Daar is nie steenkool, ruolie of ander energiebronne nie. Dit kan wel kernkrag wees, maar hoe begin jy so ‘n kragstasie wat seker R20 miljard sal kos?
  6. ‘n Mens kan mos nie ‘n verdeling van Suid-Afrika maak volgens oppervlakte nie. Indien dit  die Oraniagebied moes wees, as dit moontlik sou wees,  dan sal dit relatief uitgestrek wees en ‘n duur infrastruktuur verg.
  7. Daar is baie Kleurlinge in daardie gebied. Dit sal moeilik wees om van hulle te skei in ‘n eie land, want hulle praat Afrikaans, en is nader aan ons.
  8. Die argument van “dat daar nog niks is, en ‘n mens dus makliker aan die gang kan kom”, gaan ook nie op nie. Eerstens is daar tot dusver niks om goeie redes soos wat ek hierbo genoem het. En tweedens, gestel dat dit moontlik sou wees om ‘n sterk nywerheidsgebied te vestig, dan sou dít die suigkrag wees wat vreemdes soontoe trek. Dus sou hierdie soort van probleem net uitgestel word vir later, indien ontwikkeling wel moontlik sou wees.
  9. Dis ook nie die deel waarvoor ons geveg het nie. Dis nie waar die meeste van ons woon en die vrugte van ons ontwikkeling geniet nie. Ons verdien tog iets beters. Dit is vir die meeste van ons vreemd en ek wil amper sê dat as dit die keuse sou wees die meeste van ons oorsee toe sou gly in plaas van te bly.
  10. En, laastens, wat baie belangrik is. Dit sal nie moontlik wees om in die Oraniagebied magsmiddele op te bou wat ‘n mens in staat sal stel om jouself te handhaaf in geval van probleme met ander lande nie. Om sterk te wees moet jy ‘n sterk ekonomie hê, en by voorkeur strategiese bronne hê waar andere van afhanklik is. En dít het die Oraniagebied nie. Die gebied is juis afhanklik van bure.

Ten slotte, hoekom nou soos ‘n martelaar gaan kopstamp teen ‘n muur in daardie verlatenheid, met sulke sterk argumente teen jou.  Soos reeds gesê, praat ek nie van Orania as gemeenskap nie. Dit is wel aan die gang, en ‘n goeie oefening daarby. Moet dit net nie propageer as ‘n land vir die Afrikaner nie, want dan probeer die maghebbers ons netnou op dáárdie syspoor rangeer om daarna van ons te vergeet—‘n irrelevante groepie waarna toeriste kan gaan kyk, maar met geen mag of invloed nie!

‘n Land vir die Afrikaner is nie nou moontlik nie, behalwe as daar miskien êrens ‘n gebied is wat niemand anders wil hê nie. Die Oos-Transvaalse gebied wat ons Oranjewerkers destyds as Hartland gepropageeer het, was wel moontlik uit ‘n posisie van mag. Dan sou dit moontlik wees om druk- en trekkragte in werking te stel om so ‘n land te herwin.

Nou is dit anders. Wat ons myns insiens moet doen — vir die volgende twintig, dertig jaar of langer — is om gemeenskapsbewus te word, om te werk aan ons beveiliging en om ekonomies sterk te word. (Ons moet ekonomies nou op eie bene begin staan, want daar is nie eintlik plek in die staatsdiens of groot maatskappye nie.) Die gemeenskappe of groeipunte soos die Oranjewerkers dit genoem het, (selfs so klein as ‘n woonbuurt) sal aanvanklik, of selfs altyd  “geperforeer” wees, deurdat daar ook andersdenkendes tussen ons woon. Maar dit maak nie saak nie, want deur doelbewuste verhuising kan ons meerderhede word, waar ons dit nog nie is nie. En ons skakel tog met mekaar oor andere heen. Dus, waar ons nou bly, in die stad of elders, moet ons met mekaar kontak maak en begin saamwerk in eie belang. Wie weet dan of groot wêreldkragte, wat buite ons beheer is, en ander faktore, dit nie eendag tog moontlik sal maak dat ons ‘n eie regering bekom nie? Dit mag dan ook wees dat die gemeenskappe wat so gevorm het ‘n sinvolle basis vir toekomstige optrede sal wees.

повысительная насосная станцияалександр лобановский класс