Dankie vir GRA-artikel

Ek wil graag vir Laurie Rautenbach dankie sê, maar ook gelukwens, met sy artikel oor GRA-dag in vandag se PRAAG-koerant.  Dit is werklik uitstekend!

Een klein aanmerking, of opmerking: die skrywer Jan FE se van word met 'n "e" geskryf, en nie met 'n "i" nie.  Dus: CELLIERS en nie Cilliers nie.

 

Toe ek op skool was (daar doer in die vyftigs) is ons geleer dat die meeste Cilliers'e se van met 'n "i" geskryf word, maar dat in die geval van Jan FE dit 'n "e" moet wees.

 

In die Vrystaatse dorp Welkom, is daar 'n woonbuurt met die naam Jan Cillierspark.  Toe ek eendag die stadsraad daarop wys dat dit verkeerd is, is daar aan my gesê dat dit destyds so "geregistreer" is, en dat dit nie verander kan en mag word nie.  Nou wonder ek waarom Umtata dan onlangs na Mtata verander is, en Kafferrivier na Tierpoort verander is.
 
Dit net terloops.
 
Naskrif van die redakteur: Jammer, Peter, oor die Cilliers. Dit het deurgeglip, maar ons maak dit sommer nou reg.

текстиль детский трикотажФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae