Uit pure frustrasie het die Sweedse stoeier Ara Abrahamian sy bronsmedalje op die stoeimat neergegooi Donderdag en die kryt verlaat. Abrahamian het tweede gekom in dieselfde nommer in Athene by die vorige Spele.
'n Aanhanger het later sy medalje gaan optel.
Hy sê hy dink sy nederlaag was totaal onregverdig. Die reëls was nie behoorlik toegepas volgens hom nie.
Abrahamian het gesê hy is nie geïnteresseerd in die derde plek nie, hy wil 'n goue medalje hê en daarna van die podium afgeklim.
