Alles of niks

Die Olimpiese Spele sorg hierdie jaar ook vir 'n goeie dosis drama. En in die halfeindrondte van die stoei vir die gewigklas onder 84kg was dit ook nie anders nie.

Uit pure frustrasie het die Sweedse stoeier Ara Abrahamian sy bronsmedalje op die stoeimat neergegooi Donderdag en die kryt verlaat. Abrahamian het tweede gekom in dieselfde nommer in Athene by die vorige Spele.

'n Aanhanger het later sy medalje gaan optel.

Hy sê hy dink sy nederlaag was totaal onregverdig. Die reëls was nie behoorlik toegepas volgens hom nie.

Abrahamian het gesê hy is nie geïnteresseerd in die derde plek nie, hy wil 'n goue medalje hê en daarna van die podium afgeklim.

mositaldentДанильченко Юрий прокурор