praag.co.za

Die gevaar van belastingbetalersunies

Written by

in

Die voorstaanders daarvan propageer dit as ‘n wyse om die dienste waarvoor daar betaal word te bekom, maar meer nog, hulle glo dat dit ‘n metode is waarvolgens minderheidsregte afgedwing kan word om uiteindelik ‘n orde daar te stel waarin minderhede se belange beskerm kan word.

Daar is egter bepaalde probleme met hierdie metode.  Eerstens het prof. Marinus Wiechers, as kundige van ons Grondwet, aangevoer dat die optrede ongrondwetlik is, wat beteken dat die belastingbetalersunies sleg tweede sal kom in ‘n hofgeding.

My beswaar teen hierdie vorm van verset is meer ten opsigte van die praktiese waarde en volhoubaarheid daarvan en ek wil dit graag in die res van hierdie skrywe toelig.

Die gelde wat in die voormalige blanke woonbuurte ingesamel word in die vorm van belastings, word tans gebruik om aan 'n baie wyer gemeenskap dienste te lewer as slegs die “voormalige blanke woonbuurt”.

Indien die blankes dus in hul eie woonbuurte organiseer en hul belastings weerhou, is dit waarskynlik dat hulle daarin sal slaag om hul eie woonbuurte mooi skoon en veilig te maak, (vir 'n kort rukkie in elk geval).

Die probleem is dat aan die anderkant van die straat, is daar 'n “voorheen benadeelde woonbuurt” wat tien keer groter is.  Sonder die geld van die voormalige blanke woonbuurt gaan dit waarskynlik nie te waffers in daardie voorheen benadeelde woonbuurt gaan m.b.t dienste en veiligiheid nie. In daardie voorheen benadeelde woonbuurt gaan daar mense wees wat oor die straat kyk met haat en begeerte in hulle oë…

Bogenoemde in ag genome, blyk dit vir my dat die mobilisering van voormalige blanke woonbuurte eerder die vonk in die kruitvat sal wees, as wat dit op 'n vry, regverdige en veilige demokratiese Suid-Afrika sal uitloop.

Die vraag dus is of Afrikaners se huidige gebiede op woonbuurtvlak oor die nodige skaal gaan beskik om hulself te verweer?  Ek glo stellig nie, want hulle is afhanklik van die swart gemeenskap vir sekuriteitswagte en straatveërs.

Die ou gesegde lui dat jy nie moet dink dat jy nie saam met die bos gaan brand as jy met beide voete daarin staan nie.

Die selfbeskikking van gemeenskappe op woonbuurtvlak is belangrik, maar 'n minderheidsgroep gaan nie ver kom as hy nie oor 'n grondgebied met skaal beskik waarin hy die meerderheid is nie.  Anders as 'n woonbuurt, kan so 'n grondgebied uit eie geledere 'n voltydse weerbaarheidsmag oplei, toerus en in stand hou.

Die Romeine het ook gevind dat huursoldate (of is dit nou wolwe in skaapklere?) nie te goed werk om die wolf van die deur af weg te hou nie.

game casino slotsлобановский харьков класс

Comments

Leave a Reply