Gisteraand hoor ek toe op BVN-TV dat daar die afgelope 12 maande een miljoen huise in Nederland gebou is. Die ANC kan gerus by die Nederlanders gaan kers opsteek.
Die paar keer wat ek al in Nederland was, was dit juis opvallend dat daar geen stad of dorp is waar daar nie voortdurend gebou word nie. Die hoë geel maste van die boubedryf se hyskrane het al 'n algemene gesig in Nederland geword.
Ook in die buurland (Duitsland) word dag en nag gebou. In Frankfurt staan daar 11 hoë geboue wat meer as 100 meters hoog is. Dit is alles in die afgelope 35 jaar gebou, want toe ek in 1973 laas in Frankfurt was, was geeneen van dié grotes daar nie.
Wat ook verstommend van die ANC is, is dat daar steeds bruinmense (die oerinwoners) in die Kaap is wat nie huise het nie, maar daar is wel vir duisende Xhosas – wat eintlik onwettige immigrante in die Kaap is – huise gebou.
Die ANC het nog baie om te leer.
