‘n Studie deur die Nasionale Instituut vir Media en Gesin by die Iowa Staatsuniversiteit het vergelykings getrek tussen kompulsiewe dobbel en rekenaarspeletjies, en tot die gevolgtrekking gekom dat kinders lieg, geld leen van vriende en werk vermy om videospeletjies te speel.
“Die studie was ontwerp om te demonstreer of patologiese rekenaarspeletjies ‘n saak is wat verdere aandag moet geniet,” het instituutdirekteur en assistent professor in sielkunde Douglas Gentile in die verslag geskryf.
“Met amper 1 uit 10 jong spelers wat werklike probleme demonstreer vanweë hulle spelery, kan ons aflei dat dit wel doen.”
Navorsers het hulle bevindings gebaseer op ‘n nasionale steekproef van 1178 mense tussen die ouderdomme 8 en 18 jaar, met die groep wat amper ewe veel seuns en dogters bevat het.
Amper 90% van die Amerikaanse jeugdiges wat ondervra is het gesê hulle speel rekenaar speletjies.
Die gemiddelde tyd wat spandeer is aan rekenaar speletjies weekliks was volgens die verslag 16,4 ure vir seuns en 9,2 ure vir dogters.
Van die spelers het 8,5% “patologiese patrone van spel” vertoon gemeet aan die teenwoordigheid van ten minste 6 van 11 kliniese simptome wat skade toon aan familie, sosiale, skool of sielkundige funksionering.
“Alhoewel die persentasie met eerste oogopslag hoog kan wees, is dit baie soortgelyk aan die voorkoms wat getoon word in baie ander studies van patologiese rekenaarspelery in die ouderdomsgroep, insluitend studies in ander nasies,” volgens Gentile.
Die mees tipiese simptoom was dat kinders huishoudelike take mis om rekenaar speletjies te kan speel, het die verslag aangedui.
‘n Kwart van die spelers wat ondervra is, het gesê hulle speel om van probleme te ontsnap, en byna net soveel het toegegee dat hulle speel wanneer hulle veronderstel is om tyd aan huiswerk te spandeer.
‘n Vyfde van die spelers het gesê dat hulle swak gedoen het op skoolwerk en huiswerk, omdat hulle eerder tyd spandeer het om te speel as aan die akademie.
“Dit is sekerlik moontlik dat die patologiese speleryswak skoolprestasies tot gevolg het,” het die verslag voorts gelui.
“Maar dit is net so hoogs moontlik dat kinders wat swak doen op skool speletjies speel om ‘n bemeestering van iets te ervaar, of dat aandag probleme beide swak skoolprestasie en ‘n aantrekking na speletjies veroorsaak.”
Meisies sal meer waarskynlik as seuns minder speel om te fokus op hulle huis of skool verantwoordelikhede, volgens die navorsing.
Sommige van die kinders het gesê dat hulle gelieg het vir vriende en familie oor hoeveel hulle speel en paar het selfs gesê dat hulle gesteel het om die speletjies of geld daarvoor te bekom.

Ierse pendelaars is Maandag aangemoedig om hulle geliefde karre by die huis te los en terug te gaan na pedaalkrag toe, met die regering se onthulling van die land se eerste fietsry beleid.
Vier mense is gewond toe polisielede begin vuur het op betogers van die Tudor Road-plakkerskamp op die Wesrand.
Suid-Afrika se minister van buitelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het Woensdag in die hoofstad van Libië, Tripoli aangekom waar sy ‘n groep senior regeringslui sal lei by ‘n vergadering van die AU se buitengewone uitvoerende raad van ministers van buitelandse sake.