Ierse pendelaars is Maandag aangemoedig om hulle geliefde karre by die huis te los en terug te gaan na pedaalkrag toe, met die regering se onthulling van die land se eerste fietsry beleid.
Die inisiatief is daarop gemik om ‘n vyfvoudige toename te stel in die gebruik van fietse om Dublin se strate wat vol verkeer is effens leër te maak.
Gedurende ‘n dekade van “Keltiese tier” ekonomiese groei het die verkoop van karre gestyg, maar pendelaars se gebruik van fietse het gedaal tot minder as 2%.
Die hoeveelheid kinders wat fietse gebruik om na eerste vlak skole toe te gaan het in 20 jaar met 83% gedaal, en is af van 23,600 in 1986 tot 4,600 in 2006.
Minister van vervoer, Noel Dempsey het 109 geïntegreerde aksies belowe wat oor die volgende 12 jaar geneem gaan word om ‘n “kultuur van veilige fietsry” daar te stel.
Oorvol paaie in die middel van Dublin beteken dat fietsryers ‘n gemiddelde spoed van 12 km per uur behaal teenoor net 15 km per uur wat motors haal.
“Fietsryers maak ‘n verskil,” het Dempsey gesê. “Vandag reis minder as 2% van pendelaars met ‘n fiets werk toe, ten spyte daarvan dat meer as 100 000 mense minder as 4 km ry om net in Dublin te gaan werk.”
Hy het gesê daar was nog nooit ‘n beter tyd om fietsry ‘n hupstoot te gee nie.
“Ons is almal bewus van die beslommernis van langer reistye en verkeersknope, en die skadelike effekte van kweekhuisgasse wat voertuie vrystel.”
“Ons is net so bewus vn die gesondheidsvoordele verbonde aan die najaag van ‘n meer aktiewe lewensstyl. Dit is hoekom ‘n terugkeer na die fiets baie sin maak,” het Dempsey gesê.
