New York Times wen 5 Pulitzerpryse

Die New York Times het 5 Pulitzerpryse gewen vir joernalisme, insluitend een vir die warm nuus van ‘n prostitusieskandaal wat New York-goewerneur Eliot Spitzer sy politieke loopbaan gekos het.

Die Las Vegas Sun het Maandag die Pulitzerprys gewen vir openbare dienste weens die ontbloting van die hoë sterftesyfer onder konstruksiewerkers in die Las Vegas-strook.

Die Detroit Press het een gewen vir plaaslike verslaggewing ná hulle eksplisiete teksboodskappe bekom het wat die stad se burgemeester tot ‘n val gebring het.

Die toekennings is gemaak ná een van die mees depressiewe jare wat die koerantindustrie nog gesien het, met verliese van poste, bankrotskappe en sluitings.

Die Pulitzerpryse is van die mees gesiene toekennings in die Amerikaanse joernalistiek.

no deposit requiredалександр лобановский харьков класс