Wiskunde-apartheid?

ImageSoos 'n hoofartikel hier op die Praagwerf uitwys, moet mens die matriekuitslae met 'n groot sak sout opneem. Nie net word uitslae "aangepas" (lees "gekook") nie, maar ook is dit duidelik dat die standaard veral in 2008 heelwat laer was as in die onlangse verlede, om nie te praat van 20 jaar gelede s'n nie. Die aantal onderskeidings het "onverklaarbaar" die hoogte in geskiet (dis nou as mens so naïef wil wees om die blatante politieke inmengery wat lei tot verlaagde standaarde moedswillig te ignoreer.)

Dit is veral so met wiskunde. Die topleerlinge het skielik 'n hele aantal onderskeidings behaal, meer as voorheen, maar aan die ander kant van die prestasiekurwe het dinge maar beroerd gegaan. Dis 'n vreemde verskynsel, nie waar nie? Duidelik het die vak se vraestelle makliker geword, al het die vak verander, maar andersyds is daar sommiges wat skynbaar moeilik aanpas by verandering en hulle het heelwat swakker gevaar, ten spyte van die makliker vraestel. 

Laat ek eerder die versoeking weerstaan om hierdie aanpassingsprobleme in verband te wil bring met kultuur, algemene aanpasbaarheid, intelligensie en 'n gebrek aan toekomsvisie en vindingrykheid.

Bogenoemde onderskeidings beteken egter min in internasionale terme. Suid-Afrika se skoolleerlinge kom telkens heel laaste in internasionale toetse, veral in wiskunde. Lande soos Finland en Singapoer kraai dikwels koning.

Volgens Beeld is daar nou oproepe vir 'n aanvullende vraestel vir toppresteerders, omdat die topleerlinge waarskynlik in 2009 nóg beter gaan doen met wat slegs gesien kan word as 'n substandaard-moeilikhheidsgraad. Volgens die berig in Beeld is die huidige vraestel nie ‘n genoegsame uitdaging vir topleerlinge nie en berei dit hulle nie voor vir die uitdagings wat wiskunde op universiteit stel nie.

Só ‘n aanvullende vraestel is 'n interessante voorstel en dit moet immers ‘n doel hê. Een doel kan wees om die keuring vir studievelde soos medies, rekeningkunde en ingenieurswese te vergemaklik of om voornemende werkgewers ‘n beter idee te gee oor ‘n kandidaat se ware vermoëns. En dis net hier waar die politieke teenstand gaan inkom.

Soos gesien in die huidige uitslae, is die topleerlinge in matriek meestal Afrikaners en ander blankes, al verteenwoordig hulle ‘n klein minderheid. Dit kan met gróót sekerheid voorspel word dat ‘n buitensporige deel van diegene wat sou kwalifiseer vir so ‘n aanvullende vraestel, ook Afrikaners gaan wees.

Wat gaan Cosatu of die ANCYL se reaksie wees as 90% van diegene wat hierdie vraestel skryf, blankes en spesifiek Afrikaners gaan wees? Gaan ons weer krete van “rassisme” moet aanhoor wanneer 90% van diegene wat op grond van prestasie kwalifiseer vir mediese studie blankes is?

игрушка интернет магазинФильчаков Харьков

Bekendes by Suzman-begrafnis

Die bekende liberale politikus, Helen Suzman, wat op Nuwejaarsdag oorlede is, is Sondag in 'n privaat Joodse seremonie begrawe wat deur toppolitici en goeie vriende bygewoon is.

Onder die roubeklaers was 'n voormalige SA president, F.W. de Klerk, die huidige president Kgalema Motlanthe, Winnie Mandela en die leier van die opposisieparty, Helen Zille.

"Ek het met haar gepraat 'n paar weke voor haar dood en sy was baie bekommerd oor die huidige toestand van die politiek in die land," het F.W. de Klerk gesê.

"Sy was een van Suid-Afrika se grootste ikone," het hy bygevoeg.

Suzman, die dogter van wit Joodse immigrante, het in die Suid-Afrikaanse wetgewer gedien van 1953 tot 1989 – 'n eensame stem wat in die parlement teen minderheidsregering gestry het.

Sy is rustig oorlede by haar huis in Illovo in Johannesburg.

"Suzman was my mentor gewees, sy was gekant teen die vergrype deur die ou regering, sy was ook gekant teen die huidige magsvergrype deur die ANC-regering," het Helen Zille gesê.

Die prominente linkse advokaat, George Bizos, wat voormalige president Nelson Mandela verteenwoordig het by sy hoogverraadverhoor, het Suzman beskryf as 'n ikoon wat aanhoudend gestry het vir gelyke regte gedurende 'n moeilike tydperk.

"Sy het geweet dat sy nooit al die land se probleme kon oplos nie, maar sy het nooit moed opgegee nie," het Bizos gesê.

Die kleinerige Suzman is gebore in Germiston, oos van Johannesburg op 7 November 1917, die dogter van Samuel en Frieda Gavronsky, beide Joodse immigrante vanuit Litoue.

Sy het haar debatte benut om teen gedwonge verskuiwings te stry, asook rasseongelykhede, die erosie van die wet, die doodstraf, marteling, sensorskap, polisiewreedheid en ander kenmerke van "wit minderheidsregering".

Sy is twee keer genomineer vir die Nobelvredesprys en het in 1978 die VN-toekenning vir menseregte ontvang.

'n Openbare gedenkdiens ter ere van haar sal oor 'n paar weke gehou word, het haar familie gesê.

насосной станцииtopcargo отзывы

Renosters in Oos-Kaap geskiet

ImageTwee renosters is gevind waar hulle doodgeskiet is in privaat wildreservate in die Oos-Kaap sedert Desember, het polisie Sondag gesê.

In die mees onlangse geval het wildbewaarders Saterdagoggend by die Kwantu-wildreservaat die karkas van 'n renosterbul gevind, met die horing nog daaraan, het inspekteur Milanda Coetzer in 'n verklaring gesê.

Die Port Elizabeth-eenheid vir georganiseerde misdaad ondersoek die saak.

Op 5 Desember verlede jaar is 'n renoster doodgeskiet in die Shamwari wildreservaat naby Grahamstown.

"Omtrent 8-uur die aand toe een van die veldwagters met toeriste op 'n wildrit was, het hy 10 skote gehoor wat deur 'n outomatiese geweer gevuur is."

Die karkas is gevind met die horing wat nog nie verwyder is nie. Geen arrestasies is tot dusver gemaak in een van die twee gevalle nie.

Coetzer het gesê die polisie gaan die grense van die wildreservate in die Grahamstadgebied patrolleer en padblokkades opstel om outomatiese of jaggewere te soek.

Enige iemand met inligting oor die twee insidente word versoek om inspekteur Hein Kumm te skakel by 072-060-8097.

мед справка 086 уДанильченко Харьков

Duisende Israelse troepe val Gasa binne

Image

Israelse soldate

Duisende Israelse soldate wat deur tenks en aanvalshelikopters ondersteun word, het Gasa se grootste stad omsingel en Sondag militante van naby aangeval in die eerste dag van 'n oorweldigende grondaanval in die kusstreek.

Israel het gesê dat hulle 'n harde slag geslaan het teen Hamas toe hulle die week lange veldtog uitgebrei het om vuurpylaanvalle op suidelike Israel te neutraliseer. Maar stygende burgerlike sterftes onder die Palestyne het internasionale teenkanting veroorsaak, selfs nadat Amerika 'n VN-veiligheidsraadsverklaring Saterdagaand, waarin daar vir 'n onmiddellik vir 'n skietstilstand gevra word, gekeer het.

Israels voetsoldate het Saterdag ná sononder inbeweeg ná ure se intensiewe artilleriewerk om die weg te baan, en Hamas het gewaarsku dat sy vegters Gasa in 'n Israelse begraafplaas sal verander.

Palestyne het Maandag vroeg gevegte in oostelike Gasa, naby die grens met Israel aangemeld. Hamas-militante het met vuurpylaangedrewe granate en mortiere op Israelse tenks geskiet. Ontploffings kon gehoor word in Gasastad soos wat vliegtuie geboue aangeval het.

Daar was geen onmiddellike nuus omtrent ongevalle nie.

луч прожектораДанильченко Юрий Брониславович

Gasa-krisis ‘onaanvaarbaar’, volgens SA regering

Image

Israelse vegvliegtuie

Die verhoging van Israel se militêre geweld in Gasa is onaanvaarbaar en moet onmiddellik beëindig word, het die Suid-Afrikaanse regering Sondag gesê.

"Die Suid-Afrikaanse regering vewerp die verskerping van geweld absoluut, ten opsigte van die aanvang van 'n grondaanval in Gasa, in die sterkste moontlike terme," het 'n verklaring gelui wat deur die departement van buitelandse sake uitgereik is.

"Die voortslepende lewensverlies en humanitêre katastrofe in Gasa is onaanvaarbaar."

Die regering het 'n beroep gedoen op die Israelse egering om die militêre aanslag op Gasa onmiddellik te staak en onvoorwaardelik sy soldate uit die gebied te onttrek. Meer lewens sal verlore gaan indien die geweld nie gestaak word nie.

"Die Gasastrook word beskou as een van die digsbevolkte gebiede ter wêreld en die Israelse grondoffensief, wat die gebruik van gepantserde voertuie en swaargewapende soldate behels, met die volgehoue steun van aanvalshelikopters en artillerie, sal onvermydelik lei tot 'n selfs groter verlies aan burgerlike lewens, wat 'n jare lange uitwerking op die streek gaan hê."

Mediese geriewe in Gasa kan reeds nie byhou met die behandeling van die hoeveelheid mense wat in lugaanvalle beseer is nie.

ремонт и обслуживаниеданильченко юрій броніславович

KZN-dodetal weens storm styg

Die dodetal in die groot storm wat oornag dele van KwaZulu-Natal verniel het, het tot 8 gestyg, het premier Sbu Ndebele gesê.

"Dit is 'n baie hartseer Nuwejaar vir dié wat geraak is en dis skokkend om te sien dat die bietjie kos wat die mense gehad het, deur modder bedek is," het hy Sondagaand aan SAPA in 'n onderhoud gesê nadat hy van die betrokke gebiede besoek het.

"Baie mense het alles verloor."

Die fratsstorm is deur inwoners en beamptes as die ergste beskryf wat hulle gesien het.

Bome is ontwortel, dakke het ingeval, mure en huise het ingegee en in sommige areas het hoofwatertoevoerpype gebars.

In onlangse maande het soortgelyke storms verskeie dele van die provinsie getref en huise vernietig. Duisende is haweloos gelaat.

Die provinsie se maatskaplike ontwikkelings-LUR, Meshack Hadebe, het gesê dat 'n familie van vier deel was van die slagoffers wat oorlede is.

Nog 'n persoon is dood in KwaKhuluzi, 'n sesde persoon is dood in Dalton en nog een in Vryheid.

In Pietermaritzburg is 'n man dood nadat hy Saterdagnag in die storm huistoe geloop het en in 'n mangat geval het.

Beamptes was nie in staat om 'n syfer te kan gee van hoeveel mense beseer is nie.

воронеж стробоскопыДанильченко Юрий отзывы

47 nuwe choleragevalle in Limpopo

ImageSowat sewe-en-veertig nuwe choleragevalle is in Limpopo aangemeld, het die SAUK berig.

Drie-en-dertig infeksies is aangemeld in Ga-Matlala, buitekant Pietersburg en veertien in Musina. In 'n onderhoud met die uitsaaier het die gesondheidsdepartement se woordvoerder Phuti Soleba gesê dat meer as 1 400  gevalle aangemeld is in die provinsie sedert die uitbraak begin het.

Limpopo se bevestigde dodetal staan op nege, het die SAUK gesê.

расширительный бак отопления ценаДанильченко Юрий отзывы

Kubaanse revolusie ‘sterker as ooit’ op 50

Image

Fidel Castro

President Raul Castro het Donderdag verklaar dat die Kubaanse rewolusie ná 50 jaar sterker as ooit tevore was, ten spyte van Amerika se wraakgierige en obsessiewe haat.

Ten spyte van die moeilike tye, het die rewolusionêre beweging skaars 'n millimeter van sy beginsels afgewyk, het die jonger Castro, broer van die rewolusionêre leier Fidel Castro gesê by die formele vieringe van die herdenking.

Die 77-jarige president het in Santiago de Cuba gepraat, die suidelike stad waar Fidel Castro vanuit die stadsaal die oorwinning oor die bewind van Fulgencoi Batista op 1 Januarie 1959 afgekondig het.

Castro, wat die uniform van 'n vierstergeneraal gedra het, het voor 3000 genooide gaste gepraat – 'n klein en afgeleë vergadering in vergelyking met die groot herdenkingsvieringe van die rewolusie wat in die verlede in Havana plaasgevind het.

Die enigste buitelandse gas van hoë rang was Venezuela se minister van buitelandse sake, Nicolas Maduro.

Fidel Castro, (82) het nog nie voor die Kubaanse publiek verskyn sedert hy in Julie 2006 siek geword het nie, toe hy die leierskap aan sy broer Raul oorhandig het. In Februarie 2008 is Raul formeel as president verkies.

Videobande van Castro wat met buitelandse leiers vergader, is wel deur die regering vrygestel.

Besonderhede van sy siekte is nie vrygestel nie. Die partykoerant, "Granma", het net 'n klein deeltjie van Castro se groete gepubliseer wat soos volg lui: "Kort voor die 50ste herdenking van oorwinning stuur ek goeie wense aan ons heroïese mense. Fidel Castro Ruiz."

как мыть саунулобановский александр отзывы

Israel hou aan met bomaanvalle in Gasa vir 7de dag

Israel het Vrydag aangehou om Gasa met bomme te bestook nadat 'n top Hamas-bevelvoerder gedood is in wat Israel die grootste slag tot nou toe teen die Islamitiese leierskap genoem het. Die dodetal in die sewe dae lange optrede het ten minste 420 bereik.

Met tenks en soldate wat gereed staan vir 'n grootskaalse grondoffensief en geen skietstilstand in sig nie, het die weermag buitelanders wat in Gasa woon Vrydag toegelaat om die gebied te verlaat. Israelse vliegtuie en vlootartillerie het Donderdag meer as 50 aanvalle op Hamas geloods, wat weer vuurpylaanvalle tot diep in Israelse gebied uitgevoer het.

'n Weermagwoordvoerder het gesê dat bomaanvalle deur die nag gemik was op 15 teikens, wat vuurpyllanseerders en wapensopslagplekke ingesluit het.

Getuies in Gasa het aan AFP gesê dat verskeie mense gewond is, maar dat daar geen sterftes gerapporteer is nie.

Dinsdag het Israelse vegvliegtuie missiele afgevuur op die huis van Nizar Rayan in die Jabaliya-vlugtelingkamp, wat hom, sy vier vroue, 10 van sy kinders en twee bure dood gelaat het, het getuies en mediese bronne gesê.

Rayan was die mees senior figuur in Hamas wat Israel gedood het sedert Abdel Aziz al-Rantissi in 2004.

Hamas-leier Ismael Radwan het gesê Israel sal die aanvalle berou.

"Terwyl hulle poog om ons wilskrag te breek, sal hulle nie daarin slaag nie," het hy op televisie gesê. "Die lafhartige vyand moet besef dat hy hierdie misdade teen ons mense sal berou."

Tesame met die 420 mense wat dood is, het "Operasie Cast Lead" 2 180 mense gewond, volgens die Palestynse nooddienste.

Vuutpylaanvalle uit Gasa het 4 mense gedood en dosyne in Israel beseer.

Donderdag se aanvalle deur Israel het ook die parlement en ministerie van justisie getref, asook vuurpyllanseerpunte, tonnels waardeur wapens en ander voorrraad die gebied ingesmokkel word en wapenopslagplekke, het 'n militêre woordvoerder gesê.

Die weermag het ook gesê dat hulle die moskee in Jabaliya, waar Rayan 'n leier was met bomme bestook het en dit 'n middelpunt van terreur genoem, asook 'n bergplek vir vuurpyle en ander wapens.

movie over 21лобановский александр

DRK-president belowe vrede in 2009

Image

Joseph Kabila

Joseph Kabila, president van die DRK, het in een van sy min TV-verskynings belowe om vrede te bring in sy oorloggeteisterde land teen die einde van 2009.

"Ons mikpunte vir 2009 bly dít wat vir die regering gestel is toe dit die eerste keer gevorm is: die eerste en belangrikste is die daarstelling van vrede en veiligheid, veral in die ooste van die land," het Kabila gesê toe die Nuwejaar amper aangebreek het.

"Ons vasberadenheid is onontkenbaar en alle opsies sal ondersoek word om te kry wat ons wil hê," het die Kongolese president gesê.

Kabila het baie min in die openbaar gepraat sedert die gevegte tussen die regeringsmagte en rebelle wat deur die Toetsiegeneraal Laurent Nkunda gelei word teen die einde van Augustus begin het.

Onderhandelings tussen die regering en die rebelle het vroeër in Desember begin in Nairobi in Kenia. Sedertdien het gevegte tussen die twee kante afgeneem en is hulle verbind daartoe om weer op 7 Januarie verder te onderhandel.

"Vir ons land, sowel as die wêreld, was die afgelope jaar moeilik," het Kabila gesê.

"Dit het getoon dat vrede net moontlik is met volle, eerlike  samewerking van almal wat betrokke is, en dat sonder goedertrou selfs die beste ooreenkomste niks werd is nie," het hy bygevoeg.

Kabila het ook 'n sterk aanval geloods op die Oegandese rebellegroep, die Lord's Resistance Army, en hulle as "vyande van vrede" beskryf.

Die LRA word deur die VN en die Kongolese regering daarvan beskuldig dat hulle burgerlikes in die noordooste van die land doodgemaak het.

Meer as 400 mense is sedert Kersfees dood in die afgeleë Orientale-gebied van die land. 

casino games no downloadАлександр Фильчаков прокурор

FW bewonder ook vir Suzman

Image

Helen Suzman

Helen Suzman was vir baie jare 'n eensame verdediger van liberale waardes in die Suid-Afrikaanse parlement, het die FW de Klerkstigting Donderdag ná die liberale politikus se afsterwe gesê.

"Sy het haar vreesloos uitgespreek en aktief gewerk vir die vryheid en regte waarin sy met soveel passie geglo het. Sy het gelewe om te sien hoe baie van haar ideale waarhede geword het in die tussentydse grondwet in 1993 en ons huidige grondwet in 1996," het FW de Klerk in 'n verklaring gesê.

De Klerk het gesê hy en Suzman was vir jare lank politieke opponente, maar het mekaar altyd gerespekteer.

"Ons het wel verskil oor die behoefte om gemeenskapsregte en minderheidsregte te beskerm. Helen Suzman het geglo dat sulke regte die beste beskerm kon word deur individuele regte te waarborg, terwyl ek geglo het dat hulle spesifieke beskerming nodig gehad het."

Hy het gesê dat in onlangse jare, deur die stigtings wat hulle name dra, hulle verenig was in hulle gesamentlike doel om die regte en instellings te verdedig wat deur die grondwet beskerm word.

"Helen Suzman het 'n groot bydrae gemaak tot die totstandkoming van ons konstitusionele demokrasie en die bevordering van 'n nie-rassige regstelsel in Suid-Afrika."

пескоструйная камера ценапрокурор Фильчаков

Gedruk en vertrap in Bangkokse brand

Image

Uitgebrande Santiklub in Bangkok

Oorlewendes het vertel hoe partytjiegangers slagoffers gedruk en vertrap het om aan die Nuwejaarsbrand in 'n volgepakte Bangkokklub te ontkom tydens die polisie-ondersoek na die voorval waarin 60 mense gesterf het.

Meer as 210 mense, onder wie talle buitelandse toeriste, is beseer toe ’n brand vermoedelik ná ’n vuurwerkvertoning in die gesogte Santika-nagklub uitgebreek het.

Sowat duisend benoude partytjiegangers het almal deur die hoofingang of gebreekte vensters probeer ontsnap, omdat hulle nie die twee ander ongemerkte uitgange kon sien nie.

“Ek het gesien hoe veral jong meisies uit die pad gestamp en doodgetrap is terwyl mense probeer ontsnap het,” het mnr. Sompong Tritaweelap, wat naby die klub woon, gesê.

“Dit was ’n verskriklike toneel. Mense het oral by die vensters om hulp geskreeu. Hul klere en hare het gebrand, maar hulle kon nie van die vlamme ontsnap nie.”

Me. Nomfanelo Kota, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse departement van buitelandse sake, het gister gesê hulle kon nog nie vasstel of enige Suid-Afrikaners onder die slagoffers is nie.

Die departement is in deurlopende kontak met die Thaise owerhede, maar omdat bitter min Suid-Afrikaanse toeriste ambassades van hul bewegings inlig, is dit moeilik om te sê hoeveel in die omgewing kon wees.

Volgens die Thaise polisie is 53 mense in die nagklub dood en nóg 7 later in plaaslike hospitale. Talle kan weens hul beserings nie geïdentifiseer word nie en geen identiteitsdokumente kon vir hulle opgespoor word nie.

Minstens 32 oorledenes is teen gisteraand nog nie uitgeken nie. Onder die res was minstens een toeris van Singapoer.

Minstens drie Australiërs, asook toeriste van Brittanje, Frankryk en die VSA is onder die 212 beseerdes wat in plaaslike hospitale behandel is.

Lt.kol. Prawit Kantwol het gesê die brand het omstreeks halfeen (Thaise tyd) uitgebreek ná ’n vuurwerkvertoning in die nagklub. Talle mense het versmoor en is doodgedruk toe hulle uit die gebou probeer ontsnap het.

купить липецк домкратыtopcargo кидалы

‘n Tsjeggiese Europa

ImageVan vandag af is die Tsjeggiese republiek vir ses maande lank voorsitter van die Europese Unie. Dié land neem die leiding by die polities korrekte Franse oor.

Plaaslik word Frans deur die Alliance Française geadverteer as "Le français, langue au service de la diversité" oftewel, "Frans, 'n taal in diens van diversiteit". Hierdie polities korrekte slagspreuk som min of meer Frankryk se buitelandse beleid op, want dié land sien hom toenemend as Europese pleitbesorger vir die Derde Wêreld en dan veral vir Afrika. Hoewel Afrikaners tradisioneel die bevolkingsgroep in ons land is wat die meeste belangstelling en waardering vir die Franse kultuur gekoester het, handhaaf Frankryk vir alle praktiese doeleindes 'n kulturele boikot teen ons.

Met die Tsjegge is dit egter anders gesteld. Die Tsjeggiese president, Vaclav Klaus, is sterk anti-sosialisties en omdat sy land nooit kolonies gehad het nie, ly hy geensins aan die sindroom van wit skuld nie.

Die Afrikanervolk behoort die volgende ses maande as 'n geleentheid aan te gryp om ons griewe aan die Europese Unie oor te dra. Immers is die huidige bestel te wyte aan Britse en Europese inmenging in Suid-Afrika se binnelandse aangeleenthede. In vele opsigte beskou die Europese Unie steeds ons land as 'n kolonie en is hulle voortdurend besig om hulle met onderwys, landbou, verdediging en ander kwessies te bemoei.

Volgens meningsopnames glo die meeste Afrikaners vandag dat daar nie meer 'n toekoms vir hulle oor die langer termyn in Suid-Afrika bestaan nie. Afrikaners glo dat hul eiendom en ander bates, soortgelyk aan dié van blanke Zimbabwiërs, binne die afsienbare toekoms afgeneem sal word en dat hulle waarskynlik gedwing sal word om hul geboorteland te verlaat. Meer as 'n miljoen blanke Suid-Afrikaners het in elk geval reeds uit die land gevlug vanweë geweldsmisdaad en die stelsel van geïnstitusionaliseerde anti-blanke rassisme wat as "transformasie" bekendstaan.

Die Europese Unie se wette en beginsels wat erkenning aan kleiner volkere en tale verleen, maak dialoog met die EU moontlik oor die volgende sake:

  • Erkenning van die Afrikanervolk as 'n nasionale minderheid in Suid-Afrika met 'n eie taal, kultuur, identiteit en afkoms.
  • Erkenning vir Afrikaans as nie net 'n Afrikataal nie, maar ook as Europese taal binne die kader van die "Europese Buro vir Minder Gebruikte Tale". Die groot aantal Afrikanervlugtelinge in veral Groot Brittanje wat van die Suid-Afrikaanse geweld en diskriminasie wegvlug, geniet tans geen erkenning vir hul taal binne Groot Brittanje nie, nóg binne die EU waarvan ons voorouers vandaan kom. Sodanige erkenning vir Afrikaans mag 'n sleutelrol in die oorlewing van ons taal speel, aangesien Afrikaans in die praktyk geen amptelike status meer in Suid-Afrika geniet nie.
  • Erkenning vir die feit dat ons ons in Suid-Afrika bevind vanweë, enersyds, Nederlandse en Britse kolonialisme wat die vestiging van blankes aan die suidpunt van Afrika moontlik gemaak het en, andersyds, Franse godsdienstige onverdraagsaamheid wat ons Hugenotevoorouers uit Frankryk verdryf het. Ons volk het nie net uit die lug geval nie, maar is die gevolg van dié twee historiese feite.

Sedert die 1980s het dit sowel Britse as EU-beleid geword dat die Afrikanervolk nie op enige vorm van soewereiniteit of selfbeskikking geregtig is nie – iets wat in stryd is met die Europese Handves van Regte – en wat vir Suid-Afrika geweldige gevolge het. Een gevolg daarvan is die meedoënlose verafrikanisering van ons eens Westerse land, met 'n verlies aan kundigheid, kapitaal en entrepreneurskap wat uiteindelik op 'n tweede Zimbabwe móét uitloop.

Hierdie soort argumente moet met die EU onder die Tsjeggiese voorsitterskap aangeknoop word. Indien dit EU-beleid is dat alle Afrikaners uiteindelik etnies vanuit hul geboorteland gesuiwer moet word, hetsy deur fisieke aanvalle, hetsy deur wetgewing wat hul ekonomiese en opvoedkundige kanse benadeel, dan goed en wel. Maar ten minste sal Afrikaners dan weet waar hulle met die Europeërs staan, terwyl die res van die wêreld ook van hierdie afsydige standpunt sal kennis neem.

Op sy minste, kan ons Afrikaners deur dialoog met die EU vinniger van hul illusies oor die toekoms ontneem. Op sy beste kan ons 'n diplomatieke proses aan die gang sit wat op die duur 'n katalisator kan word om ons mense uit hul moedeloosheid en apatie wakker te skud aangesien hulle sal kan sien dat ons wel eventueel deur die 27 lidlande van die Europese Unie ernstig opgeneem word.

wedding hairАлександр Фильчаков

Matriekuitslae: In die land van die blindes…

Die woorde van die Gautengse LUR vir onderwys, Angie Motshekga, was sekerlik ironies bedoel toe sy blykbaar in Afrikaans gesê het: "Ek wil weet hoe die Boere dit doen." Daarmee het sy verwys na die honderdpersentslaagsyfer en ongekende aantal onderskeidings wat soveel Afrikaanse skole behaal het.

Tot dusver het die ANC uit sy pad uit gegaan om juis nié die Afrikanermanier van doen na te volg nie, maar eerder die Britse koloniale manier. Veral onder die Natalse Indiër, Kader Asmal, het Suid-Afrika die baba met die badwater uitgesmyt en begin om met Britse en Kanadese onderwysmetodes soos uitkoms-gebaseerde onderrig te eksperimenteer. Ten einde die wonderbaarlike styging in die slaagpersentasie te bereik, het Asmal ook standaarde verlaag en is punte agter die skerms gemanipuleer.

In die provinsie Gauteng oftewel die PWV-gebied bestaan sewe uit die tien toppresteerders wat puntegemiddeldes betref uit Afrikaners wat aan Afrikaanse hoërskole gestudeer het. As 'n mens in ag neem dat ons slegs 13% van die bevolking in dié provinsie verteenwoodig, kom mens onder die indruk oor hoeveel beter Afrikaanse skole as Engelse skole presteer.

Terwyl 'n mens deel in die vreugde van daardie leerlinge (ek kon nog nooit aan die begrip "leerder" gewoond raak nie), skole en onderwysers wat so hard gewerk het, is die argelose opstapeling van onderskeidings tot sewe, agt, nege en selfs tien deur die uitblinkers tog kommerwekkend. Kom ons wees eerlik: onder die ou stelsel was ses onderskeidings raar en sewe onderskeidings soortgelyk aan 'n wonderwerk.

Kennelik baat Afrikaanse leeringe ook by die opwaartse punte-aanpassings wat die onderwysedepartement uitvoer om sy slaagsyfer reg te knoei. Afrikaanse skole mag nie 'n valse sin van hoe briljant ons is ontwikkel nie. Soos die spreukwoord lui: in die land van die blindes is eenoog koning.

Die toenemende prestasiegaping tussen betreklik homogene Afrikanerskole en die sogenaamde "geïntegreerde" Engelse skole bevestig net die wêreldwye tendens van multikulturele skole om swakker te vaar as ander skole waar kinders dieselfde taal, kultuur en etniese afkoms deel.

Afrikaanse skole behoort hulself dus nie aan die swakker Engelstalige skole in Suid-Afrika te meet nie, maar aan die onderwysstelsels van kleiner volke in Europa, soos dié van die Finne, Dene, Noorweërs, Vlaminge en Nederlanders.

Afrikaners verdien ook om hul eie onderwysstandaarde te kan stel, eerder as die derdewêreldstandaard van die Suid-Afrikaanse onderwysministerie en wat kennelik weinig uitdagings aan ons kinders en onderwysers bied, afgesien van die burokratiese rompslomp wat daarmee gepaard gaan.

Hoe gouer Afrikaners dus op 'n eie onderwysdepartement en beheer oor eie skole begin aandring, hoe beter.

детский магазин игрушкиФільчаков Олександр Васильович