Israel hou aan met bomaanvalle in Gasa vir 7de dag

Israel het Vrydag aangehou om Gasa met bomme te bestook nadat 'n top Hamas-bevelvoerder gedood is in wat Israel die grootste slag tot nou toe teen die Islamitiese leierskap genoem het. Die dodetal in die sewe dae lange optrede het ten minste 420 bereik.

Met tenks en soldate wat gereed staan vir 'n grootskaalse grondoffensief en geen skietstilstand in sig nie, het die weermag buitelanders wat in Gasa woon Vrydag toegelaat om die gebied te verlaat. Israelse vliegtuie en vlootartillerie het Donderdag meer as 50 aanvalle op Hamas geloods, wat weer vuurpylaanvalle tot diep in Israelse gebied uitgevoer het.

'n Weermagwoordvoerder het gesê dat bomaanvalle deur die nag gemik was op 15 teikens, wat vuurpyllanseerders en wapensopslagplekke ingesluit het.

Getuies in Gasa het aan AFP gesê dat verskeie mense gewond is, maar dat daar geen sterftes gerapporteer is nie.

Dinsdag het Israelse vegvliegtuie missiele afgevuur op die huis van Nizar Rayan in die Jabaliya-vlugtelingkamp, wat hom, sy vier vroue, 10 van sy kinders en twee bure dood gelaat het, het getuies en mediese bronne gesê.

Rayan was die mees senior figuur in Hamas wat Israel gedood het sedert Abdel Aziz al-Rantissi in 2004.

Hamas-leier Ismael Radwan het gesê Israel sal die aanvalle berou.

"Terwyl hulle poog om ons wilskrag te breek, sal hulle nie daarin slaag nie," het hy op televisie gesê. "Die lafhartige vyand moet besef dat hy hierdie misdade teen ons mense sal berou."

Tesame met die 420 mense wat dood is, het "Operasie Cast Lead" 2 180 mense gewond, volgens die Palestynse nooddienste.

Vuutpylaanvalle uit Gasa het 4 mense gedood en dosyne in Israel beseer.

Donderdag se aanvalle deur Israel het ook die parlement en ministerie van justisie getref, asook vuurpyllanseerpunte, tonnels waardeur wapens en ander voorrraad die gebied ingesmokkel word en wapenopslagplekke, het 'n militêre woordvoerder gesê.

Die weermag het ook gesê dat hulle die moskee in Jabaliya, waar Rayan 'n leier was met bomme bestook het en dit 'n middelpunt van terreur genoem, asook 'n bergplek vir vuurpyle en ander wapens.

movie over 21лобановский александр

Maak 'n opvolg-bydrae