DRK-president belowe vrede in 2009

Image

Joseph Kabila

Joseph Kabila, president van die DRK, het in een van sy min TV-verskynings belowe om vrede te bring in sy oorloggeteisterde land teen die einde van 2009.

"Ons mikpunte vir 2009 bly dít wat vir die regering gestel is toe dit die eerste keer gevorm is: die eerste en belangrikste is die daarstelling van vrede en veiligheid, veral in die ooste van die land," het Kabila gesê toe die Nuwejaar amper aangebreek het.

"Ons vasberadenheid is onontkenbaar en alle opsies sal ondersoek word om te kry wat ons wil hê," het die Kongolese president gesê.

Kabila het baie min in die openbaar gepraat sedert die gevegte tussen die regeringsmagte en rebelle wat deur die Toetsiegeneraal Laurent Nkunda gelei word teen die einde van Augustus begin het.

Onderhandelings tussen die regering en die rebelle het vroeër in Desember begin in Nairobi in Kenia. Sedertdien het gevegte tussen die twee kante afgeneem en is hulle verbind daartoe om weer op 7 Januarie verder te onderhandel.

"Vir ons land, sowel as die wêreld, was die afgelope jaar moeilik," het Kabila gesê.

"Dit het getoon dat vrede net moontlik is met volle, eerlike  samewerking van almal wat betrokke is, en dat sonder goedertrou selfs die beste ooreenkomste niks werd is nie," het hy bygevoeg.

Kabila het ook 'n sterk aanval geloods op die Oegandese rebellegroep, die Lord's Resistance Army, en hulle as "vyande van vrede" beskryf.

Die LRA word deur die VN en die Kongolese regering daarvan beskuldig dat hulle burgerlikes in die noordooste van die land doodgemaak het.

Meer as 400 mense is sedert Kersfees dood in die afgeleë Orientale-gebied van die land. 

casino games no downloadАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae