Kubaanse revolusie ‘sterker as ooit’ op 50

Image

Fidel Castro

President Raul Castro het Donderdag verklaar dat die Kubaanse rewolusie ná 50 jaar sterker as ooit tevore was, ten spyte van Amerika se wraakgierige en obsessiewe haat.

Ten spyte van die moeilike tye, het die rewolusionêre beweging skaars 'n millimeter van sy beginsels afgewyk, het die jonger Castro, broer van die rewolusionêre leier Fidel Castro gesê by die formele vieringe van die herdenking.

Die 77-jarige president het in Santiago de Cuba gepraat, die suidelike stad waar Fidel Castro vanuit die stadsaal die oorwinning oor die bewind van Fulgencoi Batista op 1 Januarie 1959 afgekondig het.

Castro, wat die uniform van 'n vierstergeneraal gedra het, het voor 3000 genooide gaste gepraat – 'n klein en afgeleë vergadering in vergelyking met die groot herdenkingsvieringe van die rewolusie wat in die verlede in Havana plaasgevind het.

Die enigste buitelandse gas van hoë rang was Venezuela se minister van buitelandse sake, Nicolas Maduro.

Fidel Castro, (82) het nog nie voor die Kubaanse publiek verskyn sedert hy in Julie 2006 siek geword het nie, toe hy die leierskap aan sy broer Raul oorhandig het. In Februarie 2008 is Raul formeel as president verkies.

Videobande van Castro wat met buitelandse leiers vergader, is wel deur die regering vrygestel.

Besonderhede van sy siekte is nie vrygestel nie. Die partykoerant, "Granma", het net 'n klein deeltjie van Castro se groete gepubliseer wat soos volg lui: "Kort voor die 50ste herdenking van oorwinning stuur ek goeie wense aan ons heroïese mense. Fidel Castro Ruiz."

как мыть саунулобановский александр отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae