Gedruk en vertrap in Bangkokse brand

Image

Uitgebrande Santiklub in Bangkok

Oorlewendes het vertel hoe partytjiegangers slagoffers gedruk en vertrap het om aan die Nuwejaarsbrand in 'n volgepakte Bangkokklub te ontkom tydens die polisie-ondersoek na die voorval waarin 60 mense gesterf het.

Meer as 210 mense, onder wie talle buitelandse toeriste, is beseer toe ’n brand vermoedelik ná ’n vuurwerkvertoning in die gesogte Santika-nagklub uitgebreek het.

Sowat duisend benoude partytjiegangers het almal deur die hoofingang of gebreekte vensters probeer ontsnap, omdat hulle nie die twee ander ongemerkte uitgange kon sien nie.

“Ek het gesien hoe veral jong meisies uit die pad gestamp en doodgetrap is terwyl mense probeer ontsnap het,” het mnr. Sompong Tritaweelap, wat naby die klub woon, gesê.

“Dit was ’n verskriklike toneel. Mense het oral by die vensters om hulp geskreeu. Hul klere en hare het gebrand, maar hulle kon nie van die vlamme ontsnap nie.”

Me. Nomfanelo Kota, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse departement van buitelandse sake, het gister gesê hulle kon nog nie vasstel of enige Suid-Afrikaners onder die slagoffers is nie.

Die departement is in deurlopende kontak met die Thaise owerhede, maar omdat bitter min Suid-Afrikaanse toeriste ambassades van hul bewegings inlig, is dit moeilik om te sê hoeveel in die omgewing kon wees.

Volgens die Thaise polisie is 53 mense in die nagklub dood en nóg 7 later in plaaslike hospitale. Talle kan weens hul beserings nie geïdentifiseer word nie en geen identiteitsdokumente kon vir hulle opgespoor word nie.

Minstens 32 oorledenes is teen gisteraand nog nie uitgeken nie. Onder die res was minstens een toeris van Singapoer.

Minstens drie Australiërs, asook toeriste van Brittanje, Frankryk en die VSA is onder die 212 beseerdes wat in plaaslike hospitale behandel is.

Lt.kol. Prawit Kantwol het gesê die brand het omstreeks halfeen (Thaise tyd) uitgebreek ná ’n vuurwerkvertoning in die nagklub. Talle mense het versmoor en is doodgedruk toe hulle uit die gebou probeer ontsnap het.

купить липецк домкратыtopcargo кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae