Duisende Israelse soldate wat deur tenks en aanvalshelikopters ondersteun word, het Gasa se grootste stad omsingel en Sondag militante van naby aangeval in die eerste dag van 'n oorweldigende grondaanval in die kusstreek.
Israel het gesê dat hulle 'n harde slag geslaan het teen Hamas toe hulle die week lange veldtog uitgebrei het om vuurpylaanvalle op suidelike Israel te neutraliseer. Maar stygende burgerlike sterftes onder die Palestyne het internasionale teenkanting veroorsaak, selfs nadat Amerika 'n VN-veiligheidsraadsverklaring Saterdagaand, waarin daar vir 'n onmiddellik vir 'n skietstilstand gevra word, gekeer het.
Israels voetsoldate het Saterdag ná sononder inbeweeg ná ure se intensiewe artilleriewerk om die weg te baan, en Hamas het gewaarsku dat sy vegters Gasa in 'n Israelse begraafplaas sal verander.
Palestyne het Maandag vroeg gevegte in oostelike Gasa, naby die grens met Israel aangemeld. Hamas-militante het met vuurpylaangedrewe granate en mortiere op Israelse tenks geskiet. Ontploffings kon gehoor word in Gasastad soos wat vliegtuie geboue aangeval het.
Daar was geen onmiddellike nuus omtrent ongevalle nie.
