Nico Smith se pleidooi vir die herinstelling van apartheid

Image

Lees ook: Stuur ons af op 'n blanke volksmoord? deur Dan Roodt en Media24-meningsvormer pleit vir Afrikaner-selfmoord deur Pieter Oosthuizen.

Ouddominee Nico Smith meen dat blankes gedienstig en gedweë moet wees. Volgens ds Smith moet ons vir lief neem daarmee dat daar teen ons gediskrimineer word met rassistiese wetgewing en dat derduisende van ons vermoor, verkrag of aangeval word. So nie, waarsku ds Smith, wag daar moontlik ‘n volksmoord op ons. Blankes sal volgens hom soos vasgekeerde rotte uitgemoor word.

Eerstens moet mens dié storie vat van wie dit kom. Ds Smith is eerstens ‘n oud-Broeder. Is dit nie telkens die geval dat mens die merk van die Broederbond op baie dinge wat skeefloop, kan bespeur nie? Smith is destyds uit die Broederbond geskors nádat hy gehuil het van blydskap oor sy beroeping na Mamelodi, maar gegewe die verraad wat die Broeders sedertdien teen Afrikaners gepleeg het, sou Smith seker deesdae vir ‘n medalje by die Broeders gekwalifiseer het.

Siende dat Smith oorstelp was van vreugde om tussen swartmense in Mamelodi te gaan woon, is dit geen geheim waar sy simpatie lê nie. Smith sien Afrikaners en ons arrogante klagtes oor derduisende moorde, plaasaanvalle en regstellende aksie as die probleem.

Op sigself is dit ‘n interessante siening, gegewe dat Smith van alle mense ‘n voorstaander van integrasie sal wees. Wat hy nie sê nie, maar wat hy per implikasie erken, is dat integrasie eenvoudig nie werk nie. Dit is nie net moeitevol en duur nie, dit lei ook tot rassekonflik. In Smith se eie woorde loop blankes die risiko om soos die Franse in Algerië uitgemoor en verdryf te word, omdat ons weier om te integreer.

Goed, kom ons aanvaar Smith se siening vir die doeleindes hiervan as ‘n akkurate weerspieëling van Suid-Afrika se problematiek. Dis die ondankbare blankes se skuld. Ons moet bly wees dat slegs sommiges van ons vermoor, verkrag en aangeval word. Ons moet dankbaar wees wanneer ons ons werk verloor, want dis ‘n voorreg om plek te maak vir daardie bekwame regstellende-aksiekandidate.

Omdat blankes so ondankbaar is, omdat ons swartmense so in die gesig vat met ons houding, is die voor-die-hand-liggende oplossing om ons en hulle te skei, nie waar nie? Hou ons om hemelsnaam net weg van hulle, voor ons hulle te erg beledig en hulle ons op groot skaal uitwis. Die kitsoplossing vir hierdie probleem is uiteraard iets soos ‘n volkstaat of die Groepsgebiedewet. Om konflik te vermy, sien?

Dis te veel gevra vir ‘n ekstreem-linkse oud-Broeder om die enorme ironie in sy sienswyses in te sien, maar waarop ds Smith se pleidooi neerkom, is sowel ‘n bekentenis dat integrasie en die reënboognasie fundamenteel gedoem is, as ‘n versoek om die herinstelling van apartheid of afskeiding in Suid-Afrika.

Lees Anton Barnard se woernaal, SAmizdat.

светодиодные led прожекторыФильчаков

Stuur ons af op ‘n blanke volksmoord?

Image

Vandeesweek het ds. Nico Smith, 'n soort sikofant van oorle Beyers Naudé, 'n kat in die hoenderhok gesmyt met sy stuk in Beeld waarin hy blankes tot onderdanigheid aan hul nuwe swart heersers maan. So nie, sê Smith, gaan dieselfde lot ons tref as die sowat miljoen Franse Algeryne wat almal sak en pak met net die klere aan hul lywe hul land moes verlaat toe die moederland, Frankryk, hulle in die steek gelaat het en sy militêre magte verwyder het.

Nico Smith stel dit in 'n neutedop só: "Ons het geen keuse nie as om lojale Suid-Afrikaners te word en te vergeet van ons minderheidsregte, ons taal en kultuur, ons aansprake op die beëindiging van regstellende aksie en die herinstelling van die doodstraf."

Met ander woorde, ons moet aanvaar dat ons en ons kinders en waarskynlik ons kleinkinders, vir altyd tweederangse burgers onder 'n swart regering gaan wees wat ons bloot gaan verdra na gelang van ons onderdanigheid en die "lojaliteit" wat ons jeens hom gaan betoon.

Tereg het Tim du Plessis, die redakteur van Beeld wat deesdae toenemend ontnugter met sy base by Naspers se utopiese voorstelling van "Suid-Afrika se wonderlike demokrasie" raak, 'n teenargument geopper wat ek reeds jare lank ophaal: wat het hul onderdanigheid die blankes van Zimbabwe en veral die Commercial Farmers Union gebaat? Hulle het agteroor gebuig, hulle was lojaal en inskiklik, maar op die ou end het Mugabe dit as swakheid geïnterpreteer. Hulle grond is summier onteien en van die eertydse groot blanke bevolking van etlike honderde duisende mense in die voormalige Rhodesië het daar net mooi niks oorgebly nie.

Vyftien jaar nadat die Broederbond, die Nasionale Party en veral Nasionale Pers met sterre in hul oë Afrodemokrasie verwelkom het, lyk dit asof die werklikheid soos 'n swartman met 'n AK-47 in iemand se inrypad opdoem.

Smith weet waarskynlik nie veel van die Franse geskiedenis nie, want wat hy nie noem nie, is dat die Algerynse kwessie 'n geweldige politieke twispunt in Frankryk self tussen Links en Regs ontketen het. Uiteindelik het Frankryk die "oorsese Franse" in die rug gesteek om die land self van 'n moontlike burgeroorlog te red. Die Franse Algeryne kon die militêre stryd gewen het, net soos Suid-Afrika die ANC militêr kon vernietig het indien die ou regering maar net oor die politieke wil beskik het om dit te doen. Wat het die lugmag destyds met sy 300 Mirages en uitstekend opgeleide vlieëniers verhoed om die ANC se kamp naby Lusaka met die grond gelyk te maak?

Op dieselfde manier was die Portugese in Angola besig om die militêre geveg teen die MPLA te wen toe 'n nuwe linkse en revolusionêre regering ná die sogenaamde Angelierrevolusie in Portugal aan bewind gekom het. Daardie regering het sowel Angola as Mosambiek aan die radikale, Marxistiese "bevrydingsbewegings" oorhandig, wat agterna alle blanke eiendom onteien, blanke vroue verkrag en die Portugese holderstebolder uit die land laat vlug het met dít wat hulle in hul tasse en hul motors kon laai.

Afrikaners en blankes beskik oor 'n moontlike voordeel in dié sin dat ons nie meer oor 'n moederland soos Frankryk of Portugal beskik wat ons kan verraai nie. Ook Brittanje, wat tradisioneel teen Afrikanerselfbeskikking en -vryheid gekant was en wou toesien dat ons deur die Zoeloes en Xhosas oorheers word, is besig om ekonomies en militêr te taan as gevolg van sy Noordseeolie wat opraak. Brittanje kan dus nie meer sy wil op ons afdwing soos hy in die laat tagtigerjare gedoen het toe hy die radikale ANC as enigste politieke erfgenaam vir Suid-Afrika voorgehou het nie.

Die feit dat Nico Smith nou die moontlikheid van blanke vlugtelinge wat met net die klere aan hul lywe die land sal moet verlaat aan ons voorhou – en dit nogal in Beeld – wil vir ons sê dat die aftakelingsproses eintlik al ver gevorder is. Wat Nico Smith aan ons oordra, is: julle het nie meer enige regte nie, die grondwet was 'n foefie van De Klerk en kie. om julle te kry om van die weermag afstand te doen en nou is julle magtelose vlugtelinge in jul eie land. Aanvaar dit en wees onderdanig. Eintlik is julle slawe van die swart regime en te onnosel om dit in te sien; vandaar julle gemor oor minderheidsregte, die afskaffing van regstellende aksie en meer staatsbeskerming teen geweldsmisdaad.

Charles Nqakula, die vorige minister van veiligheid en sekuriteit, het dit al voorheen kliphard in die parlement gesê: "Verlaat die land as jy oor misdaad wil kla!"

Ná die Brandon-Huntley-geval in Kanada het blanke volksmoord egter skielik baie aktueel geraak. Indien 'n Westerse regering – en dit nogal in 'n liberale land soos Kanada – die gedagte van blankes wat deur swartes op grond van hul ras vervolg word, ernstig opneem, dan prikkel dit nogal die verbeelding.

Selfs Thabo Mbeki, Meneer Swartnasionalisme self, het nou die dag die V-woord gebruik toe hy gesê het dat die huidige rasgeoriënteerde denke van die ANC op volksmoord mag uitloop. Allerlei webwerwe waarin blanke, Afrikaner- en Boerevolksmoord bekla word, skiet by die dag soos paddastoele op, wat vir ons aandui dat die temperatuur in die land besig is om te styg.

Mense soos Nico Smith en Julius Malema is eintlik vir ons 'n aanwins, want hulle praat reguit. Oor die afgelope anderhalf dekade en meer is ons so bewierook met Amerikaanse en Britse begrippe van rasseharmonie, multikulturalisme en natuurlik Tutu se "reënboognasie" wat hy net so by Jesse Jackson geplagiariseer het, dat baie van ons mense hulself steeds in 'n gekkeparadys bevind. Hulle dink dat Suid-Afrika skielik 'n Skandinawiese land geword het, 'n eksperiment in menseregte en verdraagsaamheid, terwyl niks eintlik hier verander het van die dae toe Piet Retief en sy manne doodgemartel is en die Voortrekkerbabas se harsings agterna teen die wawiele uitgemoker is nie.

Die sogenaamde "debat" rondom 'n moontlike bedreiging vir blankes wat daar nou in die Nasperskoerante plaasvind – ek sien Harald Pakendorf en Max du Preez kef ook vandag halfhartig in Rapport agterna – sal binne 'n week of twee weer oorwaai. Daarna sal ons weer gebreinspoel word met al ons menseregte onder die wonderlike grondwet, wat regters Hlope en Motata dalkies vir ons gaan bewaar, en hoe dankbaar ons teenoor die grote ANC behoort te wees.

Nico Smith mag, soos Max du Preez en Christi van der Westhuizen en al die ander ekstremiste wat vandag in dié deurmekaar land as hoofstroomjoernaliste gereken word, 'n malletjie wees. Maar hy is ook nie só mal nie. Gerugte wil dit hê dat hy lankal nie meer in Mamelodi tussen sy swart lidmate woon nie, maar in Pretoria-Oos tussen blankes. Met sy een voet in die swart wêreld en die soort mentaliteit wat daar geld, wil Smith vir ons waarsku dat ons nie moet dink dat ons met ons huidige "voordele" in die vorm van ons huise, plase en ander besittings, permanent gaan wegkom nie. Een of ander tyd, as ons houtgerus en op ons swakste is, gaan die ANC eenvoudig à la Mugabe die finale bedryf in sy bevrydingsdrama aankondig en sal ons soos die Algeryne uit die land gesit word of eenvoudig op 'n groot skaal uitgewis word. Maar die paaie lughawe toe mag verstop wees en daar sal nie genoeg vliegtuie wees om 'n lugbrug vir vier miljoen blankes te verskaf nie. Vandaar dus die volksmoordscenario wat nou skielik by almal – selfs die liberales – begin spook.

Dominee Nico Smith is waarskynlik heel korrek as hy in Beeld skryf:

"Sou dit tot ’n massa-aanval op al wat wit is, oorgaan, sit die wit mense vasgekeer soos rotte in ’n val. Hulle het geen moederland wat skepe sal stuur om hulle te verwyder nie. Hulle sal ’n massaslagting moet verduur.

Maar wat dan van die leër en die polisie? Waarom sou hulle vir die wit mense ter beskerming intree as hulle 15 jaar lank nog net kritiek vanuit die wit oord moes verduur? En wat van die VSA en die Verenigde Nasies?

Of hulle ter wille van vier miljoen wit 'rassiste' hulle aansien by die hele Afrika op die spel sal wil plaas, is hoogs te betwyfel."

Ons moet onder geen illusie verkeer nie: die Britte, die Amerikaners met hul swart president, die Franse, die Duitsers, selfs die Hollanders wat nou al hoe meer na regs swenk, voel vere vir ons. Hulle sal hande gevou sit indien daar hier 'n menseslagting teen blankes op die skaal van Rwanda – daardie ander "wonderwerk" uit 1994 – sou plaasvind. Al wat die Verenigde Nasies en die Veiligheidsraad sal bydra, sal 'n debat wees oor die vraag of ons dit verdien, aldan nie. Miskien sal hulle – soos in Zimbabwe – na afloop 'n paar sakke mieliemeel vir die swart armes stuur wat nou sonder hul wit boere en voedselprodusente moet klaarkom.

Maar vir ons sal hulle geen vinger verroer nie. Dis die ongelukkige – en harde – waarheid. Ons is suiwer op onsself aangewese.

Sodra 'n mens egter onder hierdie verskriklike besef kom, begin die geskiedenis baie hard met jou praat. Was ons nie nog altyd aan die genade van Afrika se oorlogsugtige stamme uitgelewer nie? Binnekort verskyn daar by PRAAG 'n heruitgawe van Paul Kruger se biografie deur D.W. Krüger. Ek hoop dat soveel as moontlik mense dit gaan lees. Want gedurende die hele negentiende eeu is ons aan die een kant deur die Britte en aan die ander kant deur Silkaats, Dingaan, Makapaan, Mosjesj en allerlei moorddadige swart leiers en hul volgelinge geteister. Gewoonlik het die Britte ook swartes teen ons opgesteek en terseldertyd enige kruitinvoere deur Boere via hul hawens in Natal en die Kaap verbied.

Hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde. Oor die afgelope 250 jaar en meer is ons lewens nog feitlik elke dag bedreig. Ons leef nog altyd onder Damokles se swaard en die feit dat ons in 1994, danksy die wonderlike insigte van mnr. De Klerk en die spul kruipers waarmee hy hom omring het, ons weermag verloor het, is 'n terugslag, maar nog nie 'n ramp nie.

Die ANC is 'n oorlogsparty. Sy hele denke, retoriek en sin vir intimidasie en geweldsdreigemente, is deurtrek van oorlogsug. Wat Nico Smith ook vir ons probeer sê, is dat indien daar ooit vrede in Suid-Afrika gaan wees – hoewel dit nooit 'n geweldlose vrede gaan wees nie – sal dit geskied op voorwaarde dat ons daagliks voor ons heersers moet neerkniel en onsself moet verneder. Immers sien hulle nie, anders as wat mnr. De Klerk en die Nasperskoerante ons wil wysmaak, 1994 as 'n "onderhandelde skikking" nie, maar as 'n verowering.

Ons is verower en die verowerde beskik oor geen regte nie, allermins die reg op eiendom, op taal en kultuur, om van gelykheid nie eens te praat nie. Dit is hoe die ANC en waarskynlik ten minste die helfte van die swartes in die land – veral dié wat steeds aan die Ooskus woon – dink.

Wat het Paul Kruger-hulle ná 1877 gedoen toe sir Theophilus Shepstone en die Britte hul land geannekseer het? Hulle het begin weier om belastings te betaal. Dit het vanself 'n plofbare situasie geskep wat op oorlog uitgeloop het.

In teenstelling met dominee Nico Smith, dink ek nie dis nou die tyd om briek aan te draai en die swartmag minder met kritiek en klagtes te irriteer nie. Dis juis nou die tyd om hulle te druk dat hulle oë traan.

Deur magte van buite, die Britte, Swede en VN met hul sanksies en aanstook van terreur in ons land – asook deur De Klerk se verskriklike kortsigtigheid – is ons in hiedie situasie gedompel. Ons het hierdie stryd en hierdie oorlog nie gekies nie; ander het dit oor ons gebring.

Ons is magteloos, maar ook nie so magteloos nie. Ons was nog altyd 'n minderheid en ons het nog nooit in ons geskiedenis – behalwe vir 'n dekade of twee toe P.W. Botha minister van verdediging en later president was – behoorlike wapens gehad nie. Nietemin het ons telkens as dit nodig was en ons in 'n hoek gedryf was, met die hulp van Bo, oorwin. Al moet ons nou soos die wiskundenavorser in die rolprent Straw Dogs met potte warm kookolie vanuit ons huise veg, veg sal ons.

Vele ANC-woordvoerders soos Mokaba of Malema het nou al soveel keer met geweld gedreig dat ek begin dink hulle bluf net. Dominee Nico Smith dink kennelik hulle is ernstig, maar of hulle bluf of gaan aanval, maak eintlik nie saak nie. Want ons situasie gaan nie verander nie.

En solank ons in hierdie situasie van magteloosheid en uitgelewerdheid verkeer, sal ons op ons hoede moet wees. Ek wil nie soos die Boeremag klink nie en assosieer my ook nie met aggressiewe en onwettige pogings om die grondwetlike orde te verander nie, maar ons moet oor 'n "gebeurlikheidsplan" beskik vir die dag as die ergste dalk wel plaasvind.

In elk geval ervaar ons tans 'n graad van geweld en rasseaanvalle wat reeds 'n volksmoord genoem kan word. Ons hanteer dit verbasend goed, maar moet besef dat dit moontlik net die begin van 'n groter offensief kan wees.

En daarvoor, in dominee Smith se gevleuelde woorde, moet ons "pas op".

play pool online free no downloadлобановский политик

ANC-haatspraak teenoor blankes wek kommer

Ek vind dit verstommend hoe openlik en met hoeveel oortuiging funksionarisse van die swart regime haat teen blankes aanblaas.

Leonard Chuene, voorsitter van Atletiek Suid-Afrika (ASA), maak ongegronde aantygings dat blanke Suid-Afrikaners vir die debakel rondom Caster Semenya se seksualiteit verantwoordelik is. Tydens die ontvangs van Semenya op die Jan Smuts-lughawe (sg. “O.R. Tambo-lughawe”) val Julius Malema, voorsitter van die ANC-jeugliga, blankes aan omdat hulle nie ook in groot getalle opgedaag het nie. Blankes word dus allerweë verdag gemaak as die vyande van Semenya en dus alle swart (sport-)helde.

Intussen dreig die sogenaamde "minister van arbeid", Membathisi Mdladlana, blankes met totale uitwissing. Die sogenaamde "arbeidsminister" dreig werkgewers om van blanke werknemers ontslae te raak, so nie sal "alle swartes" oorgaan tot rewolusie. Dit moet gelees word as Dank blankes af, of ons maak julle vrek! soos Anton Barnard skryf.

Dat blankes en Afrikaners spesifiek reeds soos vlieë uitgemoor word, in wat duidelik swart-op-wit-haatmisdaad is, is reeds ‘n kruipende genoside. Dit is die biologiese komponent van volksmoord. Terselfdertyd kom die wyse waarop ons taal uit die openbare lewe verban word, sowel as die vele ander vorme van rassistiese wetgewing, in die werksplek en elders, op niks minder as etnoside neer nie. Dit is die kultuurkomponent van volksmoord en gaan dikwels massagenoside vooraf.

Dus hang ons bestaan reeds aan ‘n dun draadjie. Chuene, Malema en Mdladlana se anti-blanke haatspraak en verdagmakery kan net vet op die vuur wees.

Die gemak en sukses waarmee die ANC duisende swartes op die ingewing van die oomblik kan mobiliseer, soos nou weer gesien is met Semenya se verwelkoming, ná haar prestasie in Berlyn, bly kommerwekkend. Sou Membathisi Mdladlana se “rewolusie” met net soveel sukses gereël kon word? Stellig reken ek: “Ja”.

Mdladlana se uitspraak dat dit die “rewolusie van alle swartes” sal wees laat my dink dat ‘n volskaalse volksmoord op Afrikaners op die hoogste vlak van die regime begeer word.

Die Suid-Afrikaanse media en veral die Afrikaanse media (Naspers/Media24) ontken die gevaar waarin ons leef. Enkele internetwebwerwe, waaronder Perspektief, PRAAG, Censorbugbear en enkele ander stel die alternatiewe mening aan die Afrikaner en blanke Suid-Afrikaner.

Dit wil voorkom asof die ANC se haatspraak jeëns blankes toeneem en selfs meer blatant raak. Mdladlana, Malema en Chuene se uitsprake herinner aan die haatspraak wat in Rwanda bedryf is tot en met die volskaalse volksmoord waartydens 1 miljoen Toetsis binne drie maande uitgemoor is.

Dit is egter die plig van diegene onder ons wat besef hoe benard die situasie is om ons volksgenote in te lig. As volk moet ons ingelig en weerbaar wees.

sponsor a postФильчаков

Mbeki se meesterplan om blankes die see in te jaag

Image

Onlangs het ek twee baie interessante gesprekke met 'n swartman gehad. Volgens hom het my boek, Scourge of the ANC, sy oë oopgemaak vir die dreigende ramp in Suid-Afrika soos wat dié beweging ons land verder en verder oor die afgrond sleep.

Maar toe vertel hy my iets wat my koue rillings gegee het: dat Thabo Mbeki reeds tien jaar gelede 'n meesterplan ontplooi het om van die blankes in Suid-Afrika ontslae te raak. Mbeki se strategie rus op twee bene: die stimulering van die plaaslike swart geboortesyfer deur kindertoelaes en die oopgooi van ons landsgrense sodat swartes vanuit die hele Afrika die oorblywende wit residensiële enklawes in die land kan oorstroom.

My swart kennis is 'n oud-PAC-man en staan dus objektief teenoor die ANC, wat hy sien as 'n party wat deur Xhosa-intellektuele oorheers word. Die interessante ding omtrent die Xhosa-intellektuele is dat hulle blykbaar meerderwaardig teenoor die res van die swartes in die land voel wat nie oor hul linkse opvoeding, wat deels deur die Kommunistiese Party en deels deur die Anglikaanse kerk voorsien is, beskik nie. Mandela, die skrywer van How to be a good communist, is 'n sprekende voorbeeld van 'n Xhosa-intellektueel, maar so ook natuurlik Mbeki.

Aan die ander kant voel die Xhosa-intellektuele minderwaardig teenoor die blankes en veral vanweë die geskiedkundige voorval toe die 11-jarige profetes, Nongkwasi, voorspel het dat die son op 18 Februarie 1857 rooi sou opkom, waarna die voorvaders die blankes in die see sou jaag. Maar eers moes die Xhosas al hul beeste doodmaak. Historici beraam dat die Xhosas op Nongkwasi se aandrang 300 000 tog 400 000 beeste van kant gemaak het.

Natuurlik is die voorspelling nooit bewaarheid nie en het die son op 18 Februarie 1857 net normaal op die horison verrys. Die gevolglike hongersnood onder die Xhosas wat hul beeste manies om die lewe gebring het, het blykbaar die Xhosa-getalle van 105 000 tot 27 000 laat afneem. Intussen het die vrugbare Xhosas uiteraard weer vermeerder van die destydse 27 000 tot die huidige 8 miljoen, geen geringe prestasie nie!

Maar die sielkundige en politieke gevolge van Nongkwasi se rampspoedige visioen is nog lank nie verby nie. Volgens my swart geesgenoot – soos wat die gesprek gevorder het, het ons allerlei raakpunte in ons denke ontdek – het die Xhosa-intellektuele almal 'n obsessie oor Nongkwasi. Die kombinasie van vernedering en mislukking wat op haar droom gevolg het, spook nog steeds by die Xhosa-leierskap, waaronder Mandela en veral Mbeki.

Image

Nongkwasi (regs) en ‘n medeprofetes, Nonkosi

Daarom het Mbeki 'n meer rasionele manier bedink om die vernedering en neerlaag van die Nongkwasi-insident te wreek. Pleks van 'n massa-offerande van beeste om die voorvaders te laat opstaan, vertrou Mbeki op die miljoene swart jeugdiges wat deur die ANC se bevolkingstimulasieprogram verwek word, asook die massa-immigrasie vanuit Afrika suid van die Sahara, om die blankes dié slag werklik vanuit die land te suiwer.

Dié tweepuntplan – die stimulering van die bevolkingsaanwas en die oopstel van ons grense – is reeds aan die gang en die Zuma-ANC gaan dit nie keer nie.

Volgens die minister van sosiale ontwikkeling, Edna Molewa, ontvang 13 miljoen inwoners van Suid-Afrika tans toelaes van die staat. Onder hulle tel 9 miljoen kinders.

Hoewel ek in The Scourge of the ANC mense attent wou maak op die implikasies van die ANC se natalistiese bevolkingsprogram, het my swart kennis my op 'n skrikwekkende aspek gewys waaraan ek self nie gedink het nie: In 'n hoë persentasie van gevalle waar om kindertoelaes aansoek gedoen word, geskied dit ná ouer swart mans skoolmeisies van jonger as sestien swanger gemaak het.

Om seksueel met iemand jonger as sestien te verkeer, is statutêre verkragting. Mbeki se plan om deur kindertoelaes die swart bevolking te stimuleer, subsidieer dus regstreeks of onregstreeks die massaverkragting van honderde duisende, indien nie miljoene, kinders onder sestien. Die babas wat so verwek word, word dikwels voortydig gebore vanweë die jeug van hul moeders. Nie net word die druk op ons reeds oorbelaaide openbare gesondheidstelsel hierdeur verhoog omdat sulke suigelinge tyd in broeikaste moet deurbring en ander vorme van spesiale behandeling moet ontvang nie, maar hulle word haglik verwaarloos. In die eerste plek is hulle liefdeloos verwerk om vir 'n toelae in aanmerking te kom. Uit die geledere van daardie nege miljoen kinders waarvan die ouers, let wel, toelaes ontvang, word die volgende geslag misdadigers wat "apartheid" en blankes vir hul toestand gaan blameer, letterlik geteel.

Image

Ceausescu en Kim Il-soeng in Noord-Korea tydens 1971

Die enigste ander voorbeeld in die onlangse geskiedenis wat met Mbeki en die ANC se geboortebeleid vergelyk kan word, is dié van die Roemeense diktator Nikolai Ceauşescu. Ceauşescu het in die sestigerjare gesinne sonder kinders swaar belas en geboortebeperking feitlik onmoontlik gemaak. Vroue met vyf kinders of meer is deur die staat met allerlei voordele beloon.

Ceauşescu is veral deur Mao se Kulturele Revolusie beïnvloed, asook die Noord-Koreaan Kim Il-soen se opvatting van "Djoesjê" wat letterlik beteken: "die mens is meester van alles is en besluit alles". Soos Mao en Kim Il-sung het Ceauşescu die "totale transformasie van die samelewing" nagestreef. Totale transformasie deur bevolkingsaanwas… klink dit dalk bekend?

Voedselskaarste en hongersnood is vir die ANC van sleutelbelang omdat dit die "nuwe geslag vryheidsvegters" wat met kindertoelaes geskep word tot misdaad en geweld sal oorhaal. Vandaar grondhervorming waarvan die doel tweeledig is: om Afrikanerboere van hul plase te verjaag en om voedselproduksie te verlaag sodat die jeugdige bevolking honger en meer aggressief kan raak. Mandela het die houding van die Xhosa-intellektuele destyds opgesom toe hy gesê het dat "diegene wat nie met die nuwe Suid-Afrika tevrede is nie maar kan emigreer".

Hy kon seker bygevoeg het: en daardie blankes en Afrikaners wat nie wil emigreer nie, sal deur ons verwekte kindersoldate doodgemaak word.

Die Xhosa-weerwraak vir Nongkwasi se fout is reeds in volle swang en dié keer gaan die blankes wel in die see gejaag word. Aldus my swart vriend.

шапочки для купания новорожденных купитьЛобановский

Franse generaal verdedig rol in volksmoord

Image

Gen. Lafourcade

Die Franse bevelvoerder van operasie Turquoise in Rwanda, generaal Jean-Claude Lafourcade, sê 15 jaar na die volksmoord aldaar, hulle het 'n goeie ding gedoen.

Die Franse word allerweë veroordeel dat hulle deels vir die volksmoord verantwoordelik was omdat hulle die moordenaars beskerm het.

Lafourcade sê egter die hele wêreld het die operasie ondersteun en alhoewel hulle te laat was om die slagting te keer, het hulle nogtans talle mense se lewens gered. In die suidweste van Rwanda het die Franse magte gekeer dat drie miljoen mense na die DRK vlug.

Hy sê hulle was 'n stabiliserende vredesmag wat menseregteorganisasies in staat gestel het om hulp te verleen aan die geteisterde bevolking. In daardie lig gesien verstaan die Franse weermag nie die kritiek teen hulle nie.

Toe die vliegtuig van president Habyarimana op 6 April 1994 afgeskiet is, wat die volksmoord aan die gang gesit het, was daar reeds 2 500 VN-troepe in Rwanda wat agt dae na die aanvang onverklaarbaar deur 'n besluit van die Veiligheidsraad met 'n driekwart verminder is.

Twee maande het dus verbygegaan waarin die menseslagting sonder verposing gewoed het en sonder dat daar enige ingryping van buite was. Dit terwyl die media ernstig gewaarsku het dat 'n volksmoord gepleeg word, het die generaal gesê.

Die situasie was ook kompleks, want die VN se bevelvoerder Roméo Dallaire, het gedreig om Franse vliegtuie bokant Kigali af te skiet omdat die Franse teenwoordigheid nie as 'n vredesending beskou is nie, maar 'n politieke projek.

Lafourcade neem Dallaire kwalik want Dallaire kon selfs met die beperkte middele tot sy beskikking iets gedoen het, sê hy. Dallaire se verskoning dat hy nie 'n mandaat van die VN gehad het nie, gaan die vir die Franse bevelvoerder op nie.

поршневой компрессорданильченко юрій Харків

Twee eeue van onreg deur Engelse, deel I

PRAAG KLASSIEK

Soveel mense is totaal in die duister oor die byna konstante inmenging van Engelse en Brittanje in Suid-Afrika en hoeveel onreg die Afrikaner in die proses aangedoen is. Daarom het ek dit goedgedink om hierdie kort, ietwat polemiese geskiedenis daaroor te skryf.

1. 1806-1910

Kort ná Brittanje die mag in 1806 oorgeneem het, neem sir Johan Cradock en lord Charles Somerset stappe teen Nederlands en die Kaapse taal wat reeds in breë trekke Afrikaans was. Weens die propaganda van die sendelinge Read en Van der Kemp word die sogenaamde Swarte Ommegang of Rondgaande Hof in September onder Cradock se bewind ingestel, met die uitsluitlike doel om die inheemse blanke boere te teister, boere wat in ‘n brief deur Read aan die Londense Sendinggenootskap as “Savage Boors” beskryf is.

“Savage Boors”, “Dumb Dutchmen”, “Racist Afrikaners”… klink dit dalk bekend?

In 1813 stel Cradock gratis Engelse laerskole in met die doel om die Kaapse bevolking te verengels.

Nie lank daarna nie, neem Somerset oor. Op 9 Maart 1816 volg Slagtersnek, wat een van die oorsake van die Groot Trek was, omdat dit toe reeds duidelik was dat Afrikaners van die Swarte Ommegang geen regverdige verhoor sou ontvang nie. Volgens Theal het Slagtersnek vir tagtig jaar in die openbare geheue gebly en een van die redes waarom Kruger nie die Uitlanderopstandelinge van die Jameson Raid wou ophang nie, was omdat hy nie “‘n Engelse Slagtersnek” wou skep nie.

Somerset skryf op 14 Februarie 1821 aan die minister van oorlog en kolonies, graaf Bathurst, oor “the expediency of having all the schools in the colony conducted by English masters” met die doel om die kinders te verengels. Op 5Julie 1822 vaardig Somerset sy berugte proklamasie uit met die taalordonnansies wat slegs Engels as staats- en hoftaal afdwing.

Afgesien van Read en Van der Kemp, is dit veral dr. John Philip wat ‘n grootskaalse propagandaoorlog teen die Kaapse Afrikaners van stapel stuur. Philip het ‘n patroon gevestig wat tot vandag toe voortduur, van Engelse geestelikes, skrywers en akademici wat ‘n  haatveldtog teen Afrikaners voer en gedurig belaster as mense wat hul werkers onderdruk of van hul grond ontneem behoort te word. Hieronder verwys ek na Huddleston wat die primêre rol gespeel het om die vorige Afrikanerbewind tot ‘n val te bring en so te sê eiehandig die ANC geskep het.

Ná Somerset neem Sir Richard Bourke in 1826 oor. In 1828 vaardig hy sy berugte Ordonnansie 49 uit wat die Xhosas die reg gee om die Kaapkolonie sonder ‘n pas binne te kom, net soos wat die ANC, die huidige marionette van Brittanje, onlangs die Zimbabwiërs die reg verleen het om die Republiek vrylik binne te kom. As gevolg van Ordonnansie 49 het veediefstal epidemiese afmetings aangeneem en binne ‘n kort tydjie het die grensbewoners 5 000 beeste verloor.

In April 1828 verskyn die eerste van ‘n reeks bevooroordeelde en propagandistiese Engelse boeke, films en berigte deur wat die plaaslike inwoners as wreedaards en rassiste voorstel. Dit heet “Researches in South Africa” deur dr. John Philip. In ‘n lastersaak na aanleiding van die boek moes Philip ‘n bedrag van 200 pond en 900 pond koste aan landdros W.M. Mackay betaal wat deur Philip van “wreedheid teenoor die Hottentotte” beskuldig is.

Ordannansie 50 was ‘n direkte uitvloeisel van Philip se boek en een van die vernaamste oorsake van die Groot Trek.

Die moord op Piet Retief vind plaas omdat ‘n Britse sendeling, Owen, nie vir Retief wou waarsku oor Dingaan se ware bedoelings nie, hoewel hy vooraf geweet het dat die Zoeloekoning ‘n massamoord op Retief en sy volgelinge beplan het.

Ná die Sandrivierkonvensie (17 Januarie 1852), wat die onafhanklikheid van die Transvaal erken, asook die Britse erkenning van die Vrystaatse onafhanklikheid op 17 Februarie 1854, is albei Boererepublieke vir enkele dekades vry van Britse verdrukking.

Maar gedurende hiedie periode blaas die Britte herhaaldelik opstand teen die Boereregerings deur swart stamme aan (sogenaamde “verstekoorlog” of “war by proxy”) wat bewapen word terwyl die koloniale owerhede telkens verseg om die Boere toe te laat om wapens en ammunisie deur hul hawens in Natal en die Kaap in te voer.

Kort ná die ontdekking van diamante in 1867 begin geskille met die Transvaal oor grense want die Britte in die Kaap wou die rykdom vir hulle inpalm.

In 1877 raak Britse inmenging in ons sake baie duidelik met die eerste anneksasie van die Transvaal deur Sir Theophilus Shepstone. Danksy Paul Kruger se vasberadenheid en onverskrokkenheid, asook die Transvaal se briljante geveg by Majuba, herwin die Transvaal amptelik sy onafhanklikheid met die ondertekening van die Londense konvensie in 1884.

 

Maar die ontdekking van goud in 1886 laat die Britse aptyt om ons te kom plunder weer opvlam en nie lank nie of daar word ‘n onverwagse militêre aanval op die Transvaal beplan.

In 1896, loods die Britte ‘n staatsgreep teen die Transvaal waarby die Kaapse eerste minister, Cecil John Rhodes en hoë amptenare in Londen betrokke was.

Hierdie poging van Brittanje om die wettige, verkose regering van die Transvaal met geweld omver te werp, staan bekend as die “Jameson Raid” onder leiding van ‘n Uitlanderpolitikus, Leander Starr Jameson. Op 1 Januarie 1896 word Jameson egter gestuit deur kommandant Piet Cronjé en ‘n klein Boerekommando wat die Engelse rebelle ná ‘n geveg naby Krugersdorp in hegtenis neem.

As gevolg van die Jameson-insident moes Rhodes as eerste minister van die Kaapkolonie bedank. Dog hierna begin die propagandaveldtog teen die Transvaal in alle erns, met die doel om ‘n oorlogpsigose in Brittanje te skep. Die held van dié veldtog is die skrywer van “Jock of the Bushveld”, sir Percy Fitzpatrick, wat ‘n politieke boek onder die titel “The Transvaal from within” publiseer. Ook die Uitlanderkoerante in Johannesburg soos The Star en van die Kaapse Engelse koerante doen hul uiterste bes om die klimaat vir oorlog te skep.

Die pragmatiese, goeie, godsdienstige Boere met hul aangebore sin vir regverdigheid staan feitlik alles toe wat die Uitlanders verlang, tot die stemreg ná ‘n verblyf van sewe jaar. Hulle mag Engelse skole en kerke hê, mag Engelse in die laer howe gebruik en in die Johannesburgse munisipaliteit, alles regte wat hulle nog nooit aan ons wou toestaan nie en wat ons tans onder die ANC ook nie meer geniet nie.

Maar dit alles is nie genoeg nie. Soos Paul Kruger uitgeroep het: “Dis nie die stemreg wat julle wil hê nie, dis my land!”

As mev. Gezina Kruger die nuus van die Britse ongevalle by Spioenkop ontvang, bid sy vir die Engelse moeders wat die nuus van hul seuns se dood gaan aanhoor voordat sy aan haar eie volk se ongevalle dink. By Magersfontein laat De la Rey Engelse krygsgevangenes vry sodat hulle behandeling in hul eie, beter toegeruste veldhospitale kan ontvang.

Die Engelse veg egter nie oorlog volgens sulke beskaafde reëls nie. Trouens, al die oorlogsmisdade wat die Engelse later in die twintigste eeu voor Hitler en die Nazi’s se deur sou lê, pleeg hulle reeds tussen 1900 en 1902 in Suid-Afrika. Onder Roberts en Kitchener volg die verskroeide-aardebeleid wat niks ontsien nie. Alles wat Afrikaners besit of in die Vrystaat en Transvaal opgerig het, word voor die voet afgebrand – kerke ingesluit – en die vroue en kinders word in die middel van die winter op goederetreine na die konsentrasiekampe vervoer.

Hoewel volksmoord nie die verklaarde bedoeling van dit Britse leër in Suid-Afrika was nie, kan mens tog uit hul handelinge en hul herhaalde pogings om ons taal, kultuur, vryheid en volkskap te vernietig, aflei dat dit by verstek wel om volksmoord gegaan het.

In die kampe het die sterftesyfer op ‘n stadium 34% behaal. Selfs tydens die oorlog word die verengelsing van die oorblywende kinders in die vooruitsig gestel in ‘n brief van Sargent aan Milner.

Ná 1902 volg Milner dit op met sy verengelsingsbeleid in die skole. Die trotse Gimnasium of hoërskool wat in Pretoria deur Paul Kruger opgerig is, word verander na Pretoria Boys’ High, wat tot vandag toe ‘n Engelse skool sou bly.

By Uniewording in 1910 word “tweetaligheid” as beginsel in die grondwet aanvaar, maar dit sou eers veel later onder Hertzog in 1925 toegepas word. Toe die eerste aansoeke om Afrikaanse hoërskole aan die Rand by die onderwysdepartement ingedien word, skryf The Star in ‘n hoofartikel: “There is something rotten in the state of Denmark.” Die Engelse pers is met afgryse vervul deur die gedagte dat daar Afrikaanse hoërskole sou ontstaan en dat die “winste” van die oorlog om Engels as landstaal te vestig daarmee in die gedrang sou kom.

Uit die Britse beleid tydens die negentiende en vroeë twintigste eeue kan ons dus die volgende gevolgtrekkings maak:

Engeland sou voor niks stuit om sy wil op die Afrikaner af te dwing nie. Oorlog teen vroue en kinders, terreur, verstekoorlog, haatspraak, die verspreiding van leuens en halwe waarhede, die belastering van Afrikaners, is alles metodes wat na willekeur gebruik kan word om Engelse strategiese, ekonomiese, godsdienstige en militêre doelwitte te bereik. ‘n Geval van “die doel heilig die middele”. Afrikaans, die Afrikaneridentiteit, Afrikanergrondbesit en -landbouproduksie, asook Afrikaanse instellings soos skole, kerke en universiteite, word as ongewens beskou omdat dit tot weerstand teen die Britse totaaloorheersing aanleiding kan gee. Die aanspraak van die Afrikaner op taalregte, menseregte, selfbeskikking en volksvryheid word deur Engelse as ewe lastig gesien. Waar sulke regte tydelik erken of eerbiedig word, geskied dit halfhartig en verteenwoordig bloot ‘n voorspel op ‘n volgende hoofstuk waarin oorlog, etniese suiwering of verdrukking gaan volg.

Deur die gebruik van sendelinge, vyandige stamhoofde, verraaiers en hensoppers in eie geledere, het die Engelse dit reggekry om vir die grootste deel van die afgelope 200 jaar in Suider-Afrika die Afrikanervolk te onderdruk en so byna-byna te vernietig.

 

Volksmoord volgens sy twee definisies: etnoside (uitwissing van die vyandelike volk se taal, kultuur en identiteit) of selfs genoside (die fisieke uitwissing van die vyand se bevolking) is reeds 200 jaar lank Britse beleid jeens Afrikaners en die huidige bestel verteenwoordig bloot die voortsetting daarvan.

Kort ná die tweede wêreldoorlog het die Nasionale Party egter op 26 Mei 1948 ‘n merkwaardige oorwinning by die stembus behaal. Vir die eerste keer ná 1902 het Afrikaners gedeeltelik aan Engelse oorheersing ontkom en het Afrikaans as taal veral in die sestigerjare ‘n geweldige opbloei beleef, met ‘n opbloei in die ekonomie en nywerheidsontwikkeling.

Die aanloop tot daardie verkiesing, asook die Engelse reaksie daarna, sal die tema van ‘n volgende aflewering van my beknopte geskiedenis van die Britse rol in die Afrikanergeskiedenis uitmaak. Ek sal ook uitwys in watter mate Britte en Brittanje ‘n sleutelrol gespeel het om De Klerk tot oorgawe te dwing en ons permanent van alle politieke mag of inspraak in Suid-Afrika te stroop. Dit verteenwoordig die Endlösung of “finale oplossing” wat Brittanje vir die “Afrikanerprobleem” in Suid-Afrika in die vooruitsig stel. Soos ‘n BBC-kommentator teenoor Tony Leon tydens die program “Hard Talk” opgemerk het: “Indien die Afrikaners nie tevrede is (met permanente tweedeklasburgerskap, asook diskriminasie op grond van ras en taal) nie, het hulle die keuse om te emigreer.”

2. 1910-1948

In die tydperk 1910-1948 voer die Afrikaner ‘n ekonomiese en kulturele stryd om oorlewing. As gevolg van Milner se verengelsingsbeleid via die skole word die sogenaamde CNO-skole gestig. Hoewel daar steeds Afrikaanse laerskole was, bestaan daar min of geen Afrikaanse hoërskole. Dr. William Nicol, wat ‘n groot rol aan die Rand gespeel het in die beweging vir Afrikaanse onderwys, sou praat van die “verlore geslag” wat weens ‘n gebrek aan Afrikaanse skole eenvoudig verengels het. Trouens, in ‘n hoë mate – en met die uitsondering van Natal – bestaan daar nie iets soos “Suid-Afrikaanse Engelse” nie, aangesien ‘n groot persentasie van hulle Afrikaners is wat oor die afgelope 200 jaar verengels is. Tydens verskeie tydperke van Britse bewind of Britsgesinde bewind, is verdeeldheid tussen Afrikaners gesaai, met die mees Britsgesindes wat na die Britse kultuur oorgegaan en gewoon verengels het. Sommige van hulle het hul Afrikaanse vanne behou, ander weer het weens ondertrouery hul Afrikaanse vanne verloor.

Net voor 1920 begin die gedagte van Afrikaanse hoërskole sterk momentum verkry. Oor die volgende twintig jaar sou letterlik honderde Afrikaanse hoërskole regoor die land tot stand kom.

Ook die Viktoria-kollege word danksy die erflating van Jannie Marais van Stellenbosch ‘n universiteit waar Afrikaans gou-gou die voertaal word. Op Potchefstroom het die Universiteitskollege wat uit ‘n Teologiese Skool en ‘n “Literariese Departement” bestaan het, vanuit Nederlands in Afrikaans ontwikkel. In 1905 is die kollege van Burgersdorp na Potchefstroom verskuif en in 1919 word die “Literariese Departement” vir subsidiedoeleindes van die Teologiese Skool geskei en onstaan “Het Potchefstroom Universiteitskollege voor Christelike Hooger Onderwijs”.

Vandag kan ons ons nouliks die opwinding van die twee dekades 1920-1940 voorstel toe Afrikaans as’t ware uit die niet as skool-, universiteits- en wetenskapstaal na vore tree. Dit is ook die tyd van die Tweede Taalbeweging en van die Dertigers soos N.P. van Wyk Louw en Uys Krige wat die poësie tot groot hoogtes voer. In die prosa verskyn ‘n hele aantal romans oor die armblankevraagstuk deur Van Bruggen en ander. Van Melle publiseer sy klassieke roman, “Bart Nel” oor die rebellie. In C.M. van den Heever se roman “Laat vrugte” word ‘n naturalistiese beeld van die Afrikanerboer op die platteland gegee en soos by Emile Zola is hy onderworpe aan die kragte van die natuur, aan groei, wasdom en uiteindelike verswakking en verval.

Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 kies Botha en Smuts kant vir Engeland teen Duitsland en Suid-Afrika veg aan die kant van dieselfde moondheid wat net ‘n dekade vantevore ‘n kwalik bedekte beleid van volksmoord teen die Afrikaner gevoer het. Dit lei tot die Rebellie, waartydens Koos de la Rey in ‘n skietvoorval sterf, verskeie Afrikaners in die tronk beland en Jopie Fourie voor die vuurpeleton sterf. Voor sy teregstelling sê Jopie Fourie:

“Nou moet ek sterwe, omdat ek getrou gebly het aan die dinge waaronder ek gebore is en waarvoor ek altyd geveg het. Aan my word geen genade betoon nie, hoewel ek toevalligerwyse die seun was wat onder die wit vlag uitgegaan het om die oorgawe van dr. Jameson te aanvaar, en nou is hy sir Starr Jameson, terwyl ek doodgeskiet moet word.”

 

En ook: “Die boompie wat vandag geplant en met my bloed benat word, sal groei en groot word, en heerlike vrugte vir ons volk dra.”

In G.D. Scholtz se “Ontwikkeling van die politieke denke van die Afrikaner” wat 8 bande en meer as 3000 bladsye en byna twee miljoen woorde beslaan, skryf hy in deel VIII (1939-1948) dat die stryd om oorlewing vir, soos hy dit noem, “die Afrikaanse volk”, nie so fel sou gewees het indien dit nie vir genl. J.C. Smuts was nie. ‘n Bekende tema in die Suid-Afrikaanse geskiedenis is “nasiebou en eeheid” en nadat hy aanvanklik as staatsprokureur onder Paul Kruger en Boeregeneraal geveg het, wy Smuts hom geheel en al aan die Britse ryksideaal, asook

Van 1919-1924 is hy eerste minister van Suid-Afrika en tree hy genadeloos teen die stakende mynwerkers in 1922 op. Dit lei tot ‘n koalisie tussen J.B.M. Hertzog se Nasionale Party en die Arbeidersparty sodat eersgenoemde in 1924 by Smuts oorneem. Onder Hertzog kry die beweging van Afrikaner-nasionalisme en vir ‘n eie taal en kultuur verder momentum. In 1928 word die oranje-blanje-blou vlag en “Die Stem” van C.J. Langenhoven in die plek van die Union Jack en God Save the King aangeneem, hoewel die twee vlae en twee volksliedere nog vir baie jare naas mekaar sou bestaan.

In die dertigerjare neem die druk vir Afrikaanse universiteite in Pretoria en op Bloemfontein toe. Die digter Eitemal (W.J. du P. Erlank) verbrand uit protes teen die Engelse taalbeleid ‘n Britse vlag op die kampus van die destydse Transvaalse universiteitskolleg, waarna hy geskors word. Maar die beweging kan nie gestuit word nie en die UP word ‘n Afrikaanse universiteit, asook die UOVS ietwat later.

Sowel Hertzog as Smuts glo dat ‘n vorm van apartheid die beste stelsel is om die blanke beskawing in Suid-Afrika te beskerm. Wit en swart moet hul eie geografiese gebiede hê en dit bekommer Hertzog veral dat swartes deur hul vinniger bevolingsgroei uiteindelik die blankes en Afrikaners in hul eie gebied mag verdring.

Maar in 1934 vind een van daardie periodieke episodes van broedertwis onder Afrikaners plaas toe Hertzog besluit om met Smuts se Suid-Afrikaanse Party saam te smelt en die Verenigde Party te vorm. Die Nasionale Party skeur in twee en vier LV’s onder D.F. Malan vorm die Gesuiwerde Nasionale Party. In die Transvaal beskik hulle oor net een LV, die latere eerste minister J.G. Strijdom, die lid vir Waterberg. By sommige vergaderings wat hy toespreek, daag net vier mense op, maar hy gooi nie tou op nie.

By hierdie punt sou die pro-Britse beweging in die land, wat oor die jare ook baie nou met die mynhuise verbind was, waarskynlik geseëvier het. Die Gesuiwerde Nasionale Party het oënskynlik geen steun nie, nie veel geld nie en al die koerante in die land – Engels en Afrikaans – ondersteun die sogenaamde Smelterbeweging.

In die redaksiekantoor van ‘n enkele Afrikaanse koerant word daar egter indringend oor die Smelterkwessie gedebatteer, te Keeromstraat, Kaapstad. Die redakteur van Die Burger, dr. A.L. Geyer, is op die oog af geen joernalis nie, het in Europa gestudeer en stel nie vreeslik in nuus belang nie. Hy is ook ‘n ywerige versamelaar en kenner van orgideë. Die Burger, anders as Die Vaderland of Die Volksblad, besluit om sy gewig agter die Gesuiwerdes in te werp, stroomop. A.L. Geyer en sy spotprentkunstenaar, die talentvolle D.C. Boonzaaier wat self verkies om Engels te praat, werp alles in die stryd om Smuts se Verenigde Party te bestry. Rondom 1939 stig H.F. Verwoerd en drie ander op die parlementêre trein op pad Kaap toe nog ‘n pro-Nasionale koerant, Die Transvaler.

Onder die Smuts-regering poog die Engelssprekendes en die pro-Britse Afrikaners om alles wat die Afrikaane beweging onder Hertzog tot stand gebring het, af te takel. Allerlei maatreëls word bespreek en getref om “tweetaligheid” in die skole terug te bring. Die ongeskrewe wet van tweetaligheid was dat Engels as taalmedium in Afrikaanse skole teruggebring moes word, terwyl die Engelse skole natuurlik in Engels sou voortgaan.

D.F. Malan verwys na die veertigerjare as die “derde taalstryd”. In Natal, waar Afrikaanse skole net met groot moeite opgerig kon word aangesien die provinsie nie onafhanklike beheerrade by skole toegelaat het nie en alles sentraal afgedwing het, is die getal leerlinge by die Afrikaanse skole beperk. As ‘n skool dus “vol” was, moes ‘n kind desnoods na ‘n Engelse skool gaan. In die res van die land word ‘n bedrag van 100 000 pond ingesamel om die Afrikaanse skole in Natal te hulp te snel.

“Tweetaligheid” word ook vir die Afrikaanse universiteite aanbeveel, wat sou beteken dat Engels weer die oorheersende taal aan die vier Afrikaanse universiteite sou word.

Tydens die tweede wêreldoorlog woed ‘n verbete stryd tussen die pro-Duitse Ossewabrandwag en soldate van die Smutsregering. Nie net word Afrikaners (soos B.J. Vorster) krygsgevangenes nie, maar in Pretoria word pro-Duitse Afrikaners in die tronk doodgemartel.

Ná vredesluiting in 1945 woed die stryd tussen Nat en Sap voort. In een berugte geval breek gevegte met knuppels tussen soldate en O.B.-lede by die kantore van Die Transvaler in Braamfontein, Johannesburg uit.

 

Indien Smuts, soos hy verwag het, die 1948-verkiesing sou gewen het, sou die vele maatreëls om Afrikaanse skole en universiteite weer te verengels waarskynlik geslaag het. Onder ‘n pro-Britse regering sou Suid-Afrika nooit weer ‘n republiek geword het nie. En indien die liberales of progressiewes soos mev. Helen Suzman en mnr. Harry Oppenheimer hul sin gekry het, sou Suid-Afrika, soortgelyk aan die ander Britse kolonies soos Kenia, Zambië en die oud-Rhodesië, waarskynlik veel vroeër tot eenvoudige swart meerderheidsregering ingestem het. Moontlik sou Nelson Mandela, Bram Fischer en ander lede van die ANC-SAKP-alliansie nooit tronk toe gegaan het, maar Suid-Afrika sou net soos die ander Britse kolonies vandag ‘n derdewêreldstaat gewees het wat van Britse voedselhulp afhanklik is. Maar die myne sou nog steeds hul grondstowwe gelewer het, wat al is wat ooit vir die Britte van belang was.

By Jalta het Churchill die Westerse wêreld uitverkoop, net soos wat Brittanje die blankes van die oud-Rhodesië en Suid-Afrika, wat hulle in twee wêreldoorloë ondersteun het, in die rug sou steek.

Deur Brittanje se strategiese besluit om die hele Oos-Europa, waaronder Oos-Duitsland, aan Stalin van Rusland oor te dra, het hy die Koue Oorlog moontlik gemaak. Die Koue Oorlog, of die einde daarvan, sou ook uiteindelik tot die val van Suid-Afrika en die Afrikaner aanleiding gee.

Soos die linkse skryfster Nadine Gordimer in haar gevleuelde prosa iewers geskryf het, het sy nooit in haar wildste drome op die Oosrandse dorp Springs waar sy grootgeword het, kon dink dat die armoedige kaalvoet-“Japies” soos sy hulle noem, ooit die land sou regeer nie. Ook die Britsgebore historikus aan Wits, Arthur Kepple Jones, het in sy satiriese toekomsroman “When Smuts goes” ‘n donker toekoms vir die land onder die Nasionale Party voorspel. Indien dit sou gebeur, sou die land teen 1977 heeltemal in duie stort weens rassekonflik en ‘n fascistiese regering wat al hoe dommer en ongenaakbaarder sou optree.

Die 1948-verkiesing het beswaarlik oor die woord “apartheid” gegaan. In elk geval was Smuts geen voorstander van swart meerderheidsregering nie. Trouens, hy het verskeie kere in sy lewe gesê dat “politiek vir die swartman” net tot sy nadeel sou wees en tot die ondergang van die blanke beskawing in Suid-Afrika aanleiding sou gee.

Die Boer-Britstryd, asook die taalstryd en die toenemende bedreiging vir Afrikaanse skole en universiteite, het waarskynlik ‘n veel groter rol gespeel om die Afrikanerkiesers in 1948 te oorreed om vir die Nasionale Party te stem. Dit het alles ‘n bietjie futiel gelyk, want onder die Smutsregering is daar beplan om 2 000 000 Britte na Suid-Afrika te laat immigreer, wat die skamele 1 350 000 Afrikaners demografies sou oorspoel en hulle vir altyd polities magteloos sou laat, min of meer soos ná 1994. Die Johannesburgse koerant The Star het na die Afrikaners se teenkanting teen grootskaalse Britse immigrasie in 1947 as “Middeleeus” verwys.

Onder andere het die Smutsregering alle staatsamptenare verbied om aan die Broederbond te behoort. Een so ‘n Broederbonder, W.C. du Plessis, het verkies om eerder sy betrekking te laat vaar as om te bedank. Hy was heeltemal onbekend, maar het hom in die kiesafdeling Standerton teen die wêreldberoemde veldmaarskalk Smuts, gesogte raadgewer van die Britse kabinet en koninklike familie, as kandidaat gestel. Waarskynlik is hy in sy oormoed uitgelag. Wie sou ooit kon dink dat hy teen Smuts kon wen?

In sy boek “Stryd om ewewig” vergelyk C.M. van den Heever, die aantrekkingskrag van die Britse kultuur met dié van lig. Soos die mot die kers aantrek, so trek die Engelse kultuur ander na hom aan. Vir vele Afrikaners oor die afgelope twee eeue was dit so en in die laat veertigerjare van die vorige eeu het die glorie van die Britse ryk nog steeds vir baie Afrikaners helder geskyn. Deels omdat hy gevoel het dat die Verenigde Party se aanhang besig is om te taan, het Smuts in 1947 die Britse koningsgesin na Suid-Afrika genooi in die hoop dat die besoek sy party se aansien sou laat styg.

Terwyl die Engelse pers oor die koninklikes geswymel het, het Verwoerd se Transvaler op die tweede bladsy verwys na verkeersopeenhopings wat Britse toeriste in Johannesburg veroorsaak het. Ná sy terugkeer in Brittanje het die Britse koning egter gesê: “if he had to single out the most stirring of the many recollections of his tour, it would be his realisation that the faith of South Africans in Britain is not only unimpaired, but has become stronger on account of her unflagging effort in war and peace”.

Op 26 Mei 1948 het Suid-Afrika na die stembus gegaan in ‘n verkiesing wat aardskuddende gevolge vir Suid-Afrika, asook die land se koloniale verhouding tot Groot Brittanje, sou hê. Dit sou ook die radikales met nuwe ywer vervul om dit wat hulle nie deur die stembus kon verkry nie, met geweld en terreur op die land af te dwing. Sowel Bram Fischer as sy vrou Molly het in Johannesburg vir die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty in werkersklasbuurte probeer staan, maar kon geen hond haaraf maak nie.

 

Die onbekende staatsamptenaar en Broederbonder wat eerder bedank het as om sy organisasie vaarwel te roep (‘n mens wonder hoeveel Afrikaners vandag enige Afrikaanse organisasie bokant hul betrekking of posisie sou verkies), Wentzel du Plessis, beskryf die aankondiging van die uitslag op Standerton soos volg:

“Toe die landdros die klein groepie in die hofsaal (dit was onmiddellik nadat die stemtellery afgelope was) sê dat ek die oorwinnaar was, kon die atmosfeer met ‘n mes gesny word. Daar was geen kabaal nie. Daar was stilte, want die lotsbestemming het gepraat – met ‘n diep stem. Die geluid is weerkaats in die grot van die tyd en daarom was dit stil, vir eers… Die landdros moes die proklamasie uitskryf, maar hy kon nie skryf nie vanweë die bewing van sy hand. ‘Landdros, jy moet skryf,’ het ek gemaan, ‘hier staan meer as duisend mense voor die deur en die uitslag kan nou uitlek na hulle toe.’ Die landdros… het sy regterhand met sy linkerhand vasgehou en bewend geskryf.

Nou moes dit aangekondig word buite, maar nog nie afgekondig word oor die radio nie, want iemand moes eers na Irene (die woonplek van Smuts) gestuur word om die berig aan genl. Smuts persoonlik oor te dra. Die bietjie van die groot leed wat ons kon bespaar, sou bespaar word.

Die voordeur (van die landdroskantoor) word oopgesluit en ‘n yslike stilte daal neer oor die groot skare. Vrae skiet soos vonke uit meer as twee duisend oë. Die landdros begin lees, maar kom net tot by my naam… en toe breek die opgelaaide spanning los in ‘n kabaal soos ek nog nooit beleef het nie.”

Smuts was ‘n gebroke man en het nie te lank na die verkiesing nie, op 11 September 1950 gesterf.

D.F. Malan het die Nasionale Party se onverwagse oorwinning as ‘n “wonderwerk” beskryf.

Vir baie Engelse en Britsgesindes in die land was dit egter geen wonderwerk nie, maar ‘n ramp. Sekerlik in die huis van advokaat Bram Fischer en ander lede van die Kommunistiese party, was dit geen blye dag nie. Die Engelse pers in Suid-Afrika het ‘n atmosfeer van rou geskep en in Natal was daar dreigemente van afstigting van die Unie.

Bram Fischer was ‘n Rhodes-beurshouers aan Oxford en is tydens ‘n Europese studentekongres in die vroeë dertigerjare tot die kommunisme bekeer. ‘n Britse tydgenoot van hom het in die gees van Britse sosialisme, die “Fabiaanse sosialisme” grootgeword en hom as priester in die Anglikaanse kerk bekwaam.

Kort voor die einde van die tweede wêreldoorlog in 1945 het dié jong, sosialistiese Britse kerklike, sy gasmasker tydens die uitvaart van die skip uit Southampton oorboord gegooi en begin uitsien na sy nuwe lewe in Suid-Afrika. Ook hy is geskok deur die NP-oorwinning by die stembus in 1948 en hy sou die res van sy lewe daaraan wy om dit ongedaan te maak.

Dié man se naam was Trevor Huddleston. Kort ná 1948 sou hy hom midde-in ‘n magstryd rondom die beheer oor swart onderwys in Suid-Afrika bevind teen die Nasionale Partyminister vir Naturellesake en voormalige redakteur van Die Transvaler, die bekende H.F. (Hendrik) Verwoerd. Nie net het hy Desmond Tutu op die ouderdom van 13 onder sy vlerk geneem en vir hom sekere boeke gegee om te lees nie, maar by die eerste protesvergadering wat hy teen Verwoerd se beleid in die destydse Sophiatown sou organiseer, sou hy ‘n swart prokureur van Johannesburg vra om saam met hom op die verhoog te verskyn, ene Nelson Mandela.

Hoe minder die Britse invloed in Suid-Afrika, hoe meer sou die verhouding tussen die Afrikaner en Brittanje versleg. Die Koue Oorlog wat Churchill ontketen het deur Rusland tot in Wes-Europa toe te laat, het enorme druk op Suid-Afrika geplaas wat in Suider-Afrika feitlik alleen gestaan het en in sy naïwiteit die “Westerse belang” in Angola en elders verdedig het. Afrikanerbloed is gestort vir die Weste in sy konflik met Rusland, maar uiteindelik is die Afrikaner deur sowel Amerika as Brittanje verraai en op die ashoop van die geskiedenis gegooi waar hy hopelik spoedig sou vergaan.

Brittanje sou voortaan ‘n dubbele spel teenoor Suid-Afrika speel. Enersyds sou sy haar bande met Suid-Afrika probeer behou en andersyds die radikale beweging steun wat sou poog om die NP-regering met geweld omver te werp en sosialisme of kommunisme in te stel. Hierin sou die Arbeidersparty en die Anglikaanse kerk ‘n sleutelrol speel, met Vader Trevor Huddleston vooraan.

Vir ‘n dekade of twee ná 1948 sou die Afrikaner gedra word deur die ywer van ‘n nuwe geslag wat sonder die vreemde juk van Brittanje en Engelse instellings sou grootword. Die eens verdrukte taal Afrikaans het begin bloei en vroeg in die sewentigerjare het die destydse redakteur van die Sunday Times, Ken Owen, die vrees uitgespreek dat Engels uiteindelik in Suid-Afrika sou verdwyn omdat dit nie meer in die parlement, in die kabinet, in die staatsdiens, in die weermag en selfs in die tuislandadministrasies deur swartmense gepraat word nie. Die wêreldtaal, Engels, het in Suid-Afrika ‘n taal sonder mag geword en daar is aan sy voortbestaan hier te lande getwyfel. Terwyl “tweetaligheid” voorheen gebruik is om Afrikaans dood te maak, is die Nasionale Party se tweetaligheid aangewend om Engels lewend te hou. ‘n Strategiese fout deur die goedhartige, naïewe Afrikaners.

 

Elke keer as Engelse of Britsgesindes in Suid-Afrika aan die mag gekom het, selfs al was dit in ‘n koalisie met Afrikaners soos in die veertigerjare, het hulle – soos tans – feitlik onmiddellik probeer om Afrikaans uit te roei en die Afrikaner se identiteit te vernietig. Hierteenoor het die goeie, ordentlike Afrikaner Engels tydens die jare van Afrikanerregering lewend gehou en rojaal gesubsidieer.

In die Koue Oorlog wat tussen Brittanje en die Afrikaner tussen 1948 en 1994 sou woed, sou die Britte geen genade betoon nie. Dit was weer ‘n verskroeide-aardebeleid, net in ‘n ander vorm.

In ‘n derde aflewering, sal ek enkele minder bekende aspekte van die Boer-Britstryd oor die afgelope sestig jaar onthul, soos byvoorbeeld: Wie het Verwoerd vermoor? Waar het die geld vir die ANC se sogenaamde “struggle” vandaan gekom? Wie het gesorg vir sanksies teen Suid-Afrika? Het PW Botha regtig beroerte gekry?

Gaan voort na deel II.

купить тамбов диагностическое оборудованиеДанильченко Харьков

Suid-Afrika, Libi? beskerm volksmoordenaar

Suid-Afrika en Libië is aan die voorpunt van 'n veldtog om te verhoed dat die Soedanese leier aangekla word van volksmoord.

Die internasionale strafhof se hoofaanklaer, Luis Moreno-Ocampo, wil hê dat Omar Hassan al Bashir tereg sal staan op klagte wat spruit uit die moord op 35 000 mense in Darfoer.

Hy beskuldig Bashir ook daarvan dat hy 'n honderdduisend mense se hongerdood veroorsaak het en 2,5 miljoen mense uit hulle huise verdryf het.

Die hof sal sy besluit oor die vervolging van Bashir binne die volgende paar maande bekend maak.

Suid-Afrika en Libië is gekant teen die vervolging en sê dit sal die vredesproses in Soedan ontspoor.

игра для мальчиков 5 летОлександр Фільчаков прокурор