‘n Dosyn pro-regeringsmilisies in die DRK se suid-Kivuprovinsie het ingestem om op te hou met gevegte en sal begin om teen die naweek te ontwapen, het ‘n top provinsiale amptenaar Donderdag gesê.
“Die ontwapening van die soldate sal Sondag in suid-Kivu se hoofstad Bukavu begin in die teenwoordigheid van die minister van verdediging, Charles Mwando Nsimba,” het die adjunk goewerneur Jean-Claude Kibala gesê na die ooreenkomste laat Woensdag onderteken is.
Die milisies, wat verskeie Mai-Mai stamme insluit en ‘n totaal van 50 000 man is, gaan na spesiale sentrums voordat hulle ontwapen gaan word na jare se konflik in die oostelike DRK, het Kibala gesê.
Een van die milisiegroepe in Kivu, die Federaliste Republikeinse Magte het volgens die adjunkgoewerneur nie die ooreenkoms geteken nie, maar onderhandelings is aan die gang.
Die milisies het besluit om te ontwapen na die top Kongolese rebelleleier, Laurent Nkunda verlede maand in Rwanda gevang is. Sy magte het beheer uitgeoefen oor groot dele van die noord- en suid-Kivu provinsies.
Meeste van die bevelvoerders van sy groep, die Nasionale Kongres vir die Verdediging van die Mense (NKVM) het Nkunda verlaat en die NKVM het ‘n politieke party geword.
Sondag is die basis van ‘n vredesooreenkoms wat die week deur onderhandelaars in Nairobi bekragtig moet word, onderteken.


Goudproduksie in Suid-Afrika het in 2008 met 13,6% gedaal tot sy laagste vlak sedert 1922, het Suid-Afrika se kamer van mynwese Dinsdag gesê.