Polisie in Vishoek onder klippe gesteek

Die polisie moes Donderdag weer rubberkoeëls gebruik om honderde inwoners van Masiphumelele, buite Vishoek in die Wes-Kaap, uitmekaar te jaag. Binnebande is aan die brand gesteek en die polisie is met klippe bestook.

Die inwoners is ontstoke oor 'n gebrek aan behuising. Die skare het glo buite beheer raak toe 'n wyksraadslid van Masiphumelele, Felicity Purchase,die gemeenskap omstreeks 12:30 wou toespreek wat die polisie genoodsaak het om op hulle los te brand.

Honderde inwoners van die lokasie het gister alreeds omstreeks 05:00 die strate ingevaar om te betoog.

Twaalf amokmakers is nog voor Purchase se aankoms weens openbare geweld in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag in die Simonstadse landdroshof verskyn.

Purchase het aan Die Burger gesê sy gaan met Dan Plato, burgemeester, vergader om alternatiewe behuising vir die mense te soek.

’n Twaalfjarige kind is in die geweld beseer. Die seun is na die Valsbaaise provinsiale hospitaal gebring.

play casino slotsДанильченко Юрий отзывы

Zuma verwelkom lasterskikking

President Jacob Zuma het die skikking tussen hom en die Britse koerant The Guardian in ’n Britse hof Dinsdag verwelkom.

Hy het die koerant in April weens laster gedagvaar ná die publikasie van ’n artikel van Simon Jenkins met die opskrif: “Get Used to a Corrupt and Chaotic South Africa. But Don’t Write it Off.”

In die artikel is Zuma se regeringstyl as “geestelik besoedel, administratief chaoties en korrup” beskryf. ’n Anonieme stem is aangehaal wat Zuma as “ ’n misdadiger en verkragter” beskryf het.

Die koerant het Zuma in April om verskoning gevra en gesê hulle is spyt hulle gesuggereer het hy is skuldig aan verkragting. Dit was glo weens ’n redigeerfout.

“Daar was ’n skikking,” het Hayley Dunlop van The Guardian gesê. Sy wou nie die bedrag bekendmaak wat aan Zuma betaal is nie. Zuma het vroeër ’n aanbod van R128 500 (£10 000) verwerp.

“In die saak het The Guardian die basiese beginsels van joernalistiek en media-etiek misken,” het die presidensie gister in ’n verklaring gesê.

“Die president glo vas in mediavryheid omdat hy in die apartheidstryd hard vir vryheid van spraak baklei het.

“Albei partye beskou die saak nou as afgehandel.”. 

machine gamesФильчаков прокурор харьков

Tshwaing-munisipaliteit gebruik skadelike swembadchloor

Die Tshwaing-munisipaliteit gebruik glo swembadchloor in die rioolwerke.

Dit het aan die lig gekom dat die stadsraad nou ʼn desperate poging aanwend om rioolbesoedeling op Sannieshof te beperk, en op groot skaal swembadchloor aankoop om in die rioolwerke te gebruik.

Alhoewel e-coli besmetting met chloor bestry moet word, is slegs sekere chloor-produkte deur die Departement van Waterwese en Omgewingsake goedgekeur vir gebruik in drinkwater. Swembadchloor bevat bymiddels wat nie geskik is vir gebruik in drinkwater nie.

Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, het in ʼn skrywe aan die munisipaliteit geëis dat ʼn onderneming gegee word dat die gebruik van swembadchloor gestaak sal word en slegs produkte wat vir gebruik in drinkwater goedgekeur is, voortaan gebruik sal word.

Indien die onderneming nie gegee word nie, sal die hooggeregshof op ʼn dringende basis om hulp genader word.

детскии интернет магазинАлександр Фильчаков

Limpopo-polisieman vir veediefstal gevang

'n Polisiesersant is Donderdag in verband met veediefstal in hegtenis geneem, het die Limpopose polisie gesê.

Die polisieman is na bewering lid van 'n sindikaat wat beeste in die Nylstroomgebied steel, het die provinsiale veediefstalsuperintendent Alpheus Mokale gesê.

"Hy is die meesterbrein… 16 beeste is gesteel."

Die polisieman gaan vandag in die Magatle-landdroshof naby Zebediela verskyn waar hy met sy twee medepligtiges aangekla gaan word.

In 'n afsonderlike voorval, het Mokale gesê die polisie het 21 beeste in Maja teruggekry en het 'n beroep op boere wat vee vermis gedoen om hulle te kom uitken.

пусковое устройство для автомобиляданильченко юрій броніславович

Afriforum monitor Hlope-verhoor

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het Woensdag die verrigtinge van die Regterlike Dienskommissie se voorlopige ondersoek na regter John Hlophe in Johannesburg bygewoon om die proses te monitor.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sal die geloofwaardigheid van die regbank ernstig in gedrang wees indien die klagtes dat Hlope onregmatig gepoog het om regters van die Konstitusionele Hof in die Zuma-saak te beïnvloed, ook onder die mat gevee word. Die regbank vorm volgens Kriel ʼn belangrike hoeksteen ter beskerming van burgers se regte en daarom moet regters ten alle tye bo verdenking optree.

“Hlope het in die verlede al té veel keer daarmee weggekom dat bewerings van wangedrag wat teen hom gemaak is, onder die mat gevee is, sonder dat die bewerings behoorlik ondersoek is,” het Kriel gesê.

Kriel het onder meer verwys na die bewerings in 2005 dat Hlope sou gesê het dat hy die Mikro-skoolhofsaak spesifiek aan regter Wilf Thring toegeken het, omdat hy (Hlope) geweet het Thring sou die saak “opf#k” en dat die saak dan op appèl reggestel sou word. In dieselfde jaar het ʼn Kaapse prokureur, Joshua Greeff, beweer Hlope het hom ʼn “white sh#t” genoem.

Die latere aanduidings dat Hlope ook betalings van die Oasis-maatskappy ontvang het, terwyl hy ʼn besluit moes neem of Oasis kon voortgaan om regstappe teen regter Siraj Dessai te neem, moes volgens Kriel met baie groter erns deur die Regterlike Dienskommissie hanteer gewees het.

игры девочкамtopcargo отзыв

Clinton wil verhoudinge met SA struktureer

Suid-Afrika en die VSA gaan volgende week vergader tydens die besoek van Hillary Clinton aan die land om 'n bilaterale forum op te stel.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking se direkteur-generaal dr. Ayanda Ntaluba het gesê Clinton sal op 6 Augustus in Suid-Afrika aandoen nadat sy haar toer in Kenia afskop. Sy sal sewe lande in Afrika besoek.

Sy sal haar eweknie Maite Nkoana-Mashabane ontmoet om oor bilaterale verhoudinge te praat.

Onder presidente Nelson Mandela en Bill Clinton het daar 'n aktiewe binasionale kommissie bestaan, maar die afgelope agt jaar was daar 'n bewuste besluit van die Bush-administrasie om 'n meer informele struktuur te vestig, volgens Ntsaluba.

"Die twee ministers sal volgende week ontmoet om te besluit watter soort struktuur hulle onder 'n nuwe administrasie wil hê. Hulle mag dalk nie na 'n binasionale kommissie kyk soos dit voorheen opgestel was nie, maar dit sal nietemin iets baie gestruktureerd wees."

Ntaluba het bygevoeg dat Nkoane-Mashabane Clinton ook sal inlig oor gebeure in Zimbabwe en Madagaskar.

Clinton sal behalwe Kenia en Suid-Afrika ook Angola, die DRK, Nigerië, Liberië, en KaapVerde besoek.

 
Ntsaluba het ook op die vooraand van die Amerikaanse besoek aangedui dat indien pres. Omar Hassan al-Basjir van die Soedan Suid-Afrika sou aandoen, hy in hegtenis geneem sal word.
 
Die internasionale strafhof het in Maart vanjaar ’n lasbrief vir die inhegtenisneming van die Soedanse staatshoof uitgereik.
 
Suid-Afrika het die Statuut van Rome, wat die strafhof tot stand gebring het, onderteken maar omdat die AU sy samewerking aan die hof opgeskort het, is Suid-Afrika ook daartoe verbind.
 
Oeganda en Botswana, albei onder die invloed van die VSA, het aangedui dat hulle ten spyte van die AU se posisie met die hof sal saamwerk. 
 

дом игрушеклобановский александр отзывы

Staatsdiensstaking al hoe meer waarskynlik

Die regering het nog nie ’n mandaat vir ’n salarisaanbod op die tafel nie en staatsamptenare se salarisverhoging moes al op 1 Julie in werking getree het.

Manie de Clercq, adjunkhoofbestuurder van die Public Servants’ Association, het gister gesê: "As dit teen dié trant aangaan, word die moontlikheid van ’n staatsdiensstaking al hoe groter."

Ook Chris Klopper, hoofbeampte van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), het gesê onderwysers en amptenare is kwaad omdat hul werkgewer nie antwoord op hul eis van ’n 15%-salarisverhoging nie.

Die meerderheid van SAOU se eens gematigde lede het reeds aangedui dat hulle vanjaar sterker arbeidsoptrede beplan.

Niks het nog gekom van die 21 vergaderings wat van 1 Julie tot gister in die staatsdiens se koördinerende bedingingsraad (PSCBC) beplan was waartydens die partye oor amptenare se salarisse moes onderhandel en dit finaliseer nie.

Al die vakbonde het twee maande gelede hul salariseis vir ’n 15%-verhoging by die PSCBC ingedien. 

справка освобождениелобановский политик

Metropolisie help motors steel

Twee Tshwane-metropolisielede is saam met 'n motordief en nog ’n verdagte aangekeer, nadat een openlik saamgery het in die gesteelde motor.

Die dief het doodluiters in 'n VW Golf wat pas afgelaai is by 'n handelaar in die Ooste van Pretoria geklim, dit aangeskakel en ’n paar meter weggery. Hy het daarna ’n sersant van die Tshwane-metropolisie in sy uniform, opgelaai. Hulle het ’n entjie gery, waarna die metropolisielid weer afgelaai is.

Die metropolisielid het na sy ritjie na sy metropolisievoertuig geloop, na ’n vroulike metropolisielid, in uniform, wat in die voertuig gesit en wag het.

Daarna het die metropolisielede saam met die man in die gesteelde motor na ’n woonstel in die Pretoriase middestad gery.

’n Neef van die sersant het die hek by aankoms vir die dief oopgemaak. Volgens 'n woordvoerder van die Metroraad het die polisie inligting oor die diefstal ontvang en die dief en die metropolisielede tot by die woonstelblok gevolg.

Die metropolisielede en gearresteerde mans is vermoedelik deel van ’n motordiefstalsindikaat.

Die metropolisielede en twee mans sal binnekort in die hof verskyn.

apk gratisФильчаков прокурор отзывы

Nuwe polisiehoof is partydig s? opposisie

Sommige opposisiepartye het die aanstelling deur president Zuma van Bheki Cele as nasionale polisiekommissaris gekritiseer en gesê hy het geen misdaadbekampingsrekord om oor te spog nie. Daarbenewens voel hulle dat Cele net nog 'n politieke aanstelling is.

Cele is tans die KwaZulu-Natalse LUR vir gemeenskapsveiligheid en -skakeling. Hy sal op 2 Augustus sy nuwe pos aanvaar.

Die Kongres van die Mense, Cope, het Cele van partydigheid beskuldig in die onlangse geweld in KwaZoeloe-Natal en dat hy nooit gepoog het om die neutraliteit van die SAPD te handhaaf nie.

Die IVP het gesê die toekoms van die Valke is onder verdenking aangesien hulle nooit polities onafhanklik sal wees nie en nooit die sukses van die Skerpioene sal kan ewenaar nie.

Die DA het Cele aan 'n paar van sy ongelukkige opmerkings herinner. Cele het 'n man 'n rassis genoem nadat hy gekla het oor Cele se blouligkonvooi teen 160km per uur op 'n openbare pad voortsnel, asook die "skiet om dood te skiet" sinsnede.

Die nuwe polisiehoof het die opmerking Woensdag verdedig deur te sê die Strafwet van 1977 stipuleer dat polisielede geregtig is om dodelike mag aan te wend indien hulle bedreig word.

Bantu Holomisa van die UDM het gesê Selebi se aanstelling het bewys dat 'n burgerlike nie die polisie moet lei nie want dit is sleg vir die moraal.

Die Vryheidsfront Plus het gesê die aanstelling wys dat Zuma totale politieke beheer oor die polisie wil behou en dit laat rooi gevaarligte flikker.

Hulle het voorgestel dat Cele uit al sy ANC-poste bedank sodat die polisie nie verder gepolitiseer word nie.

Die SAKP het die aanstelling verwelkom en gesê Cele sal op die voorpunt van misdaadbekamping in sy provinsie wees. Die ID het ook sy aanstelling geprys en gesê dit sal die belastingbetaler heelwat geld spaar om 'n polisiehoof te hê wat werk en nie soos die vorige een op langverlof sit en niks doen nie.

1 euro depositФильчаков прокурор харьков

Geweld oor dienslewering duur voort

Geweld oor dienslewering teister Suid-Afrika steeds. Ontevrede inwoners het in twee plekke weereens in opstand gekom teen swak dienslewering.

In Tokoza, aan die Oos-Rand, het inwoners Dinsdag polisievoertuie onder die klippe gesteek en vullis rondgestrooi. Die polisie moes van rubberkoeëls gebruik maak om hulle uiteen te jaag.

’n Groep van 200 inwoners van die Tokoza-hostel het vroegoggend na die munisipale kantore opgeruk. Hulle het gewelddadig begin raak omdat die kantore gesluit was.

“Die mense is van dié kantore terug na hul hostel waar hulle die polisie met klippe aangeval het. Ons beamptes moes rubberkoeëls skiet om die groep uitmekaar te dryf,” het kapt. Godfrey Maditsi, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Sapa het die situasie ná die skietery kalm geraak en teen laat gistermiddag was alles terug na normaal.

Die inwoners is ontstoke oor huise, toilette en kragtoevoer wat hulle beloof is en nie gelewer is nie.

Volgens Maditsi is niemand beseer nie en niemand ook in hegtenis geneem nie. Hy sê die polisie sal egter die gebied bly patrolleer.

Die betoging volg op dié van verlede week waar drie mense beseer is toe die polisie met rubberkoeëls op sowat 400 betogers losgebrand het.

In Mpumalanga, in die Simile-lokasie naby Sabie, het sowat 500 inwoners Dinsdag amok gemaak. Hulle het 'n biblioteek en munisipale voertuie aan die brand gesteek. 'n Polisieman is in die geweld beseer.

Twee munisipale trekkers, 'n brandweerwa, 'n bakkie en 'n trok is uitgebrand volgens superintendent Abie Khoabane.

Die polisie moes ook van rubberkoeëls gebruik maak. Inwoners is woedend omdat hulle griewe, wat twee weke gelede by die munisipale kantore oorhandig is, nog nie aandag van die owerhede geniet het nie.

материал длялобановский харьков класс

Afgedankte kry administrateurspos

Mojalefa Matlole, die administrateur wat aangestel is om die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit (Lichtenburg, Ottoshoop, Mafikeng) in Noordwes sogenaamd reg te ruk, is die afgedankte munisipale bestuurder van die Mangaung-munisipaliteit wat steeds teregstaan op aanklagte van rampokkery.

Hy het in Mei saam met 18 medebeskuldigdes in die Vrystaatse hooggeregshof verskyn op onder meer twee aanklagte van rampokkery wat spruit uit ’n ondersoek na Mangaung (Bloemfontein, Thaba Nchu en Botshabelo) se finansies.

Hy verskyn weer op 9 Desember in die hof in die strafsaak teen hom.

Chris Hattingh, DA-leier en LPW in Noordwes, het gesê dit is skandalig om Matlole aan te stel om administrateur te wees van ’n munisipaliteit wat deurspek is met bedrog, korrupsie, wanbestuur en wanbesteding.

Die provinsiale regering is glo bewus daarvan dat die aanstelling kritiek kan ontlok maar Matlole se woordvoerder sê die administarteur is onskuldig totdat hy skuldig bevind word.

Matlole is in 2006 ná ’n tugverhoor afgedank nadat hy op 72 klagte van bedrog en korrupsie skuldig bevind is.

free online casinoФільчаков прокурор

Krothuise in Luanda platgestoot vir sokker

Tweehonderd Angolese het Dinsdag buite die parlement betoog teen die vernietiging van hulle huise. 'n Nie-regeringsorganisasie sê die stap het 15 000 mense sonder 'n dak oor hulle koppe gelaat.

Volgens ooggetuies het die die polisie die skare wat geskree het 'gee ons ons huis terug' gou uiteengejaag. Regeringsministers binne die parlementsgebou was nie bewus van die gebeure buite nie.

SOS Habitat sê 3 000 huise is platgestoot oor die afgelope paar dae in die suidelike deel van die hoofstad Luanda en 15 000 mense waaronder talle kinders is dakloos. Die organisasie sê dit is 'n menseregteskending omdat die slagoffers nie nuwe tuistes gegee is nie.

Die vernietiging van die huise is die jongste in 'n reeks vasvataksies deur die plaaslike regering om "anargistiese" nedersettings te tem. Gedurende die oorlog het talle die platteland verlaat om hulle in Luanda te vestig.

Die gebied wat tans geteiken word, staan bekend as Irak en Bagdad en is naby die stadion wat vir die 2010 Afrikabeker van Nasies beplan word. Amptenare sê die grond is in "openbare belang" opsy gesit.

Die betoging het waarnemers verbaas in 'n land waar die regering en polisie nouliks uitgedaag word.

Ten spyte van Angola se olierykdom, leef meer as tweederdes van die bevolking in volslae armoede op minder as twee dollar per dag en meer as die helfte het geen toegang tot sanitasie nie.фильтр влагоотделитель для сжатого воздухаФильчаков прокурор

Passasiers brand trein

Passasiers het vyf treinwaens van die langafstanddiens Shosholoza Meyl aan die brand gesteek nadat 'n lokomotief Maandag in die Vrystaat gebreek het.

Shosholoza Meyl se waarnemende hoof, Viwe Mlenzana, sê die trein was oppad van Bloemfontein na Johannesburg, met sowat 150 passsiers aan boord toe dit naby Virginia teen 6.15nm aan die brand gesteek is.

Terwyl die passasiers moes wag vir 'n vervangerlokomief, het hulle kwaad geraak en die trein se personeel begin dreig, het hy in 'n verklaring gesê.

Die skade aan die trein beloop ongeveer R9 miljoen. Niemand is in die brand beseer nie.

Mlenzana sê busse is gereël om die gestrande reisigers na hulle bestemmings te neem. Die spoorlyn is Maandag gesluit om die wrakstukke te verwyder.

Treine na Johannesburg is geraak deur die sluiting

'n Ondersoek na wat aanleiding gegee het tot die geweld sal onderneem word.

free slot machine sitesалександр лобановский класс

Talle stakende werkers beseer in polisieoptrede

Etlike betogers is beseer toe die polisie met rubberkoeëls op duisende munisipale werkers losgebrand het wat Maandag die strate ingevaar het om beter vergoeding te eis. Hulle het straatverkopers geteister en vullisblikke in die strate omgekeer.

In Plettenbergbaai is vier lede van die polsie en agt bestogers beseer. Kaptein Malcolm Pojie sê die polisie moes rubberkoeëls en pepersproei gebruik teen 'n groep van ongeveer 100 Samwu-lede (SA Municipal Workers Union) om te keer dat hulle verbygaande motoriste asook polisielede met vullis en ander items bestook.

Twee mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld.

Limpopo polisie sê drie mense is beseer in Polokwane toe werkers gewelddadig geraak het tydens 'n opmars na die munisipale kantore. Superintendent Moatshe Ngoepe sê die polisie moes die skare met rubberkoeëls onder bedwang bring.

"Hulle het die munisipale kantoor se hek beskadig en al die vullis in die strate rondgestrooi."

Vyf-en-twintig mense is in hegtenis geneem op klagtes van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging, asook 'n die byeenroep van 'n onwettige byeenkoms.

In Empangeni, KwaZulu-Natal, het die polisie 50 mense gearresteer nadat hulle na bewering probeer het om 'n polisievoertuig aan die brand te steek.

Inspekteur Mbongeni Mdlalose sê die betogers het 'n brandende voorwerp na die voertuig gegooi, maar het nie daarin geslaag om die voertuig aan die brand te steek nie.

In Pretoria het vakbondamptenare gekeer dat betogende werkers van straatsmouse steel.

Samwu (SA Municipal Workers' Union) sê die staking sal ten minste tot Woensdag aanhou. Die vakbond sê hulle lede het in "volle krag" Maandag uitgekom om die staking te ondersteun.

Sake soos vullisverwydering, verkeer, wateronderhoud en belastinginvordering is geraak deur die staking, selfs in kleiner munisipaliteite soos dié van Bredasdorp, Mosselbaai en Beaufort-Wes

Die unie is woedend oor verslae van polisieoptrede in Polokwane want volgens hulle was nie mars "vreedsaam en gedissiplineerd".

In Johannesburg, Kaapstad en Durban was dit meerendeels vreedsaam, alhoewel daar berigte van intimidasie en aanrandings deur stakers in Khayelitsha, Killarney en Nyanga was.

Woordvoerder Kylie Hatton sê 'n wetstoepasser is by 'n terminus in Nyanga deur stakende werkers aangerand en moes na 'n kliniek geneem word vir behandeling.

для баниtopcargo отзывы сотрудников