Staatsgreep in Lesotho misluk

Volgens Mothetjoa Metsing, Lesotho se minister van kommunikasie, het Suid-Afrikaanse en Mosambiekse huursoldate ’n staatsgreep teen Lesotho se premier, Pakalitha Mosisili (64) probeer uitvoer.

Padblokkades was gister nog in Maseru te siene ná ’n mislukte sluipmoordpoging eergister op Mosisili.

Altesame sewe mense is in aanhouding ná die aanval op Mosilisi se ampswoning en weermagbarakke het die SABC berig. Vyf mense is in Suid-Afrika aangekeer en twee in Lesotho.

Mosisili is sedert 1998 aan die stuur. In daardie jaar het die SAOG troepe uit Suid-Afrika en Botswana ontplooi om Lesotho’n staatsgreeppoging teen Mosisili te keer. Sedertdien is Lesotho se weermag verdeeld.

Volgens Media24 se Afrika-kantoor, het die SAPD en SANW eergister gehelp om van die vermeende aanvallers langs die Caledonrivier-grens aan te keer.

Nog drie vermeende aanvallers is eergisteraand doodgeskiet in gevegte met die gesamentlike Suid-Afrikaanse en Lesotho-mag. Die aanvallers was glo uit Lesotho self.

freeslots casino slotsФильчаков прокурор харькова

ANC se posisie verbeter stadig maar seker

Die ANC se posisie is besig om stadig maar seker te verbeter. Alhoewel die stemresultate stadiger inkom het dit vroeg Vrydagoggend, teen 3 vm, verder in die guns van die regerende party geswaai.

Die ANC staan nou op 67, 04% met 8,264,909 van die12,328,424 stemme reeds getel. Die DA is besig om stoom te verloor van die 16% hoogtepunt wat die party Donderdag bereik het en staan nou op 15.82% met 1,950,025 kruisies.

Cope is in die derde plek met 7.65%, oftewel 943,232 stemme.

Die ander partye het onbenullige persentasies behaal. Die tellery het Vrydagoggend merkbaar verstadig en slegs 165,205 stemme is tussen 12.55 en 3vm getel. In die Oos-Kaap is die tellery afgehandel en het die ANC met 69.50% gewen. Dit verteenwoordig 1,499,363 uit die 2,157,366 stemme.

Volgens die OVK het 77.31% van geregistreerde kiesers Woensdag hulle stemme uitgebring.

бланк справки для бассейнаФильчаков прокурор харьков

Hoe ek Jacob Zuma ken

ImageJacob Zuma se sekretaresse ontvang my vriendelik en vergesel my na die stoep aan die oostekant. Ek kyk haar vraend aan. Met haar wysvinger maak sy 'n veelseggende draaibeweging in die rigting van die plafon.  

Buite sal ons dus meer privaat wees…

Die reusesybokhaarmat wat die voorportaal met die ou Transvaalse wapen vroeër versier het, het plek gemaak vir 'n goedkoop geel, swart en rooi geruite mat. Die stinkhout- en geelhoutmeubels van 'n vorige beskawing is weg. In die plek daarvan staan doodgewone meubels wat lyk of dit uit 'n tweedehandse meubelwinkel kom. Die stoepmeubels is twee stelle gemakstoele met botsende kleure.

Ek wag op die stoep van vervloë jare se administrateurswoning. Overvaal. In die tuine sien ek hoe vier tuiniers probeer om 'n tuinslang gekoppel te kry, terwyl 'n vyfde die hope roossnoeisels in 'n kruiwa laai. Die tuin is sonder persoonlikheid en verwaarloos.

My gedagtes gaan terug na 1967. Oom Sybrand van Niekerk, verlangs familie van my vrou, was toe nog administrateur van die Transvaal. Tannie Marietjie was 'n ywerige tuinskepper en sy en haar wit tuinier moes die groot tuin self in stand hou. Ons het daardie Sondag middagete by hulle geniet. Dit was hoe Boeremense mekaar destyds onthaal het. Ná ete besoek die manne dan die vrugteboord en pluk mandjies vars vrugte. In 1967 was die tuin 'n welige paradys.

Maar dit was 42 jaar gelede. Snaaks hoe die tyd aanstap en dinge laat agteruitgaan.  

Hier sit ek nou in Julie 2005. 'n Maand of wat gelede is ene Shabir Shaik op aanklagte van omkopery en bedrog deur regter Hillary Squires skuldig bevind en tronkstraf opgelê. President Mbeki het sy adjunk kort daarna onseremonieel in die parlement afgedank.  

Dan stap Jacob Zuma deur die sydeur, met sy gebruiklike breë glimlag, hand uitgetrek.

"How are you, Mr Wingard."

"Thank you for seeing me at such short notice, Mr Zuma."

Hy haal sy selfoon uitmekaar en plaas die drie stukke op die koffietafel tussen ons. Ek skakel my selfoon af en sit dit langs syne. Hy knik dankbaar.

"We should be OK here. I take it this is a private meeting. My situation is quite delicate and I do not want any further complications."

Ek stel hom gerus. Ons verwissel 'n paar komplimente en toe vra hy: "How are the Afrikaners?"

"I have not come to talk to you about the Afrikaners today. I want to talk to you about three things and I would be pleased if you would give me frank and honest answers to three matters that bother me."

"OK, what are they?"

Die gesprek wat ons daardie oggend in Engels gehad het, vertel ek nou oor in Afrikaans:

"Eerstens, wil ek oor Jacob Zuma praat. Ek wil sy kant van die storie hoor oor die aanklagte van korrupsie en bedrog wat teen hom gehou word."

"Tweedens, wil ek met jou praat oor 'unfinished business.' Soos jy weet, was daar onafgehandelde besigheid rondom ooreenkomste wat jy en Thabo Mbeki in 1993/94 met die Generaal en ander leiers aangegaan het, maar wat gerieflikheidshalwe onder die mat beland het."

Hy knik instemmend.

"Laastens wil ek oor projekte in Kwa-Zulu Natal praat." Ek kan nie help om die byna seunsagtige opgewondenheid in sy oë te lees nie.

"Goed, laat ek jou my kant van die storie vertel.  In die kabinet was ek die armste kabinetslid. Daarmee beskuldig ek niemand van enigiets nie, net dat dit ironies is dat almal skielik vingers na die persoon wys wat seker die minste invloed gehad het met die toekenning van wapenkontrakte. Onthou jy nog die inligtingskandaal? Connie Mulder moes die spit afbyt om te voorkom dat hy eerste minister sou word. Daarvoor is 'n skandaal geskep. Met al die geheime projekte waarmee die apartheidsregering binnelands sowel as in die buiteland besig was, kon verskeie kabinetsministers van bedrog of wanbestuur aangekla gewees het. Maar Mulder is uitgesonder omdat hy 'n politieke gevaar vir PW Botha ingehou het.

Ek word presies op dieselfde manier uitgesonder, vanweë my sterk aanhang in die party.

Ja, ek het 'n vertrouensverhouding met Shabir Shaik gehad. Ja, hy het aan my geld geleen. Natuurlik sal dit alles bewys kon word. Maar ek kan met 'n skoon gewete sê dat ek nog nooit 'n sent van die staat of van die publiek wederregtelik gevat het of dat enige besluite wat ek moes neem deur Shaik se lenings beïnvloed was nie. Ek weet nie hoe iemand ooit soiets teen my sal kan bewys nie. As ek sy saak kwansuis sou bevorder het, sou dit binne die normale menslike politikus-vriendkonteks gebeur het.  

Dan is daar ook die kwessie van ons Afrikakultuur. In die Afrikakultuur is dit nie ongewoon vir onderdane om gereeld 'n bok of selfs 'n os vir die Kgosi saam te bring nie. Daardeur bewys hy dan sy lojaliteit en maak hy staat op die wederkerige beskerming van die hoofman.

In die westerse politieke stelsel word van lobbying gebruik gemaak. Parlementariërs en ministers word met allerhande gunste bearbei om bepaalde beleidstandpunte te beïnvloed."

Ek word meegesleur deur sy driftige openhartigheid. Ná nog verdere verduideliking steek ek my hand uit:

"Dankie, ek verstaan die situasie en aanvaar jou verduideliking. Op 'n later tydstip sal ek dit wêreldkundig maak. Intussen moet die reg maar sy loop neem, maar ek sal nie my vertroue in jou verloor nie." Jacob heg waarskynlik baie waarde aan my eertydse diens by die Volkstaatraad, en aanvaar my bona fides volledig.

Hy neem my hand: "Jy weet nie wat jou woorde vir my beteken nie. My familie is baie geskok oor al die beweringe. Mense behandel my deesdae asof ek melaats is, maar soos gewoonlik verstaan die Boere my die beste. Laasweek het ek besoek gehad van 'n Boere-afvaardiging, en hulle het ook hul steun belowe."

Hy gee 'n oorsig van die historiese verhouding tussen die Boere en die Zoeloes. Jacob Zuma ken sy geskiedenis en hy respekteer die Boere. Sedert daar vrede gemaak is ná Bloedrivier was daar vir langer as 150 jaar geen noemenswaardige spanning tussen die Boere en die Zoeloes nie. Beide partye het altyd hul ondernemings nagekom.

"En wat nou van die onvoltooide besigheid?"

'n Ernstige uitdrukking kom oor sy gesig wat hy op 'n honderd plooie trek.

"As ek die president van hierdie land sou word, sal ek ernstige en dringende aandag daaraan gee. Ek sal na alle redelike versoeke luister. Ek heg baie waarde aan die mens se kultuur en besef dat die Boere ook baie gesteld is op hul eie kultuur. Maar wat Afrikaners baie mooi sal moet verstaan:  Hulle sal hul huis in orde moet kry.  Ek kan nie met verskeie teenstrydige versoeke of skemas gekonfronteer word nie. Doen julle huiswerk behoorlik en ek sal my kant ook bring."

Toe trek Jacob Zuma weg met 'n byna onthutse aanval op die huidige rasbehepte beleid van transformasie. Hy kan onmoontlik nie verstaan hoe die ANC by die punt uitgekom het waar ideologie belangriker geword het as dienslewering nie. Hoe kan die land bekostig om honderde duisende geskoolde landsburgers elke maand te verloor?

Daarna bespreek ons kortliks 'n reeks biobrandstofprojekte in Kwa-Zulu Natal. Ek verseker hom dat ek die saak op die regte tydstip verder sal voer.

Dit was byna vier jaar gelede. Sedert die Overvaal-besoek het ons weer twee keer ontmoet. Elke keer was sy uitsprake dieselfde oor Afrikaners. Dit is duidelik dat hy nie ons stemme wil werf nie, maar dat die land hulle nodig het, want, soos hy dit stel:

"We cannot run this country without the Afrikaners." 

для насосовлобановский класс

Japan betaal buitelanders om te gaan

Japan wil graag van buitelandse arbeid ontslae raak en dié land bied tans kontant aan sodat Latyns-Amerikaanse arbeiders kan terugkeer na hulle lande van oorsprong. Sover het sowat 100 gesinne aangedui dat hulle sal gaan.

Die resessie het die land genoop tot die stap maar kritici meen dit is te erg. Die arbeiders wat meerendeels uit Brasilië afkomstig is, het almal 'n Japannese voorouer. Teenstanders van die idee meen Japan gaan in die toekoms weer van hulle arbeid moet gebruik maak en dat dien stap kortsigtig is.

'n Eeu gelede het Japannese na Brasilië uitgewyk om daar in die koffieplantasies te werk en intussen ondertrou. Met arbeidstekorte in 1990 is spesiale visums aan 366 000 sulke Brasiliane en Peruviane uitgedeel en tans woonagtig in Japan.

Hulle beman die harde, vuil en gevaarlike poste en staan bekend as die drie-k werkers: In Japannees bekend as kitsui, kitanai, kiken.

Dieselfde plan is onlangs in Spanje geloods om van buitelanders ontslae te raak.

детские лосины для девочекФильчаков прокуратура харьков

Taliban slaan groot slag

Die Taliban het 'n strategiese vesting ongeveer 70km van die Pakistanse hoofstad Islamabad oorgeneem volgens die land se woordvoerders.

Die val van Buner beteken egter nie dat die Taliban die hoofstad tans bedreig nie. Dit het nietemin skokgolwe deur die internasionale gemeenskap gestuur omdat dit duidelik raak dat die insurgensie stoom optel.

Daar woon ongeveer 1 miljoen mense in die stad en Buner word beskou as die toegang tot 'n groot Pakistanse stad, naamlik Mardan. Mardan is na Pesjawar die belangrikste stad in die noordweste.

'n Senior amptenaar het aan die media gesê dat as die Taliban Mardan inneem, is dit "die einde van die spel".

Die Taliban het Buner vanuit die aangrensende Swatvallei ingeneem. Sedert Februarie heers 'n skietstilstand tussen die militantes en die Pakistanse weermag wat ingestem het om in hulle kwartiere te bly.

Teen Woensdag het Talibanstryders die gebied gepatrolleer en regeringskantore geplunder. Triomfantelike stryders het kantoorinhoud op Pakistanse televisie opgehou en vertoon.

'n Inwoner van die stad Buner sê die Taliban "is oral en daar is geen weerstand nie". Klaarblyklik is die opmars, wat al weke lank opgebou het, vergemaklik deur senior amptenare van stad self.

Die oorname kom tien dae nadat die regering van president Asif Ali Zardari ingestem het om Sjariawet in Buner af te kondig om die Taliban tevrede te stel as deel van 'n ooreenkoms tussen die militantes en die staat.

Hillary Rodham Clinton, die VSA se sekretaris vir buitelandse sake, het gesê die Pakistanse regering gee te veel aan die Taliban toe. Hulle het "basies geabdikeer aan die Taliban en ekstremiste," het sy aan 'n sitting op Capitol Hill gesê. Die Obama-administrasie is bekommerd oor die nuutste ontwikkelinge in pakistan volgens ingeligte ontleders, aangesien die land oor 'n kernarsenaal beskik.online slots free spins no depositАлександр Фильчаков

Kernreus EDF huur privaatondersoekers

Dit is nie 'n toneel uit 'n spioenasiefilm nie, maar 'n alledaagse, wettige verskynsel: Die wêreld van privaatondersoek.

Die sakeman in die vyfsterhotel se sitkamer het geen idee dat 'n span van vier mense hom alreeds ure lank volg nie. 'n Vrou wat naby hom plaasgeneem het en oënskynlik verveeld deur 'n tydskrif blaai, is eintlik besig om na sy selfoongesprek in te luister.

Kargus Konsultante is maar een van duisende maatskappye in dié lukratiewe bedryf wat daarin spesialiseer om inligting te versamel, 'n duur en tydrowende werk veral as fisieke agtervolging ter sprake is. Van Kargus se kliënte is Nestlé en Chanel. Meer bekend nog is ondersoekmaatskappye soos Kroll. Rekenmeesters weer gebruik dikwels hul eie opgeleide spanne.

Die klein Britse maatskappy Kargus sê ten minste vier mense is nodig om een persoon te volg. Daarby moet 'n voertuig, verskillende stelle klere en hope tyd bygereken word. Een professionele spioen vra gemiddeld byna R800 per uur.

Welbekende metodes soos 'n kamera by 'n voordeur, waarvan joernaliste dikwels gebruik maak om bekende persoonlikhede te volg, is nie onwettig nie, volgens Kargus. Daarbenewens gebruik hulle oop bronne waaruit hulle genoeg inligting kan versamel.

Kargus is onlangs deur die Franse elektrisiteitsvoorsieningsmaatskappy EDF gehuur teen R130 000 per maand om die bewegings van anti-kernkragaktiviste soos Greenpeace te monitor. Die skuif van die Franse het wenkbroue laat lig omdat kernkrag 'n uiters sensitiewe aangeleentheid is wat deur die staat behartig word.

 
Amptenare van die EDF is intussen aangekla omdat hulle sogenaamd spioene aangestel het om op Greenpeace te spioeneer regoor Europa. Een van die aangeklaagde veiligheidsmanne ontken dat hy die Greenpeacenetwerk gekraak het, maar het erken dat Greenpeace en ander groepe sedert 2002 dopgehou word.
 
Frankryk worstel steeds met hulle openbare beeld rakende kernkrag vanweë die Rainbow Warrior, Greenpeace se vaartuig, wat in 1985 deur Franse intelligensie gesink is.
 
Die EDF-spioenasiekwessie is voorbladnuus in Brittanje waar die EDF kort gelede British Energy, die Britse kernmaatskappy, oorgeneem het. 
 
Brittanje is een van die lande waar kernkrag kwaai kritiek ontlok.

 

 

slots on lineлобановский класс харьков

IMF gaan goud verkoop

ImageLeiers van die G20 het die IMF se plan om 403 ton goud op die mark gesit, ondersteun. Die IMF sê hulle wil daarmee die wêreld se armste lande van hulp wees. Daarbenewens sal die goudprys laag gehou word wat sal meewerk om beleggers te oortuig om nie aandele te versaak nie.

Die IMF het in 'n verklaring gesê dat hulle die "addisionele fondse van goudverkope sal aanwend om finansiële konsessies aan die armste lande toe te staan". Die ondersteuning van lidlande dui daarop dat die plan later vanjaar goedgekeur sal word.

Die IMF beoog al sedert 2007 om goud te verkoop om hulle inkomste aan te vul en die balansstaat te versterk. Maar die plan moet deur 85% van hulle 185 lede goedgekeur word.

Die VSA, wat 17% van die fonds se stemkrag hou, het daarmee ook vetoreg. Amerika het die IMF intussen laat weet dat hulle die goedkeuring van die Kongres sal moet verkry om voort te gaan.

Die Amerikaans tesourie het verlede jaar aangekondig dat hulle goedkeuring deur die Kongres sal nastreef.

Die IMF hou meer as 3 200 ton goud en is die grootste houer in die wêreld na die VSA en Duitsland. Die IMF se goud kom van lidlande wat verplig word om 25% van hulle kwota goud aan die fonds te gee. Hierdie goud mag nie deur die fonds verkoop word nie.

Wat hulle wel van die hand mag sit is die addisionele 403,3 ton goud wat hulle deur buitemarktransaksies bekom het tussen 1999 en 2000. Lande wat toe rente moes betaal op IMF-lenings het dit soms in goud terugbetaal en daardie goud mag die IMF volgens hulle bepalings verkoop.

flower bridal headbandАлександр Фильчаков

Oudste professie gebuk onder ekonomiese krisis

Dit was seker te wagte dat die oudste professie deur die wêreld se ekonomiese hoofbrekens ingehaal sou word.

In Duitsland, een van die enkele lande waar prostitusie wettig is en buitengewoon deursigtig, het die bedryf nou maatreëls aangekondig om sake op te kikker met moderne bemarkingstegnieke, afslag en allerlei ander foefies wat die dalende aanvraag kan tem.

Sommige bordele het hulle pryse verlaag en bied gratis promosies aan terwyl ander weer 'n inklusiewe minimumprys daargestel het. Gratis buspendelvervoer, afslag vir senior burgers en dagpasse is van die planne wat tans in werking is.

'n Eienares van 'n bordeel in Hanover sê haar inkomste het met 30% gedaal en by ander klubs met soveel as 50%. "Ons beleef beslis 'n krisis. Kliënte is suinig. Hulle is bang. 'n Mens kan nie meer vir ekstras vra nie en daar is druk om die pryse te verlaag. Almal soek 'n winskopie. Spesiale aanbiedinge is deesdae noodsaaklik,"sê sy.

Daar is 400 000 profesionele prostitute in Duitsland. Amptelike syfers dui nie die verskil tussen manlik en vroulik aan nie, maar dit word algemeen aanvaar dat vroue die bedryf oorheers. Albei geslagte word gelyk onder die wet behandel.

In 2002 het nuwe wetgewing dit moontlik gemaak om te adverteer en 'n werkskontrak aan te gaan. Dus kan sekswerkers mediese versekering uitneem wat hulle voorheen nie beskore was nie.

Die jaarlikse inkomste van die bedryf beloop 14 miljard euros volgens die Verdidienstevakbond. Belastings wat die staat danksy sekswerk in, is 'n belangrike bron van inkomste vir sekere stede.

съемные протезы зубовФильчаков прокурор

ANC neem die voortou

Met die sluiting van alle stemlokale vroeg Donderdagoggend, wys die eerste uitslae dat die ANC 'n duidelike voorloper is. Die OVK sê met 1, 3% van die stemme getel, het die ANC 160 031 stemme, byna dubbel soveel as die DA met 83 287.

Die DA loop egter voor teen Cope wat op 21 608 stemme gestaan het teen 3 uur vanmore. Patricia de Lille se ID was in die vierde plek met 8 815 kruisies. Die VF Plus het 6 539 stemme en die IVP het 5 620.

Die tellery het kort na 9 uur Woensdagaand afgeskop, nadat stemlokale amptelik regoor die land gesluit het. Daar was egter 6 000 stasies wat hulle deure oopgehou het om kiesers wat ure lank tougestaan het tegemoet te kom om hulle stemme uit te bring.

Teen 3 uur Donderdagoggend het die OVK bevestig dat die laaste stemlokale hulle deure gesluit het in KwaZoeloe-Natal.

Die DA-leier, Helen Zille, loop voor in die provinsiale stryd in die Wes-Kaap waar sy hoop om premier te word. Zille was hoogs ontsteld oor die vertragings by sommige stembusse en het gesê sy is gereed om die "patetiese" OVK hof toe te sleep omdat stembriewe by 24 stasies in die Wes-Kaap en Gauteng opgeraak het.

Sy het gesê dat verlengde stemmery die ANC kan bevoordeel. Nadat nog tyd gegun is aan kiesers om hulle kruisies te gaan trek, het die ANC in plakkersgebiede buite Kaapstad diegene wat nie langer wou toustaan nie, teruggeroep.

Zille het Zuma tydens haar veldtog as 'm "gevaar vir demokrasie" beskryf.

Ontleders het die opkoms as "oorweldigend" beskryf, maar die OVK meen dat die grootste rede vir hulle logistiese probleme eerder die konsessie was wat op die laaste nippertjie geneem is om mense by enige stemlokaal van hulle keuse te laat stem in stede van waar hulle geregistreer is.

Brigalia Bam, voorsitter van die OVK, sê die beste nuus is dat daat geen stemintimidasie was nie. Cope het egter beswaar gemaak omdat 'n senior partylid by sy huis in Motherwell in die Oos-Kaap geskiet is.

автомойка автоматическая ценаФильчаков Харьков

SA wynverkope daal skerp

Met Suid-Afrikaners wat die effekte van stygende belasting en die resessie voel, het die verkope van wyn gedaal, het die Wyn-van-die-Maand klub Dinsdag in Kaapstad gesê.

Besturende direkteur van die land se grootste direkte wynbemarker, Tai Collard, het gesê dat die verkope in die VK ook tot ‘n skielike stilstand gekom het.

“Die Suid-Afrikaanse markaanvraag vir natuurlike wyn het essensieel ‘n nul persent groeikoers getoon vir  die 12 maande periode wat in Augustus 2008 geëindig het,” het Collard gesê.

“…Die VK, wil dit voorkom, staar ook moeilike tye in die gesig. Alhoewel wynverkope in Brittanje met 6% toegeneem het tot 5,6 miljard Euro in die jaar wat geëindig het in Maart 2008, het die groei nou tot stilstand gekom.”

Die statistiek, het Collard gesê, sal ‘n slag wees vir die VK wynhandelaars wat sterk groei geniet het in die laaste paar jaar met verbruikers wat beweeg het van bier na wyn.

“Dit gaan steeds ‘n wynoorvloed beteken, daar is te veel wyn beskikbaar daar buite.”

free 5 pound no depositФильчаков прокурор харьков

Waarom die ANC se tweederdemeerderheid ‘n goeie ding is

ImageDie jongste meningsopname deur Ipsos-Markinor toon dat opposisiepartye soos Kongres van die Mense of die DA in hul verwagtinge om beduidende stemme by die regerende party af te neem beskaam is, want die ANC behoort steeds 'n tweederdemeerderheid te behaal.

Daardie politieke gek wat vir die Afrikaner se huidige penarie verantwoordelik is, FW de Klerk, het onlangs 'n patetiese oproep gedoen dat die ANC nie 'n tweedemeerderheid behoort te verkry nie.

Die vraag is: waarom nie? Nadat De Klerk in sy onbesonne oorgawe die Weermag deur Umkhonto we Sizwe laat oorneem het en so te sê alle openbare instellings, waaronder ook Eskom, Transnet en ander semi-staatsinstellings, watter verskil op aarde maak dit indien die ANC drie of vier minder parlementslede het wat hom teoreties sou verhoed om die fameuse 1996-grondwet te verander?

Danksy Roelf Meyer, wat 'n nog hopeloser figuur as De Klerk self is, het die ANC 'n grondwet verkry wat geheel en al in sy guns geskryf is. Tot dusver het die ANC 'n totale oorheersing oor die land bekom sonder dat dit nodig was dat hy die grondwet verander. Trouens, staatdepartemente, provinsies en munisipaliteite oortree elke dag die grondwet sonder dat 'n haan daaroor kraai in hul rassediskriminasie teen blankes, asook hul taaldiskriminasie teen Afrikaans.

Of die ANC dus oor twee derdes van die parlementêre setels beskik of nie, maak geen duit verskil aan die dwingelandy van transformasie waarin ons reeds verkeer nie.

Trouens, vanuit die oogpunt van die Afrikaner wat dringend toegewings met die maghebber moet onderhandel ten einde fisiek en kultureel te bly voortbestaan, mag dit selfs 'n goeie ding wees indien die ANC tydens môre se verkiesing 'n oorweldigende meerderheid sou behaal.

Ten eerste mag dit nodig wees vir die ANC om die grondwet te verander indien Jacob Zuma 'n eie onderwysowerheid aan Afrikaners sou toestaan.

Dit is altyd beter om met 'n vyand te onderhandel wat nie bang is dat sy toegewings hom van steun onder sy volgelinge sou beroof nie.

Ten tweede stel Zuma se oorweldigende meerderheid hom bloot aan kritiek dat hy 'n eenpartystaat regeer waarin minderhede verdruk word. Toegewings aan die Afrikaner in die vorm van 'n eie onderwysdepartement, minder regstellende aksie en grondhervorming, asook 'n beter wapenwet, kan die indruk van 'n eenpartystaat versag.

Soos wat die meeste intelligente ontleders voorspel het – teenoor die liberale wensdenkers wat steeds onder die illusie verkeer dat ras geen rol in die SA politiek speel of behoort te speel nie – stem die swart SA kieser vir 'n leier van sy ras en verkieslik van sy eie stam. Dis geen toevalligheid dat Zuma 'n Zoeloe is en dat die vorige swart presidente insgelyks uit die tweede grootste etniese groep, die Xhosas, gekom het nie.

Mev. Zille van die DA en haar aanhangers in die liberale media is daaroor begaan dat die ANC se eenpartyoorheersing gaan voortduur omdat hulle dit sien as 'n mislukking van die multikulturele smeltkroestelsel wat hulle self hartstogtelik voorstaan.

Maar vir die leidende figure onder die Afrikaners, asook ons arme volk wat tans op alle gebiede vertrap en selfs vermoor word, verteenwoordig die huidige stelsel 'n steen des aanstoots wat hetsy deur onderhandeling, hetsy deur 'n eventuele gewapende opstand, verander móét word. (En vir diegene wat nie meer Afrikaans verstaan nie, let tog op die betekenis van "eventueel" in die laaste sin, as "moontlik", "gebeurlik".)

Die enigste hartseer van die huidige kiespatroon is dat soveel Afrikanerkiesers steeds aan die liberale sirenegesang van die DA gehoor gee en sodoende eintlik hul steun vir die huidige stelsel uitspreek, pleks van die Vryheidsfront Plus se selfbeskikkingsgedagte te onderkraag.

Uiteindelik is verkiesings in Afrika egter gebeurtenisse wat vooraf deur militêre en demografiese faktore bepaal word. Suid-Afrika is hierop geen uitsondering nie. Danksy demografie en De Klerk se militêre en politieke oorgawe, het die ANC 'n feitlik onaantasbare posisie ingeneem. Die massa swart kiesers stem nie vir die ANC omdat hy die beste beleid het nie, maar omdat hy weens sy beheer van die Weermag en staatsinstellings die sterkste is.

In 'n wesentlike sin is môre se uitslag irrelevant. Die intellektuele en politieke bevrydingstryd van die Afrikaner wat tans deur 'n klein minderheid gevoer word, is al hoop om aan die huidige tirannie van die meerderheid te kan verander.

Die hele Suider-Afrika smag na verandering. Die stelsel wat deur Brittanje en Amerika aan die einde van die Koue Oorlog op ons afgedwing is en waardeur bewegings soos die ANC en ZANU-PF hele lande ontvang het om soos die persoonlike eiendom van 'n hoofman te regeer, het reeds sy krake gewys, in weerwil van die geswymel oor "demokrasie".

Daarom hou die huidige Afrikanerbeweging nie slegs die sleutel tot Afrikanervoortbestaan in sy hand nie, maar ook die toekoms van die hele subkontinent wat soos Zimbabwe onder daardie einste "demokrasie" in ellende mag versink.

лестницу вДанильченко Юрий Харьков

ANC gaan tweederdemeerderheid behou

Die ANC gaan sy tweederdemeerderheid behou, volgens ‘n Ipsos-Markinor ondersoek wat Dinsdag in die Beeld gepubliseer is.

Opposisiepartye het nie die geleentheid gebruik om besluitelose kiesers te swaai nie, het navorsers bevind in die ondersoek wat gehou is vir Media 24.

Ipsos-Markinor se analis, Anneke Greyling, het gesê die resultate is gebaseer op onderhoude met 3500 stemgeregtigde mense, en het getoon dat die ANC wel effens steun verloor het, maar steeds ‘n tweederdemeerderheid sal behou.

Daar word voorspel dat die ANC 67% van die stemme sal kry in teenstelling met die 69% in die algemene verkiesings in 2004.

Die voorspellings vir die ander partye is: Demokratiese alliansie (13% , teenoor 12% in 2004), Die KVP (11%), Inkhata Vryheidsparty (3,5%, af van 7% in 2004), United Democratic Movement ( 1%, af van 2% in 2004), African Christian Democratic Party (1%, af van 2% in 2004) en die Vryheidsfront Plus (1%, dieselfde as in 2004).

уличные светильники наФільчаков Олександр Васильович

Mans kry ekonomies swaarder

Omdat mans die meeste industrieë domineer soos vervaardiging, konstruksie en finansies, word hulle meer as vroue geaffekteer wanneer die ekonomie krimp. Dié resessie het hulle pynlik blootgestel gelaat. Mans maak die helfte van die werksmag op, maar het meer as driekwart van die 5,1 miljoen werksverliese gedra sedert die resessie begin het. Die verhouding van mans in Amerika wat werk het, het geval van 73% tot 69%, die laagste sedert rekords begin het in 1948.

Vroue het werk verloor, maar teen ‘n minder drastiese tempo. Hulle neig om in diens te wees in gebiede soos witboordjie klerikale werk en hou driekwart van die poste in onderwys en gesondheidsorg, sektore wat die jaar effens uitgebrei het.

Die eindresultaat tans is dat meer vroue die enigste broodwinners van huishoudings geword het, en hul eggenote en kinders onderhou. Die probleme wat vroue in die werksmag in die verlede gepla het vir geslagte lank is nou almal se probleme.

Vroue word minder betaal as mans, en nie net in die professionele wêreld nie. Die blouboordjie poste wat verlore gaan is nie lae-salaris-poste nie: konstruksiewerkers verdien gemiddeld $840 per week, teenoor die Amerikaanse gemiddelde salaris van $616 per week. Gesondheid en onderwyswerkers in teenstelling verdien omtrent $620 per week; die gemiddelde weeklikse salaris vir verkoopsposte is $385.

Vroue is ook meer geneig om in en uit die werksmag te beweeg, en neem deeltydse poste soos om na kinders te kyk. Hulle het ook minder byvoordele soos gesondheidsversekering. Baie huishoudings wat nou op die vrou se inkomste staatmaak, kry swaar.

детские палаткиФильчаков прокурор харьков

Joods-Amerikaanse prokureur noem Tutu ?n rassis en swendelaar

Die Amerikaanse prokureur Alan Dershowitz het Maandag op die kantlyne van die Durban hersieningskonferensie oor rassisme in Geneva gesê dat Switserland se president ondersteunend is van “haarverspreiding” en dat die anti-apartheidsaktivis Desmond Tutu ‘n “rassis en ‘n swendelaar” is.

Hy het gesê hy sal die administrasie van president Obama aanmoedig om Switserland se dienste as verteenwoordigers in Iran te staak.

Amerika en Tehran het nie diplomatieke verhoudinge gehad sedert die Islamitiese rewolusie nie asook geen teenwoordigheid tydens die daaropvolgende gyselaarsdrama nie.

Switserse president Hans Rudolph Mertz het Sondag Iran se president Mahmoud Ahmedinejad ontmoet, wat later in ‘n toespraak aan die konferensie neerhalend en negatief was teenoor Israel.

“Tutu is ‘n swendelaar en ‘n rassis” het Dershowitz gesê van die Nobelpryswenner en Suid-Afrika se aartsbiskop. Hy is “blind, doof en stom as dit kom by sake rakende Israel.”

Tutu het steun toegesê aan die Palestyne en was die leier van ‘n ondersoeksending in die Gasastrook vir die VN se menseregte-organisasies.

instagram for brandsФильчаков прокурор харькова