Afrika se kusstede, Kaapstad, Lagos en Alexandrië, word bedreig deur stygende seevlakke wat miljoene kan ontwortel en massiewe ekonomiese verliese kan veroorsaak, het wetenskaplikes Woensdag gesê.
Geoff Bundrit van Global Ocean Observing System in Afrika het by 'n internasionale klimaatsveranderingkonferensie in Kaapstad gepraat, waar hy gesê het dat selfs 'n geringe styging in seevlakke chaos in sommige lande kan veroorsaak.
"Die risiko vir 'n ramp is hoog wanneer die kans vir gevaar hoog is, wanneer die vatbaarheid vir skade van daardie gevaar hoog is en die kapasiteit om die gevolge van die voorkoms van so ramp te hanteer laag is," het hy gesê.
Bundrit het aan AFP gesê dat baie Afrikalande geen soephelheid het teen al hoe meer skadelike storms wat voorkom as gevolg van die veranderende klimaat nie, en dat hulle gereeld getref word deur 'n storm voordat hulle van die skade van die vorige een herstel het.
Hy het gesê dit maak die kontinent baie kwesbaar.
Lagos in Nigerië is Afrika se digsbevolkte stad met 'n bevolking van meer as 15 miljoen mense wat tussen die see en 'n meer woon.
Met mense wat in elke beskikbare spasie ingeprop word, soms tot reg op die kuslyn, oorspoel storms alreeds laagliggende strate. Stygende seevlakke kan hele stukke land insluk, het Bundrit gesê.
"Waar sal die mense heen gaan?" het Bundrit gesê. Hy het bygevoeg dat die staat en regering "meer bekommerd was oor die ontwikkeling van Lagos" as om risiko te bestuur.
Volgens Bundrit "sal aanpassing deur beskerming 'n baie moeilike en duur proses wees" regoor die kus van Afrika en onmiddellike assesserings moet gedoen word en beleid in werking gestel word.
"Indien mens wel gaan rekening hou met die stygende seevlakke, sal buffersones langs die kus geplaas moet word waar mens ontwikkeling wil beperk," het hy gesê.

Terwyl die voortgaande vervolging van die ANC-president, Jacob Zuma, negatief is vir die rand, is dit slegs gedeeltelik die rede vir die geldeenheid se knieserigheid, sê RMB se geldeenheidnavorsing.
'n Vyf-en-dertigjarige sekuriteitswag is doodgeskiet en sy kollega ernstig gewond by die Mabopane-kliniek, noord van Pretoria.