Die Intellektuele Eiendomsregwetsontwerp is as wet bekragtig, s? die departement van wetenskap en te

Die wetsontwerp bevat duidelike verpligtinge ten opsigte van die eienaarskap van intellektuele eiendom in Suid-Afrika en is in die Staatskoerant op 22 Desember 2008 gepubliseer.

Die Wet op Intellektuele Eiendomsreg uit Regeringsgefinansieerde Navorsing (WIE) is ontwikkel om die doeltreffende gebruik van intellektuele eiendom wat uit regeringsbefondsde navorsing spruit, te verseker.

“Die spesifieke oogmerk van die wetgewing is dat intellektuele eiendom wat spruit uit regeringsbefondsde navorsing en ontwikkeling gekommersialiseer sal word tot die voordeel van alle Suid-Afrikaners en beskerm sal word teen onteiening.”

Om hierdie rede maak die wet voorsiening vir 'n instaatstellende omgewing vir intellektuele eiendomsreg, beskerming, bestuur en kommersialisering, sê die Departement.

Die regering se kennisontwikkelende instellings sal nou duidelike leiding hê oor hoe om intellektuele eiendom behoorlik te bestuur, asook hoe om seker te maak dat regeringsbefondsde intellektuele eiendom in die mark geplaas en gebruik word.

“Die sleutel hiertoe is dat die wet daarop gemik is om die skepping van nuwe kennis te fasiliteer wat uit openbare befondsing kom om hierdie kennis in die vorm van intellektuele eiendom te verseker, insluitende, maar nie beperk, tot patente nie, vir intellektuele eiendom wat ekonomiese en maatskaplike voordele kan inhou.”

мария шарапова теннисФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae