Bloulig-BBP-eskort weer in die hof

Die “Bloulig”-BBP-eskort, Hlanganani Nxumalo, is vandag in die hof beveel om op 13 Februarie in die Camperdown-streekshof te verskyn.

Die Camperdown-landdros, Bheki Phoswa, het gesê dat die Streekshofaanklaer dan sal besluit wanneer hy weer moet verskyn.

Nxumalo, 'n polisiekonstabel wat in Pietermaritzburg woon, het na bewering op 15 November twee skote op 'n voertuig op die N3-snelweg tussen Pietermaritzburg en Durban gevuur.

Die bestuurder van die voertuig op wie die skote gevuur is, het beheer van sy voertuig verhoor.

Dit het daarna oor die middelmannetjie geswenk en met 'n aankomende voertuig gebots.

Agt mense is beseer in die botsing en is hospitaal toe geneem.

Nxumalo was ten tye van die voorval na bewering haastig om 'n LUR te gaan oplaai.

Agt klagtes van poging tot moord is teen Nxumalo as gevolg van die beserings aanhangig gemaak.

Nxumalo is aanvanklik borgtog deur 'n Camperdown-landdros geweier op 18 Desember, maar hy het hierteen geappelleer en is borgtog van R3 500 deur regter Isaac Madondo van Pietermaritzburg toegestaan.

'n Groot afvaardiging mediaverteenwoordigers was in die hof.

Nxumalo, 28, was netjies uitgevat in 'n donker pak klere en verskeie van sy vriende was in die hof.

free demo casinoФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae