Mandela-fliek kry nog benoemings

Die fliek wat Mandela se lewe weergee, Mandela: Long Walk to Freedom, het twee benoemings ontvang van die 34ste London Critics Circle-rolprenttoekennings. Naomie Harris, wat die rol vertolk van Winnie Madikizela-Mandela, is as die beste ondersteunende aktrise van die jaar benoem asook die Britse aktrise van die jaar. Die wenners sal op 2 Januarie aangekondig word.

Lees verder: Mandela-fliek kry nog benoemings

Ivoorsmokkelaar vas by OR Tambo

‘n Chinese vrou is in die streekhof in Kemptonpark aan die Oos-Rand tot ‘n boete van R50.000 of drie jaar tronkstraf gevonnis nadat sy probeer het om ivoor deur Suid-Afrika na Hongkong te smokkel. Sy is een van talle Asiese smokkelaars wat die afgelope tyd vasgevat is. Chinese doeanebeamptes het Augustus in Hongkong op 1

Lees verder: Ivoorsmokkelaar vas by OR Tambo

Winnie tree tot Mandela-erfgename se geveg toe

Winnie Madikizela-Mandela het tot die geveg tussen oudpresident Nelson Mandela erfgename toegetree deur haar steun aan Mandela se oudste dogter te verklaar. Sy sê koerantberigte wat beweer daar is gevegte binne die Mandela-familie is van alle waarheid ontbloot. Sy sê daar is “geen debat” oor opvolging in die Mandela-familie nie, in weerwil van talle bewyse dat

Lees verder: Winnie tree tot Mandela-erfgename se geveg toe

Vavi sê Zuma het misluk

Die geskorste hoofsekretaris van Cosatu, Zwelenzima Vavi sê die ANC behoort ander beleidsrigitngs te aanvaar wat ‘n verbintenis tot radikale ekonomiese transformasie verklaar. Hy het in ‘n striemende aanval teen die regering onder leiding van die ANC geloods. Vavi het gesê President Jacob Zuma se regering het misluk. Vavi sê die ANC kon nie daarin slaag

Lees verder: Vavi sê Zuma het misluk

Gill Marcus vier oorname van Uniegebou met spesiale R2-munt

Gill Marcus, wat self as ‘n begunstigde van die ANC se verowering van die land en sy instellings, R5 miljoen per jaar verdien, het so pas ‘n nuwe R2-muntstuk aangekondig om haar party se oorname van die Uniegebou te vier. Hoewel die munt aangebied word om die eeufees van die Uniegebou te herdenk, is dit

Lees verder: Gill Marcus vier oorname van Uniegebou met spesiale R2-munt

Nuwe kommentaarbeleid op praag in werking

Soos ons reeds voorheen berig het, het ons besluit om toegang tot die Disqus-kommentaarstelsel op praag strenger te maak, nadat vele mense oor ‘n lang tyd daarvan misbruik gemaak het. Sedert gister word alle kommentaar dus gekeur alvorens dit geplaas word, behalwe dié van betalende praag-lede en -intekenare wat op ‘n “witlys” geplaas word en

Lees verder: Nuwe kommentaarbeleid op praag in werking

Wouter Basson skuldig op vier aanklagte

Die Raad op Gesondheidsberoepe het dr Wouter Basson skuldig bevind op vier aanklagte van onprofessionele en onetiese gedrag. Die kardioloog sal op 21 en 22 Februarie aanstaande jaar hoor wat die toekoms vir hom inhou. Basson is deur die Raad aangekla van onetiese gedrag wat verband hou met sy werk aan Projek “Coast” – ‘n

Lees verder: Wouter Basson skuldig op vier aanklagte

Frankryk vorder Europese mag op vir SAR

Nog Europese lande sal binnekort soldate stuur om die Franse Afrikavredesending in die Sentraal Afrikaanse Republiek te versterk. Dit is deel van Frankryk se pogings om ‘n Europese mag te skep wat die EU voortaan sal kan verdedig. Sommige ontleders sê die Franse wil NAVO daarmee troef en kritici sê dis ‘n manier vir Frankryk

Lees verder: Frankryk vorder Europese mag op vir SAR

Tutu wou Afrikaans hoor by Mandela-roudiens en begrafnis

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het in ’n verklaring sy spyt uitgespreek oor ’n gebrek aan inklusiwiteit by Mandela se begrafnis. Volgens Tutu was daar ‘n “skreiende uitsluiting was dié van die Afrikaner-gemeenskap. Hy het Afrikaners en, in die besonder die NG Kerk, om verskoning gevra omdat hulle uitgesluit was by die roudiens en begrafnis. Tutu het die

Lees verder: Tutu wou Afrikaans hoor by Mandela-roudiens en begrafnis

Kollektief vir Demokrasie sal armoede en korrupsie uitroei, reg beskerm

Die voorsitter van die nuwe koalisie van vyf politieke partye, Mosioua Lekota sê die partye sal voortgaan om na volgende jaar se verkiesings, saam te werk. Die partye van die koalisie wat as die Kollektief vir Demokrasie, KD, bekend sal staan het op die oomblik altesaam 57 setels in die Nasionale Vergadering. Cope, die Vryheidsfront

Lees verder: Kollektief vir Demokrasie sal armoede en korrupsie uitroei, reg beskerm