{jathumbnail off} ons stede rafel uit langs die natedie verkeersligte is weer buite werking,terwyl hoofstrate uitval in gate bloed vlek die grond van plasewaar mielies en koring moet groeidaar is graffiti teen tuynhuys se mureen in woonbuurte moet vroue met hul eggenotes stoei: kyk hoe word ons grondwet verkool in begrafnisvure uiteindelikkry ek inbrekers se
Die ANC kort ‘n Perikles
Perikles se bekende redevoering in Athene, meer as 2500 jaar gelede, het vir toekomstige geslagte, een van die paaie van versoening aangedui. Die eienskap wat ek die meeste by die ANC-leiers en in swart geledere mis, is wyse manne, hulle wat reeds oud is met geen persoonlike ambisies nie en bewese suksesse in hul privaatlewens.
Met Bataafse vlag verwelkom
Janssens en de Mist het oral in die land gevind dat die koloniste bly was dat die Kaap weer Hollands was. Op 9 April 1803 het Janssens van Swellendam af aan De Mist geskryf: “Die genoeë op die platteland om aan die Moederland teruggegee te wees, skyn seer algemeen.” De Mist het ná sy reis
Haaie se mistroostige oorwinning
Die Haaie het gister op Kingspark in hulle wedstryd teen die Leeus baie aan hulle geliefde Indiese Oseaan herinner: Nie so woes, so groot of so koel nie, maar so vasberade soos branders om hulleself stukkend te loop teen rotse. Uiteindelik het hulle gewen met ‘n volle verdoelskop se punte tussen hulle en die Leeus.
Griekwas se kaartehuis tuimel in op Loftus
Moet net nie vandag vir Dawie Theron vertel hoeveel jy al vir ‘n Hallmark-kaartjie betaal het nie, of selfs vir ‘n verkeerskaartjie nie. Gister op Loftus het die Grikewas twee geel kaarte gekoop teen 34 punte, die wedstryd en waarskynlik ‘n plek in die halfeindrondte van die Curriebekerreeks. Theron kon na die wedstryd op sy
Kop op die blok: Leeuehart nie goed genoeg in Durban
Tussen die Haaie en die Leeus het hulle veertien toetsspelers wat die veld vanmiddag in Durban neem – en al veertien speel vir die Haaie. Nogtans sou ek my kop op ‘n blok gesit het dat die Leeus die oordonderende gunsteling vandag op hulle tuisveld sou klop. Ek sou geredeneer het dat daar so iets
Lees verder: Kop op die blok: Leeuehart nie goed genoeg in Durban
Kop op die Blok: Griekwas vandag mishandel op Loftus
Kyk, ons almal hou daarvan om te sien hoe ‘n kloekmoedige kleintjie vir ‘n selfvoldane grote ore aansit. Dis ‘n soort stapelvoedsel, nie net vir sportaanhangers nie, maar vir fliekgangers en ander romantici die wêreld vol. Sonder die kleintjie-sit-die-grote-koud ideaal, sou daar immers nie ‘n Rocky gewees het nie. Helaas, vandag gaan daar nie ‘n
Lees verder: Kop op die Blok: Griekwas vandag mishandel op Loftus
Hoekom Mo Shaik?
Dr. Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, sê Mo Shaik se jarelange ondervinding in die intelligensiedienste het hom die pos as hoof van die Suid-Afrikaanse geheimediens verseker. Die land se intelligensiedienste is herstruktureer, berig eNews. Cwele het gesê Shaik is aangestel oor sy jare lange ondervinding in die intelligensiedienste in die ANC gedurende die apartheidsjare. “Hy
Almal hardloop saam, wie wen?
Die stof rondom die Caster Semenya debakel wil maar net nie gaan lê nie. Dit is nou nie meer net ‘n intrige nie, maar is besig om in ‘n volskaalse narrespel te ontaard. Dit kom voor asof die land se leierskap en atletiekbase nie wil bes gee dat enigiemand iets verkeerd gedoen het nie. Nie
Petrol goedkoper
Suid-Afrikaanse motoriste kan in Oktober ’n verlaging van tussen 39c en 40c per liter vir petrol sien. Danksy ’n sterker rand en laer oliepryse kan verbruikers dus ‘n bietjie verligting ervaar. Die departement van minerale en energie sê in Gauteng sal 93-oktaan petrol Woensdag met 39c tot R7,49 verlaag word en 95-oktaan aan die kus
