Suid-Afrikaanse motoriste kan in Oktober ’n verlaging van tussen 39c en 40c per liter vir petrol sien. Danksy ’n sterker rand en laer oliepryse kan verbruikers dus ‘n bietjie verligting ervaar.
Die departement van minerale en energie sê in Gauteng sal 93-oktaan petrol Woensdag met 39c tot R7,49 verlaag word en 95-oktaan aan die kus met 40c tot R7,42 per liter.
Diesel se groothandelprys word met 32,5c tot R6,55 aan die kus verlaag, en tot R6,68 in Gauteng.
