Hoekom Mo Shaik?

Dr. Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, sê Mo Shaik se jarelange ondervinding in die intelligensiedienste het hom die pos as hoof van die Suid-Afrikaanse geheimediens verseker.

Die land se intelligensiedienste is herstruktureer, berig eNews.

Cwele het gesê Shaik is aangestel oor sy jare lange ondervinding in die intelligensiedienste in die ANC gedurende die apartheidsjare.

“Hy het in die internasionale ondergrondse strukture van die ANC in Natal gewerk. Sy pligte het die versameling en ontleding van intelligensie ingesluit ,” het Cwele gesê.

Shaik is ‘n vriend van president Jacob Zuma en het ‘n sleutelrol gespeel in Zuma se veldtog vir die president van die ANC.

Hy is die broer van die veroordeelde bedrieër en Zuma se voormalige finansiële raadgewer, Schabir Shaik.

Lizo Njenje is aangestel as die hoof van die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA).

 

roulette online free moneyФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae