ANC wys komiteevoorsitters aan, maar sonder DA

Image

Helen Zille

Die ANC het besluit om nie die Demokratiese Alliansie toe te laat om enige voorsitters vir parlementêre portefeuljekomitees te benoem nie as straf vir die partyleier Helen Zille se beledigings teenoor president Jacob Zuma.

Lees verder: ANC wys komiteevoorsitters aan, maar sonder DA

Johannesburg se tariewe styg ten hemele

Die stad van Johannesburg is wyd gekritiseer vir tariefverhogings wat ver bokant inflasie is. Volgens die Demokratiese Alliansie is die stygings te wyte aan die stadsraad se onvermoë om alle verbruikers korrek te faktureer en daarin te slaag om sy inkomste van hulle te verhaal. In sy reaksie het die lid van die burgemeesterskomitee vir

Lees verder: Johannesburg se tariewe styg ten hemele

Nkoana-Mashabane wil verteenwoordiging sien

Die nuwe minister van internasionale betrekkinge en samewerking het Woensdagaand gesê, sekere globale magstrukture moet hervorm word. Die wêreldwye finansiële krisis het die noodsaak daarvoor belig. Maite Nkoana-Mashabane het by 'n galadinee van die diplomatieke korps by Emperors' Place in Kempton Park gepraat. "Ons glo die huidige finansiële krisis is 'n geleentheid vir die internasionale

Lees verder: Nkoana-Mashabane wil verteenwoordiging sien

Iran vuur missiel af met enorme trefafstand

Iran het gister ’n missiel met ’n trefafstand van byna 2 000 km gelanseer en pres. Mahmoed Ahmadinedjad het gesê die Islamitiese staat kan enige aanvaller “hel toe stuur”, het die amptelike media berig. Die trefafstand van die grond-tot-grond-missiel die Sejil is byna dieselfde as ’n ander Iranse missiel, Sjahab 3. Ontleders sê dié wapen

Lees verder: Iran vuur missiel af met enorme trefafstand

Angola kry nuwe lugdiens

Angola gaan 'n nuwe plaaslike lugdiens kry wat die land sal verbind met groot stede en sakekerne. Die diens sal gemik wees op buitelandse burgers, het die Britse maatskappy Lonhro Dinsdag gesê. Lonhro is die brein agter die Fly 540-diens wat uit die olieryke Kabinda sal opereer met aansluitings na Luanda, Huambo, Benguela, Soyo en

Lees verder: Angola kry nuwe lugdiens

Kan die VF+ Midvaal by DA afvat?

Johann Wingard skryf in Die verhaal van twee partye, deel II: "Dus, as die DA Kaapstad kan vat, kan die VF+ Pretoria vat. "

Midvaal-munisapaliteit is, soos ek verstaan, die enigste munisipaliteit in Gauteng wat deur die DA beheer word. Hier word strate geteer en puik munisipale dienste gelewer.

Lees verder: Kan die VF+ Midvaal by DA afvat?

Mboweni kritiseer plaaslike banke opnuut

Kommersiële banke gee nie noodwendig die voordele van laer rentekoerse deur aan die verbruiker nie, het die goewerneur van die Reserwebank, Tito Mboweni, Woensdagaand gesê. Hy het by die Sake24-geleentheid in Kyalami, Johannesburg, waar die ekonoom van die jaar aangewys is, gepraat. Dit is die derde keer hierdie maand dat die goewerneur die plaaslike banke

Lees verder: Mboweni kritiseer plaaslike banke opnuut