Suid-Afrikaners wat êrens in hul lewe in die Verenigde Koninkryk woonagtig was, het almal hulle gunsteling vakansieplek op daardie modderige eiland met sy ryke verskeidenheid aan mense en die natuur. Myne is die Mere-distrik in Cumbria, veral in die laatsomer, as al die bome met die wonderlikste herfskleure geverf is.
Praag Rugby doen dit weer!
Kop op die Blok se verstommende toetsvoorspelling
Rugbyskrywers regoor Suid-Afrika wat gister se Kop op die Blok gelees het – en daar is al hoe meer sulke lesers – wens vandag húlle het dit geskryf. Nie net het Kop op die Blok ‘n Springbokoorwinning in weerwil van ‘n algemeen aanvaarde nederlaag voorspel nie, hy het boonop die presiese punteverskil – 3 – reg gehad.
WP stuur op lentekroesheid af
Die WP, op pad na ‘n tuishalfeindstryd, het vandag ‘n formaliteitjie om in Bloemfontein af te handel; baie soos wat Gerrie Coetzee in 1984 net die formaliteit van sy eerste wêreldtitelverdediging teen Greg Page uit die weg moes kry. Toe slaan Page vir Coetzee in die vyfde rondte uit. Pasop dat die WP nie op dieselfde manier teëspoed op die Vrystaatstadion kry nie.
Suid-Afrika klop Nieu-Seeland 32-29
Suid-Afrika het Saterdag Nieu-Seeland met 32-29 gewen om sodoende die Drienasiesrugbytitel vir die eerste keer sedert 2004 in te palm. Tellings: Suid-Afrika 32 (Fourie du Preez, Jean de Villiers drieë; Morné Steyn 2 doelskoppe, 2 strafskoppe, skepskop; François Steyn 3 strafskoppe), Nieu-Seeland 29 (Sitiveni Sivivatu, Richie McCaw drieë; Daniel Carter 2 doelskoppe, 5 strafskoppe). Halftydtelling:
Suid-Afrika se witwarm vraagstuk: tussenrassige misdaadkoerse
Die Brandon Huntley-geval het weer eens die baie aktuele vraag oor misdaadkoerse – en spesifiek misdaadkoerse oor rasgrense – in die kollig geplaas. Suid-Afrika se amptelike misdaadsyfers word nie op ‘n rassegrondslag gepubliseer nie. Ons het nie amptelike syfers wat sê hoeveel blankes deur swartes vermoor word en andersom nie.
Lees verder: Suid-Afrika se witwarm vraagstuk: tussenrassige misdaadkoerse
Kop op die blok s?: Haaie gaan vertrap word op Loftus
‘n Haai swem nie so lekker op droë grond nie. En die ongemak kan ‘n foltering word as die vis boonop deur ‘n trop beeste vertrap word. Dít is wat Stefan Terblanche môre gaan leer wanneer hulle, dorsale vinne pronkend na ‘n paar wenslae, die Blou Bulle tussen die horings op Loftus moet kyk.
Lees verder: Kop op die blok s?: Haaie gaan vertrap word op Loftus
Australi? is die toevlug van ‘wit rassiste’ teen Semenya
In ‘n persverklaring wat Vrydag deur die ie ANC Jeugliga, ANCYL, vrygestel is, sê hulle dat “al die gerugte [oor Caster Semenya se geslag] uit Australië kom; ‘n plek waar rassistiese Suid-Afrikaners heen vlug omdat hulle nie onder ‘n swart, demokratiese regering wil leef nie. “Dit is dus duidelik dat die aanvalle op Semenya van
Lees verder: Australi? is die toevlug van ‘wit rassiste’ teen Semenya
Seun skiet onderwyser
'n 13-jarige seun is in hegtenis geneem en word aangekla van poging tot moord nadat hy sy onderwyser met sy pa se vuurwapen geskiet het. Kaptein Dumisani Ndlazi, polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die onderwyser aan die Omar Ebrahim-laerskool in Pretoria is in 'n ernstige toestand in die hospitaal. "'n Leerder het by die betrokke onderwyser
Die kop op die blok s?: Springbokke wen Drienasies met naelskraapoorwinning oor NS
Daar is een rede, ‘n ooglopende rede, hoekom die Springbokke môre se toets teen die All Blacks, en daarmee saam die Drienasies-silwerware, gaan wen: Hulle is, doodeenvoudig, die beste span op die planeet. Goeie spanne, selfs beste spanne, kan ook ‘n grys oomblik hê. Om die waarheid te sê, dis haas onvermydelik. Die Springbokke het hulle s’n verlede week in Australië beleef. Maar môre is dit kil, genadelose besigheid soos gewoonlik.
Lees verder: Die kop op die blok s?: Springbokke wen Drienasies met naelskraapoorwinning oor NS
