Die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo het bevestig dat ‘n tweede tiener van Kaapstad gekeer is voordat sy by die Islamitiese Staat kon aansluit. Die hoërskool-leerder van Grassy Park op die Kaapse Vlakte is ná ‘n wenk by die Kaapstadse Internasionale Lughawe aangekeer, berig RSG. Mahlobo sê sekere gemeenskappe in die land word deur die
Het Nasionale Intelligensie die land destyds verraai? vra Thorsten
Mnr. PW Botha het teen die einde van sy lewe sterk vermoed dat u met koverte verraad teen Suid-Afrika besig was en het dit dikwels teenoor nabye vriende genoem? Was hy verkeerd?
Mnr. PW Botha het teen die einde van sy lewe sterk vermoed dat u met koverte verraad teen Suid-Afrika besig was en het dit dikwels teenoor nabye vriende genoem? Was hy verkeerd?
Lees verder: Het Nasionale Intelligensie die land destyds verraai? vra Thorsten
ISIS aanvaar verantwoordelikheid vir Texas-aanval
Die Islamitiese staat het verantwoordelikheid vir die aanval in Garland, Texas, via sy Al Bayan radiostasie aanvaar. Die Islamitiese staat (ISIS) het in ‘n verklaring Dinsdag beweer dat dit die eerste aanval van die terroriste-groep op Amerikaanse bodem was en bygevoeg dat twee van sy “soldate” probeer het om ‘n aanval uit te voer omdat
Lees verder: ISIS aanvaar verantwoordelikheid vir Texas-aanval
Vermaak: Solidariteit se “krisisberaad”, ‘n resensie
Lede van die sogenaamde “Solidariteitbeweging” wat vandag ‘n “krisisberaad” by die Voortrekkermonument gehou het, het telkens beklemtoon dat hulle graag met die “ANC wil praat” of tesame met die regering “wedersydse respek tussen gemeenskappe” wil kweek. Maar terselfdertyd is gesprek of debat met ander Afrikaanse organisasies of individue op sektariese wyse in die wind geslaan.
Lees verder: Vermaak: Solidariteit se “krisisberaad”, ‘n resensie
SA spog steeds met hoogste MIV-infeksies
Suid-Afrika het steeds die hoogste voorkoms van MIV-infeksies ter wêreld. Dit is volgens die mede-voorsitter van die Suid-Afrikaanse nasionale Vigsraad, Steve Letsike. Letsike het by UNISA in Pretoria gesê daar is sowat 6,4 miljoen mense in die land wat met MIV lewe. Hy sê om die teiken van zero infeksies te bereik sal ‘n groot
Twee kritiek na baksteengooier weer N12 teiken
‘n Agtjarige seuntjie veg om sy lewe nadat ’n baksteen op die N12-hoofweg in Johannesburg vanaf ‘n oorbrug op die gesin se motor gegooi is. Die polisie stel glo nie in die saak belang nie en het nog geen verklarings afgeneem nie. Caden Slabbert (8) is Donderdagmiddag op die N12 naby die winkelsentrum The Glen
Kernfisikus van Stellenbosch geskors oor SMS
‘n Dosent in kernfisika aan die Universiteit van Stellenbosch is geskors nadat hy na bewering ‘n rassistiese SMS-boodskap aan ‘n student gestuur het. ‘n Woordvoerder van die universiteit sê die dosent in kernfisika, Anton Stander is tydelik van sy pligte onthef en daar is met tugstappe teen Stander begin. Dit volg ná ‘n klagte van
Upington-lughawe kry bomdreigement
Die lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (ACSA) wil lugreisigers en ander belanghebbendes gerusstel dat bedrywighede by die Upington-Internasionale Lughawe nie erg ontwrig is nadat die lughawe vanoggend ‘n bomdreigement ontvang het nie. Lughawebestuurder, Nongo Dibete, sê die polisie se bomeenheid het die perseel gefynkam nadat die lughawe se sekuriteit vanoggend omstreeks 04:00 ‘n naamlose oproep ontvang het.
Vermeende xenofobiese aanvallers vra pleitooreenkoms
Die verhoor van die vier swartes wat beskuldig word van die moord op die Mosambiekse burger Emmanuel Sithole is uitgestel. Die vier het in die Alexandra-landdroshof verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van moord en roof. Mthinto Bhengu, Sizwe Mngomezulu, Ayanda Sibiya en Sifundi Mzimela het Sithole glo verlede maand in ‘n straat in Alexandra,
Lees verder: Vermeende xenofobiese aanvallers vra pleitooreenkoms
Studenteraadvoorsitter boet vir sy Hitler-opmerkings
Die voorsitter van Wits se studenteraad Mcebo Dlamini, wat aspekte van Hitler bewonder, is summier uit sy amp verwyder. Die verskoning wat gebruik is om Dlamini die swye op te lê is glo ‘n hangende appèl teen sy skorsing rakende ‘n ander klag. Dit is nie bekend wat die aanklagte teen Dlamini is nie. Adam
Lees verder: Studenteraadvoorsitter boet vir sy Hitler-opmerkings
