‘n Agtjarige seuntjie veg om sy lewe nadat ’n baksteen op die N12-hoofweg in Johannesburg vanaf ‘n oorbrug op die gesin se motor gegooi is.
Die polisie stel glo nie in die saak belang nie en het nog geen verklarings afgeneem nie.
Caden Slabbert (8) is Donderdagmiddag op die N12 naby die winkelsentrum The Glen met ‘n baksteen raakgegooi. Hy is teen die kop getref.
Nóg ‘n passasier, Marionette Schwab (42) is ook Donderdagmiddag by dieselfde oorbrug deur ‘n baksteen getref, wat vermoedelik deur dieselfde swarte afgegooi is.
Albei slagoffers was passasiers in motors en is teen die kop getref. Caden en Schwab word in geïnduseerde komas gehou weens hul kritieke kopbeserings.
Justin Slabbert, Caden se pa, het Maandag gesê die polisie het nog nie die voorval opgevolg nie.
Schwab se ongeluk is Saterdag by die Alberton-polisiekantoor aangemeld, maar die polisie stel klaarblyklik nie belang om die misdadiger vas te trek nie.
Alberton se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het glo reeds die baksteengooier geïdentifiseer. Dit is glo nie die eerste keer dat hy bakstene gooi nie.
Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisiediens (JMPD), het gesê die metropolisie patrolleer die gebied en geen verdere voorvalle is aangemeld nie.
