online gamesтопкарго отзыв
Tshwanemetroraad ignoreer Pretoria
Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die Tshwanemetroraad en die burgemeester, Gwen Ramokgopa, hulle moedswillige en kortsigtige optrede moet staak rakende die naam van die Suid-Afrikaanse hoofstad. Dit volg nadat die ANC-beheerde metroraad ‘n internasionale advertensieveldtog geloods het waarin na Pretoria as ‘die stad Tshwane’ verwys word. Die party het ook gesê dat die ooreenkoms
Ernstige brandstofuitdagings vir SA
Ernstige uitdagings staar Suid-Afrika se brandstofverskaffing in die gesig. Die land voer tans 3% van sy petrolbehoeftes en 5% van sy distillate, wat diesel en vliegtuigbrandstof insluit, in. Teen 2016 kan die invoere tot onderskeidelik 14% en 34% toeneem. Dit beteken 'n yslike 7 miljard liter distillate en 2 miljard liter petrol per jaar in
Derde weerstandige varkgriepgeval
’n Weerstandige vorm van influensa A (H1N1) is by 'n Amerikaanse tiener gediagnoseer. Dit is die derde varkgriepgeval in die wêreld wat dié vorm onderlede het. Die stam is weerstandig teen oseltamivir (Tamiflu), een van twee middels waarmee die siekte behandel word. Varkgriep is verlede maand tydens ’n besoek aan Hongkong by die sestienjarige meisie
Mbeki se meesterplan om blankes die see in te jaag
Onlangs het ek twee baie interessante gesprekke met 'n swartman gehad. Volgens hom het my boek, Scourge of the ANC, sy oë oopgemaak vir die dreigende ramp in Suid-Afrika soos wat dié beweging ons land verder en verder oor die afgrond sleep.

Lees verder: Mbeki se meesterplan om blankes die see in te jaag
Sperm uit stamselle gekweek
Menslike spermselle kan in ’n laboratorium uit stamselle gekweek word. 'n Navorsingsgroep by die Stamselinstituut van Noordoos-Engeland het die tegniek ontwikkel. het. Die kennis sal aangewend word om onvrugbaarheid te help oplos asook beter begrip kweek van hoe medikasie voortplantingselle kan beïnvloed. Die bevindings is Woensdag in die akademiese joernaal Stem Cells and Development gepubliseer.
Oproeriges maak N4 na Botswana onbegaanbaar
Inwoners van Lehurutse naby Zeerust het Woensdag die N4 na Botswana versper en motoriste onder klippe gesteek. Hulle is opstandig oor 'n gebrek aan water. Die probleme bestaan reeds van verlede jaar af. Daar is vir lang tye geen water beskikbaar nie en wanneer daar wel water is, is dit nie genoeg nie. Beeld berig
Vorige adjunkminister in hof vir motordiefstal
In Suid-Afrika word die grootste misdadigers heel dikwels in die regering of in die parlement gevind, soos die honderde LP's wat die land se regeringsetel gedurende die sogenaamde parlementêre reisskandaal bedrieg het.

Ghana wil olierykdom ten beste aanwend
Petrolaflewering in Ghana Ontluikende oliereus Ghana wil eienaarskap van hul grondstowwe uitbrei om die foute wat sekere buurlande met olie-inkomste gemaak het uit te skakel. Kwabena Donkor, Ghana se adjunkminister van energie, het gesê hulle wil Afrika trots maak en "olie en gas sal 'n seën vir Ghana wees en nie 'n vloek nie". Hy
Swendelaars bedrieg Johannesburgse inwoners
Swendelaars is besig om die inwoners van Johannesburg te bedrieg, het City Power Dinsdag gewaarsku. Hulle gee voor om amptenare van die munisipaliteit en sy elektrisiteitsmaatskappy te wees, het City Power se senior korporatiewe ondersoeker Jabu Mkhonza in 'n verklaring gesê.