’n Weerstandige vorm van influensa A (H1N1) is by 'n Amerikaanse tiener gediagnoseer. Dit is die derde varkgriepgeval in die wêreld wat dié vorm onderlede het.
Die stam is weerstandig teen oseltamivir (Tamiflu), een van twee middels waarmee die siekte behandel word.
Varkgriep is verlede maand tydens ’n besoek aan Hongkong by die sestienjarige meisie gediagnoseer. Die ander twee gevalle is onderskeidelik in Denemarke en Japan.
Kommerwekkend is dat die tienermeisie, anders as die ander twee gevalle, nie Tamiflu as voorkomende middel geneem het nie.
Kenners sê hulle het verwag dat sulke gevalle sal voorkom en monitor die situasie noukeurig.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het aanbeveel dat in lande waar die griep woed, roetinetoetsing gestaak word en gevra dat daar eerder op grieptendense gefokus word.
Daar is reeds meer as 98 000 varkgriepgevalle in ten minste 137 lande aangemeld, waaronder 440 sterftes.
Volgens Nios is daar tans 47 gevalle in Suid-Afrika.
casino games onlineлобановский политик