Vorige adjunkminister in hof vir motordiefstal

In Suid-Afrika word die grootste misdadigers heel dikwels in die regering of in die parlement gevind, soos die honderde LP's wat die land se regeringsetel gedurende die sogenaamde parlementêre reisskandaal bedrieg het.

Dinsdag het 'n vorige adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling, David Malatsi, egter in die hof op Ekangala naby Bronkhorstspruit verskyn, het die SAUK berig.

Malatsi is na bewering in die besit van 'n gesteelde voertuig betrap en is op borg van R5000 vrygelaat.

Konstabel Sally Skosana sê volgens die SAUK dat die Ford Bantam-bakkie Maandag as vermis deur 'n motorhandelaar in Centurion, suid van Pretoria, aangemeld is.

no deposittopcargo отзыв