Ghana wil olierykdom ten beste aanwend

Image

Petrolaflewering in Ghana

Ontluikende oliereus Ghana wil eienaarskap van hul grondstowwe uitbrei om die foute wat sekere buurlande met olie-inkomste gemaak het uit te skakel.

Kwabena Donkor, Ghana se adjunkminister van energie, het gesê hulle wil Afrika trots maak en "olie en gas sal 'n seën vir Ghana wees en nie 'n vloek nie".

Hy het by de Afrika Energieweek se konferensie in Kaapstad gepraat.

Tim O'Hanlon, visevoorsitter van Tullow Oil, die Ierse maatskappy wat die swart goud in Ghana se Jubileeveld ontdek het, sê die veld is raar omdat dit so groot is.

Produksie sal in die tweede helfte van 2010 afskop met 'n geraamde 1,8 milard vate se reserwes. Tweneboa, nog 'n veld in Ghana, hou ongeveer 1,4 miljard vate ru-olie.

Olie is Afrika lei dikwels tot die verarming van die bevolking en konflik en korrupsie soos tans in die Nigerdelta gebeur. Ghana gaan hoofsaaklik op gas konsentreer eerder as ru-olie omdat dit meer werksgeleenthede skep.

турецкую банюФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae