Sperm uit stamselle gekweek

Menslike spermselle kan in ’n laboratorium uit stamselle gekweek word.

'n Navorsingsgroep by die Stamselinstituut van Noordoos-Engeland het die tegniek ontwikkel. het. Die kennis sal aangewend word om onvrugbaarheid te help oplos asook beter begrip kweek van hoe medikasie voortplantingselle kan beïnvloed.

Die bevindings is Woensdag in die akademiese joernaal Stem Cells and Development gepubliseer.

Dit beteken nie dat mense nou “op ’n bord gekweek” kan word nie, het 'n navorser gesê.

“Dit is bloot ’n manier waardeur ons kan ondersoek hoekom sekere mense onvrugbaar is en wat die oorsake daarvan is.”

Mans is nog nie oorbodig vir voortplanting nie, want die spermselle kan net gekweek word uit embrio’s wat die man-like Y-chromosoom bevat.

для печитопкарго кидалы