Markte hou asem op vir SA se kredietgradering

Markte hou asem op in die aanloop tot die bekendmaking van die graderingsagentskap Standard&Poor se jongste graderingsvoortuitsigte vir Suid-Afrika, het RSG berig. Die meeste ontleders verwag dat die kredietgradering afwaarts aangepas sal word teen die agtergrond van trae ekonomiese groei. ‘n Afwaartse aanpasssing van die land se kredietgradering beteken dat die regering en staatsbeheerde maatskappye

Lees verder: Markte hou asem op vir SA se kredietgradering

Oproermakers by Wêreldbeker uiteengejaag

Die Wêreldbekersokkertoernooi het Donderdagaand in die Corinthians-arena in Sao Paolo afgeskop. Meer as 60.000 sokkergeesdriftiges en 12 buitelandse staatshoofde was by die skouspel teenwoordig. Die kleurvolle openingsseremonie is gekenmerk deur geweldadige betogings in die stad   Die polisie moes traanrook en rubberkoeëls inspan om oproermakers uiteen te jaag. Brasilië het ná die opening in die

Lees verder: Oproermakers by Wêreldbeker uiteengejaag

Ooreenkoms in platinumbedryf kom

Die rand het effens verstewig teen die meeste geldeenhede nadat sprake van ‘n moontlike ooreenkoms tussen platinum-maatskappye en stakende mynwerkers bekend geraak het. Die twee twistende partye sal waarskynlik ‘n ooreenkoms bereik om ‘n einde te bring aan die uitgerekte staking in die platinumbedryf. Die ooreenkoms sal waarskynlik nog dié week onderteken word. Dit sal

Lees verder: Ooreenkoms in platinumbedryf kom

Somaliërs vlug uit Mamelodi, Pretoria

Somaliese winkeleienaars van Mamelodi-Oos, Pretoria is gedwing om uit die gebied te vlug. Hulle skuil tans in ‘n huis in Pretoria-Wes met skaars genoeg ruimte, eerder as om die dood te trotseer. Dit volg na xenofobiese aanvalle op hul winkels wat geplunder is. Een van hulle is glo doodgemaak sedert die geweld Saterdag begin het.

Lees verder: Somaliërs vlug uit Mamelodi, Pretoria

Gouddiewe wat miljarde steel vas

‘n Multimiljard-rand internasionale gouddiefstal- en smokkelsindikaat is in Johannesburg oopgevlek. Die diewe het plase, beeste en luukse huise en voertuie gekoop van die geld wat hulle deur hulle buit verdien het. Van die mynwerkers het maand meer as R11.000 verdien. Maar dié lekker lewe het pas tot ‘n einde gekom. Valke en mynsekuriteitsamptenare het 18

Lees verder: Gouddiewe wat miljarde steel vas

Zuma belowe Nkandla-verslag binne 30 dae

President Zuma het belowe om die finale Nkandla-verslag binne 30 werksdae bekend te maak. Hy het reeds die voorlopige Nkandla-verslag van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) ontvang. Zuma het Woensdag aan die speaker van die nasionale vergadering (NV) bevestig dat die verslag uitgereik sal in ‘n brief wat in die parlement ter tafel gelê is. In

Lees verder: Zuma belowe Nkandla-verslag binne 30 dae

Bejaarde met kookwater verbrand

Swart aanvallers het ‘n bejaarde van Trompsburg met kookwater verbrand selfs nadat sy hulle gewys het waar sy haar geld bêre. Nydia de Jager (64), is intussen in die Mediclinic in Bloemfontein opgeneem waar sy behandeling vir haar verbrande hande en bene. “Ek het nie gehuil, of geskree toe hulle die kookwater oor my hande en

Lees verder: Bejaarde met kookwater verbrand

Beurtkrag laat verbruikers bibber

Die koue front het veroorsaak dat beurtkrag is Woensdagaand in dele van die land ingestel is weens die druk op Eskom se kragnetwerk. Talle verbruikers moes Woensdag ure lank bibberend sonder krag die winter aandurf. Eskom se beurtkrag-skedule kan by http: www.loadshedding.eskom.co.za besigtig word. Eskom het Woensdagmiddag in ’n verklaring gewaarsku dat die netwerk Woensdag

Lees verder: Beurtkrag laat verbruikers bibber

Treine in Pretoria ontwrig

Metrorail het gewaarsku dat treindienste in Pretoria Donderdagoggend ontwrig sal wees nadat oorhoofse kabels by ‘n treinstasie beskadig is. “Metrorail se dienste is erg ontwrig weens skade aan die oorhoofse kabels wat gelei het tot ‘n kragonderbreking tussen die Queenswood- en Koedoespoort-stasies [in Pretoria],” het ‘n woordvoerder vir Metrorail, Tony Games, gesê. Games het gesê

Lees verder: Treine in Pretoria ontwrig

Mandelamunt verloor sy glans

Mense wat R5-munte met Mandela se gesig daarop gekoop het as ‘n belegging sukkel om hulle te verkoop, het Moneyweb berig. Verskeie kliënte wat R5 Mandelamunte uit SA Coin gekoop het ondervind probleme met herverkoop. Verseëlde sakke van ongesirkuleerde R5 Mandelamunte van sy 90ste verjaarsdag – 400 muntstukke per sak – is beskikbaar op ‘n veilingwebwerf, al sedert

Lees verder: Mandelamunt verloor sy glans