Die Wêreldbekersokkertoernooi het Donderdagaand in die Corinthians-arena in Sao Paolo afgeskop.
Meer as 60.000 sokkergeesdriftiges en 12 buitelandse staatshoofde was by die skouspel teenwoordig.
Die kleurvolle openingsseremonie is gekenmerk deur geweldadige betogings in die stad
Die polisie moes traanrook en rubberkoeëls inspan om oproermakers uiteen te jaag.
Brasilië het ná die opening in die eerste wedstryd van die toernooi teen Kroasië gespeel. Die telling was 3 –1 in die gashere se guns.
Brasilië het sedert 1934 nog nooit sy openingswedstryd in ‘n wêreldbekertoernooi verloor nie.

Gaap. Sokker? Gaap. Lekker slaap.
Ek sien op tv dis blykbaar die Mandela World Cup. He? Wanneer het dit gebeur? Of is daar ‘n ander wëreld beker wat net Dstv van weet?