‘n Multimiljard-rand internasionale gouddiefstal- en smokkelsindikaat is in Johannesburg oopgevlek.
Die diewe het plase, beeste en luukse huise en voertuie gekoop van die geld wat hulle deur hulle buit verdien het. Van die mynwerkers het maand meer as R11.000 verdien.
Maar dié lekker lewe het pas tot ‘n einde gekom.
Valke en mynsekuriteitsamptenare het 18 mynwerkers in ‘n klopjag op ‘n Gauteng-goudmyn in hegtenis geneem ná ‘n ses-maande-geheime polisie-operasie.
Die mans, wat by Sibanye Goudmyn in Carletonville werk, is glo verantwoordelik vir die diefstal van goud van meer as R2 miljard van die myn in die afgelope jaar.
Die bende het bande met sindikate wat tussen Afrika, die Midde-Ooste en Asië opereer.
Die diefstal het na bewering plaasgevind by die myn se metallurgiese aanleg, waar goudskeiding plaasvind.
‘n Polisiebron het gesê die verdagtes het spesiaal ontwerpte sakke in hul oorpakke gehad waarin die gesteelde materiaal uitgesmokkel is.
“Dit [die materiaal] staan bekend as ‘n konsentrasie,” sê die bron.
“Hulle het dit verwyder uit die myn en na ‘n geheime plek geneem vir die gedeeltelike verwerking voordat dit deur ander lede van die sindikaat geskuif is.
“Beramings toon dat gemiddeld R200 miljoen se goud elke maand gesteel word uit die myn. Dit werk uit as miljarde rande per jaar.
“Dit is ‘n hoogs georganiseerde sindikaat, met dié myn wat nie die enigste een is wat geraak word nie.”
‘n Sekuriteitskoördineerder van die Suid-Afrikaanse Kamer van Mynwese, het in 2013 gesê onwettige mynbou het die ekonomie byna R8 miljard gekos aan inkomste.
Nog ‘n polisie-bron het gesê die mynwerkers het die geld gebruik vir duur huise in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.
“Hulle koop plase, groot troppe beeste, duur motors en ander luukshede, almal leef duidelik ver bokant hul inkomste.”
Die diefstal is opgemerk in November.
Woordvoerder van die Valke, kapt. Paul Ramaloko het gesê twee mynwerkers is tydens ‘n operasie naby die myn in Desember in hegtenis geneem.
Ramaloko het geweier om te sê waar en hoe die goud verkoop word.
“Die ondersoek is sensitief. [Die goud] is bestem vir die swartmark. Dit is al wat ek kan sê.”
Die verdagtes sal in die Oberholzerlanddroshof, naby Carletonville, verskyn op aanklagte van diefstal en handel in goud-draende materiaal, het Ramaloko gesê.

Dit is nie dalk die mandela munte wat hulle gesteel het nie .
Nee, dis nie soveel werd nie!
Ja dit is ook weer waar nê.
Hoe kry die mense al daardie duur goed gekoop as ek nie eens ‘n dekodeerder sonder ‘n urienmonster kon koop nie? Ek hoop SARS is ook bewus van hierdie lot!
Al waarvan SARS bewus is, is ons wittes se name en belasting nommers. Word glo gebruik as “screensavers” op hul rekenaars.
Leana, die beste kommentaar van die week!
Die platinummyne sit met dieselfde probleem.Hulle maak van die flense in die pype net effe los dat dit drup. Dan vang hulle hierdie vloeistof op.
Ek dink die bedrag word dalk oorksat want om miljarde te steel moet hulle baaaaaaie konsentraat steel , derduisende liters – dit sal opwys in die produksiesyfers. Miljoene kan hulle moontlik so wegdra.
Ek wonder nou net waarom ek nie sleg voel hieroor nie.