President Zuma het belowe om die finale Nkandla-verslag binne 30 werksdae bekend te maak.
Hy het reeds die voorlopige Nkandla-verslag van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) ontvang.
Zuma het Woensdag aan die speaker van die nasionale vergadering (NV) bevestig dat die verslag uitgereik sal in ‘n brief wat in die parlement ter tafel gelê is.
In die brief sê Zuma dat die nodige inligting bekom is om verder oor die hantering van die kwessie te besluit.
“Hoewel die verslag voorlopig is, gee dit my die insig wat ek nodig het om die saak te oorweeg, met gelyke oorweging van die ander verslae waarna ek in my vroeëre korrespondensie verwys het.”
Dit sluit die SOE-verslag tesame met die OB-verslag en ’n Nkandla-verslag van die ministeriële taakspan in.
Die president sou in April die openbare beskermer (OB) se Nkandla-verslag aan die parlement voorlê.
Hy het toe aangedui dat hy vir die SOE-ondersoek sal wag om afgehandel te word voordat hy volledig aan die parlement terugvoer gee.

Maar julle verstaan nie, Zuma moet rus.
Is hierdie net nog een van sy talle beloftes wat nie nagekom gaan word nie.
Wat anders
Maklik om siekte te pleit as moeilikheid aan die deur klop !
Dit is n flippen kat en muis speletjie en hy mors geld en tyd. Hy moet sy baadjie vat en loop en in sy duur jakoesie gaan le en verder sleg word saam met al sy vroue en kleintjies.
Nee jikkels, dink net wat daar in daai jakoesie gaan opkook boontoe, juk!!
Andrea, wees nie bevrees nie dit is nie ons probleem nie. Ons is nie in die jakoesie nie. Lekker nê.
…….. en die verslag gaan wat, vir ons doen…..?
Ek lees liewer die Huisgenoot, en glo my, daai snert tydskrif lees ek nie, al is dit die laaste leesstof op aarde….
Is dit my verbeelding, of groei daardie knop op sy kop?
Ja, daar gaan n stort uitkom.
Of dis die liegstories wat verkeerde kant toe groei!
Lyk byna soos twee breine wat daar uitgroei….een onnosele en een domme !
Of is dit dalk ‘n LUGBALLON?
Lugleegte.
Onderwysers weet goed van “skool-siek” , veral as “huiswerk” nie gedoen is nie en Zumbi se Nkandla-huiswerk was VER agter …
Ek belowe, ek belowe, ek be………….