‘n Blanke vrou van Port Elizabeth is deur vyf swart gewapende rowers in haar huis verkrag terwyl haar vierjarige seuntjie moes toekyk. Volgens ‘n plaaslike koerant in die Baai is dit “die eerste gewelddadige huisaanval waar verkragting betrokke is” sedert die aanvang van die wêreldsokkerbekertoernooi.
‘n Woordvoerder vir die polisie, adjudant-offisier Precious Timla, het gesê dat die rowers omstreeks 3-uur vm. deur ‘n venster van die kothuis in ‘n tuin toegang verkry het.
Die vrou van Pekingstraat, Morningside is deur die geluid van stemme in die kothuis wakker gemaak. “Die volgende oomblik het die (swart) mans haar op die bed vasgedruk,” het Timla gesê. “Hulle het ‘n pistool teen haar kop gehou en haar bankkaarte en pinnommer geëis voordat hulle beurte geneem het om haar te verkrag terwyl haar seun dit in die vertrek moes aanskou.”
Blykbaar is ‘n mes ook teen die vierjarige seuntjie se keel gehou om sy ma te dwing om saam te werk.
Die geweldenaars het gedreig om haar seun as gyselaar aan te hou terwyl hulle bank toe gaan om die geld te trek, maar die vrou kon hulle oorreed om hom agter te laat.
“Ons is nie seker wat tussen haar en die rowers gebeur het nie, maar hulle het uiteindelik die kind agtergelaat,” het Timla gesê.
Hoewel daar geen tekens van ‘n inbraak is nie, het ‘n polisiebron gesê dat die vensters oud is en nie behoorlik toemaak nie, dus kon die rowers maklik deur een van hulle ingekom het.
Sommige aanvallers het weer deur die venster uitgeklim terwyl ander deur die agterdeur vertrek het. Die vensterskarniere is los en het geklap toe die rowers uitgeklim het, wat die huiseienaar op dieselfde perseel wakker gemaak het.
Hy het opgestaan om ondersoek in te stel en het die vlugtende swartes skrams gesien. “By die kothuis gekom, het hy die vrou huilende op die bed gevind,” het die bron gesê.
Die polisie is onmiddellik ontbied.
Volgens Timla is “drie van die mans met pistole gewapen, terwyl ‘n vierde blykbaar ‘n speelgoedpistool by hom het”.

Zimbabwe se politieke en militêre elite gebruik geweld en hul bande met maatskappye om die land se diamantskat te ontgin, sê ‘n nuwe verslag wat vandag deur die aksiegroep Global Witness in Londen uitgereik is.
Die stemmery het begin in vandag se algemene verkiesing in België, met Vlaamse separatistiese partye wat sterk staan en vrese aanwakker dat die land langs sy taalgrens gaan skeur.
Terwyl Rapport en ander koerante vandag die lof van die wêreldsokkerbeker en sy Afrosentriese openingseremonie besing, staan die res van die wêreld meer krities teenoor die land. Tydens ‘n program wat op die Franse TV-kanaal Télé 1 uitgesaai is, het die vermaarde historikus en Afrikakenner Bernard Lugan Suid-Afrika as “‘n land wat deur ‘n grotendeels korrupte swart elite regeer word” beskryf.
“Hulle maak herhaaldelik misbruik van die regte waarvoor die bevrydingsbeweging geveg het ten einde ons aandag van ernstige kwessies rondom die ekonomiese emansipering van die swart meerderheid en Afrikane in die besonder af te lei. Ons word nooit geskud nie.