Britte laat vaar dwelmklagte teen SAL-span

Op een uitsondering na, is alle dwelmklagtes teen die 30 spanlede van SAL wat in twee dwelmvoorvalle by die Heathrow-lughawe in Londen aangekeer is, laat vaar. So het die lugredery gister gesê.

Die Britse owerheid het formeel bevestig dat hulle geen verdere stappe teen die werknemers van SAL gaan neem nie, het 'n SAL-woordvoerder, Robyn Chalmers, gesê.

Die enigste uitsondering is die vorige vlugkelner van SAL, Mmatshuma Matlhara, wat in Suid-Afrika gearresteer is ná haar terugkeer uit die VK en wat van dwelmhandel aangekla is, ná 'n wenk van 'n veiligheidswag.

Die veiligheidswag, Pulane Hlahane, 43, en Matlhara, 35, het verlede maand in die Kemptonparkse landdroshof verskyn. Hulle het R5000 borgtog ontvang.

Hlahane het na bewering vir Matlhare van ekstra veiligheidsetikette voorsien sodat sy met ekstra bagasie vol onwettige middels kon reis.

Die eerste groep kajuitpersoneel van SAL is in Januarie in hegtenis geneem nadat 50 kg dagga en 4 kg kokaïen in hul bagasie gevind is. Die tweede groep is in Februarie aangekeer toe 5 kg kokaïen in hul tasse gevind is.

Chalmers het gesê die Britse owerheid het aangedui dat hulle die reg voorbehou om die saak teen enige individu te heropen indien nuwe getuienis na vore sou kom.

липецк опциитопкарго кидалы

Rowers stroop gestrande bakkie van onderdele

ImageTwee mans wie se bakkie in Dutywa gaan staan het, is deur rowers van onderdele beroof, het die Oos-Kaapse polisie Dinsdag berig.

Kaptein Jackson Manatha het gesê die twee mans was Maandagaand besig om aflewerings in Butywa te doen en was van Kokstad na Oos-Londen op pad. Hul bakkie het rondom 11 nm. gaan staan.

"Terwyl hulle vir die insleepvoertuig gewag het, het drie mans aangekom en die voertuig van twee deure, wiele en ander onderdele gestrooop."

Manatha het gesê een van die rowers het 'n vuurwapen gehad en twee was met messe bewapen.

Hulle het die mans aan bome vasgemaak maar het hulle nie andersins seergemaak nie, alvorens hulle van die toneel verdwyn het.

Uiteindelik het die mans daarin geslaag om hulself los te maak. Een van hulle het in die bosse gaan wegkruip terwyl die ander hulp gaan soek het.

Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.

'n Saak van roof met verswarende omstandighede is geopen.

local business internetАлександр Фильчаков

Twee Britte tronk toe weens ‘rassisme op die internet’

Image

Simon Sheppard, het ook onder die skuilnaam Luke O’Farrell geskryf

Twee Britse mans is vir die eerste keer tronkstraf opgelê bloot weens rassistiese uitlatings in pamflette en op die internet. Simon Sheppard, 51, van Selby in Noord-Yorkshire is tot vier jaar en tien maande tronkstraf gevonnis en sy medepligtige, Stephen Whittle, 42, van Preston is tot twee jaar en tien maande in die gevangenis veroordeel.

Die twee mans het pamflette gedruk en het webwerwe in die VSA beheer waarop "rassistiese stof" gepubliseer is. Sheppard is aan 11 oortredings skuldig bevind en Whittle aan vyf.

Nadat die mans verlede jaar in Julie deur die hof in Leeds skuldig bevind is, het hulle na die VSA gevlug in 'n poging om politieke asiel te bekom. 'n Hof in Los Angeles het egter bepaal dat hulle nie vir asiel in aanmerking kom nie en is hulle daarom terug gedeporteer Brittanje toe waar hulle so pas gevonnis is.

Die Britse regter, Rodney Grant, het aan sowel Sheppard as Whittle gesê dat hul geskrifte "buitensporig en beledigend" is en oor die potensiaal beskik om "ernstige maatskaplike leed" te veroorsaak. Volgens die regter, "het oortredings soos dié uiteraard die potensiaal om ernstige maatskaplike leed te veroorsaak, veral in 'n samelewing soos ons s'n wat reeds vir 'n hele aantal jare veelrassig is".

Die ondersoek na Sheppard se bedrywighede het begin toe 'n klag oor 'n pampflet getitel, Tales of the Holohoax, by die polisie in 2004 ingedien is nadat dit onder die deur van 'n sinagoge in Blackpool gedruk is. Die pamflet is agterna teruggespeur na 'n posbus in Hull wat in die naam van Sheppard geregistreer is.

Die polisie in Humberside het later 'n webwerf met "rasopruiende stof" gevind. Die twee mans het gedink dat hulle aan die Engelse reg kon ontkom omdat hul webwerf in die VSA geregistreer was.

Om dié rede is hul skuldigbevinding 'n "baanbreker", volgens Alil Khan, die hoof van diversiteit en gemeenskapsamehorigheid by die Humberside-polisie. "Feit is dat ons nou gewys het dat jy nêrens meer kan wegkruip nie; mense het daaragter geskuil dat die webbediener in die VSA was. Om rassehaat aan te blaas, is 'n misdaad wat te dikwels plaasvind. Dié tipe stof sal nie verdra word nie, soos wat die indringende ondersoek getoon het."

Die hof het die standpunt ingeneem dat internetgeskrifte wat in Brittanje afgelaai kan word in dié land strafbaar is, ongeag in watter land die bediener verkeer. Weens die sogenaamde "eerste wysiging" aan die Amerikaanse grondwet, geniet Amerikaners steeds groter spraakvryheid as Britte of Europeërs om oor sensitiewe kwessies soos ras of die Joodse menseslagting tydens die tweede wêreldoorlog kommentaar te lewer.

Sheppard het reeds voorheen met Britse wette oor meningsvryheid gebots. Op 8 Junie 1999 is hy en David Hannam in Hull in hegtenis geneem omdat hulle rassistiese verkiesingsmateriaal ten behoewe van die Britse Nasionale Party (BNP) versprei het. Hy is dieselfde dag nog uit die BNP geskors (hoewel Hannam steeds lid van die party is en tans as senior bestuurder daarin dien) en is op 14 Junie 2000 in Hull deur 'n hof aan "die publikasie of verpreiding van rassistiese stof" skuldig bevind. Volgens Sheppard se eie webwerf, is hy by elke openbare biblioteek in Hull, asook by Hull-universiteit en Hull-kollege verbied "bloot omdat hy 'n mening uitgespreek het".

Sheppard het ook by herhaling 'n veldtog teen kommunisme en individue met kommunistiese neigings gevoer deur hul name op die internet op 'n webwerf genaamd "Redwatch" te publiseer. In dié opsig het hy die voorbeeld van linkse webwerwe gevolg wat graag name en foto's van regses publiseer ten einde hulle aan die kaak te stel en sosiaal te stigmatiseer. Blykbaar is http://www.redwatchonline.org steeds aktief hoewel die webwerf al 'n paar keer van adres verander het.

Image

Stephen Whittle

Maar Sheppard is onder ander andere tronk toe gestuur vir die reeks artikels wat hy onder die skuilnaam Luke O'Farrell op die webwerf Heretical.com geskryf het, onder die titel Brave Jew World. Hierin lewer hy veral satiriese kommentaar op die anti-blanke uitsprake van sommige linkse Joodse intellektuele soos Susan Sontag wat gesê het: "die blanke ras is die kanker van die menslike geskiedenis", asook die voormalige Harvard-akademikus Noël Ignatiev wat 'n veldtog ten gunste van "afskaffing van die blanke ras" voer.

In dieselfde bydrae beskuldig Simon Sheppard/Luke O'Farrell die leier van die Konserwatiewe Party, David Cameron, daarvan dat hy ook deur Joodse geld geborg word: "Like Tony Blair, like Gordon Brown, he’s traitorous and unprincipled to the core, working hard to usher in a Brave Jew World in which Susan Sontag’s and Noël Ignatiev’s Marxist dreams come true: the cancer of human history is cut out, the white race is abolished, and we enter the rainbow paradise of racial harmony and equality we can see prefigured in Zimbabwe and South Africa."

Dis onduidelik vir watter spesifieke uitspraak Simon Sheppard tronk toe gestuur is, maar Afrikaanse lesers sal waarskynlik saamstem dat die bogaande paragraaf, hoewel omstrede – maar is Sontag en Ignatiev se standpunte nie ook omstrede nie? – nie vier jaar en tien maande in die tronk verdien nie. Maar lees en besluit self oor Sheppard se misdadige rubrieke onder die skuilnaam Luke O'Farrell.

online pokerДанильченко Харьков

‘Regering wil steeds armoede vasvat’

Die regering is steeds verbind daartoe om werkloosheid en armoede teen 2014 te halveer ondanks die ekonomiese afswaai, het Trevor Manuel, hoof van die nasionale beplanningskommissie, Dinsdag gesê.

Manuel het die regering se mediumstrategiese beleidsraamwerk in Pretoria uitgestippel en gesê sy hoofdoel is om die impak van die ekonomiese afswaai op die land se produktiewe kapasiteit, op werk en op armoedeverligtingsmaatreëls te versag.

“Die uitdaging bly dat ons nie kan voortgaan met die hoë vlakke van werkloosheid nie. Dit is die tipe verbintenis wat ons moet maak.”

Die beleidsraamwerk het 10 strategiese prioriteite geïdentifiseer. Dit sluit ekonomiese en maatskaplike infrastruktuur, landelike ontwikkeling, voedselsekuriteit en grondhervorming, toegang tot kwaliteit opvoeding, verbeterde gesondheidsorg en die stryd teen misdaad en korrupsie in.

Manuel het gesê om die regering se doelwitte te behaal, het hy ’n sterk ontleding van sy eie vertoning nodig, asook insette van maatskaplike vennote.

Blood Suckersлобановский александр игоревич класс

Dokters verwerp aanbod

Altesame 91% van dokters wat lede van die SA Medical Association, Sama, is en aan ’n aanlynopname deelgeneem het, het die regering se salarisaanbod verwerp, het Sama Dinsdag gesê.

Van die 2 484 dokters wat in die aanlynopname gestem het, het 223 die beroepspesifieke aanbod van die regering aanvaar. Altesame 2 261 het dit verwerp.

Gesprekke tussen vakbonde en die regering duur voort. Sama beplan tans om ’n arbeidskenner te raadpleeg oor alternatiewe in terme van die reg.

Sama het meer as 7 000 lede.

7лобановский александр дочь

Tshwane-naamverslag deur VF Plus gekeer

Image

Conrad Beyers

Die Tshwane-metroraad se Stadsbeplanning-, nntwikkeling- en streeksdientekomitee is deur die Vryheidsfront Plus gedwing om ‘n agendapunt, waarvolgens naamborde wat slegs die naam "Tshwane" bevat by toegangsroetes in Pretoria opgerig gaan word, te wysig omdat dit strydig is met ‘n hofinterdik wat sulke naamborde verbied.

Mnr. W

 

люстры италия брендылобановский супермаркет класс

Rio Tinto het glo staatsgeheime gesteel

Vier werknemers van Rio Tinto wat deur die Chinese veiligheidsministerie aangehou word, word daarvan beskuldig dat hulle staatsgeheime gesteel het wat verband hou met prysdata.

Die vier het glo amptenare by Chinese staalgroepe omgekoop tydens Rio Tinto se jaarlikse ystererts-onderhandelings met die Chinese staalsektor.

“Bevoegde owerhede kan bewys hulle het staatsgeheime gesteel en China se ekonomiese belange en sekuriteit groot skade berokken,” het Qin Gang, ’n woordvoerder van die Chinese departement van buitelandse sake, aan Reuters gesê.

Rio Tinto se Australiese erts is vir China ’n belangrike bron van staal, maar volgens Qin sal dit nie handelsbetrekkinge met Australië belemmer nie. China is Australië se grootste handelsvennoot.

Stern Hu, Australiese hoof van Rio Tinto in Shanghai, is Sondag saam met drie Chinese kollegas in hegtenis geneem en Australiese diplomate is aanvanklik toegang tot Hu geweier.

Die insident volg nadat Australiese politici en vakbonde hulle verlustig het in anti-Chinese uitsprake oor ’n vroeëre poging deur die Chinese staalgroep Chinalco om ’n aansienlike belang in Rio Tinto te bekom.

thunderstruck wordsлобановский александр жена

Britte vlug van diversiteit in skole

Wit ouers haal hulle kinders uit skole uit wanneer hulle getalle deur etniese minderhede oorheers word, volgens 'n verslag wat die groeiende segregasie by Britse skole onder die loep geneem het.

Die Institute of Community Cohesion, oftewel iCoCo wat in 2005 op die been gebring is, het 13 plaaslike areas bestudeer in plekke soos Bristol, Bolton, Sunderland, Oldham en Blackburn. Die studie het bevind dat ouers van alle etniese groepe skole waar een kultuurgroep oorwegend was, verkies het.

Die verslag het getuienis van wit uitvlug in groot getalle aangehoor. Wit middelklas ouers verkies om hulle kinders uit gemengde skole te haal omdat hulle nie wil hê die kinders moet uitstaan by die skool nie, sê die opstellers.

"Ouers verkies die veilige opsie, waar kinders van dieselfde agtergrond teenwoordig is," is die gevolgtrekking van die studie.

Nick Johnston, een van die outeurs van die verslag en 'n beleidmaker by iCoCo, sê die neiging het die afgelope jare toegeneem. Hy het voorgestel dat rade van 'n lotery gebruik maak om diversiteit in skole te bevorder sodat ouers die keuse ontneem word om hul kinders na monokulturele skole te stuur.

Die verslag het bevind dat leerders van verskillende rasse nie eens met mekaar sosialiseer selfs al deel hulle klaskamers en speelgronde nie.

ремонт принтеров brother в москвеФильчаков прокурор отзывы

Kliniek, biblioteek afgebrand

Ontstoke inwoners van Lydenburg se Mashishinglokasie in Mpumalanga het motoriste oor die naweek onder klippe gesteek en 'n kliniek afgebrand, het die polisie Maandag bekend gemaak.

"Die kliniek is Sondagaand deels in 'n brand verwoes. Dit is die enigste kliniek in die gebied," het kaptein Leonard Hlathi gesê.

Hlathi het gesê inwoners het die pad na Burgersfort versper en verbygaande motoriste met klippe bestook.

Meer as 70 mense is sedert die geweld Saterdagaand uitgebreek het in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag in die plaaslike hof verskyn.

"Ons hou steeds die gebied fyn dop," het Hlati gesê.

'n Biblioteek en hostel is ook Sondag afgebrand. Die huis wat aan die burgemeester se suster, Clara Ndlovu, behoort is ook in ligte laaie gelaat.

Inwoners beskuldig plaaslike munisipale bestuurder Isaac Moshoadiba en burgemeester Ndlovu van wanbestuur wat verband hou met die verdwyning van R3,2 miljoen uit die munisipaliteit se bankrekening.

Die inwoners het verder gekla oor die gebrek aan dienslewering en het verlede maand 'n memorandum aan Ndlovu se kantoor oorhandig.uk casinoАлександр Фильчаков прокурор

Pad by Diepsloot weer oopgestel na oproer

Paaie en deurpaaie naby Diepsloot, Johannesburg, is Maandagoggend veilig vir motoriste verklaar deur 'n polisiewoordvoerder. Dit volg nadat geweld oor die naweek weer uitgebreek het in die lokasie.

Polisiewoordvoerder kaptein Bonginkosi Msimango het gesê: "Alles was kalm gedurende die nag, maar 'n sterk polisieteenwoordigheid is in plek in die gebied." Honderde inwoners het Sondag paaie versper en motors asook die polisie met klippe bestook. Die motor van ’n SAUK-joernalis is uitgebrand, volgens wat Beeld berig.

Msimango het gesê die inwoners het na 'n vergadering wat 10 uur die oggend begin het, verdaag en begin amok maak. 'n Polisievoertuig is uitgebrand nadat twee polisievoertuie onder klippe gesteek is. 'n Dik rookkolom het gister oor die gebied gehang.

Ten minste 14 mense is weens openbare geweld in in hegtenis geneem en die polisie moes van rubberkoeëls gebruik maak om die oproeriges uiteen te jaag.

Die Johannesburgse metropolisie het die R511 teen omstreeks 16:30 Sondagmiddag moes sluit omdat dit nie meer veilig was vir motoriste nie. Teen skemer het die metropolisie motoriste steeds afgeraai om die pad te gebruik.

Die betoging volg op ’n soortgelyke een verlede Sondag toe sowat 1 000 inwoners nie hulle krotte wou skuif na ’n ander deel van Diepsloot nie.

светотехника воронежФильчаков прокурор