Renosterstroper in KZN gevang

‘n Vermeende renosterstroper is Sondag in hegtenis geneem, het owerhede van die Ezemvelo, die KwaZulu-Natalse natuurbewaring, gesê. “Twee skote is laatmiddag in die Hluhluwe-iMfolozi-park gehoor,” het Musa Mntambo, woordvoerder van natuurbewaring, Maandag in ‘n verklaring gesê. Veldwagters is gestuur om ondersoek te gaan instel en nóg veldwagters is na alle moontlike ontsnaproetes gestuur. Om 14:45

Lees verder: Renosterstroper in KZN gevang

Nadal wen Amerikaanse Ope

Die Spanjaard, Rafael Nadal het ‘n skitterende jaar afgerond deur die wêreld se voorste tennisspeler, Novak Djokovic in die Amerikaanse Ope op die Arthur Ashe Stadion te klop. Nadal het met 6-2 3-6 6-4 6-1 geseëvier en sodoende sy tweede Grand Slam vanjaar inge-oes. Hy het vroeër vanjaar die Franse Ope titel vir die agste

Lees verder: Nadal wen Amerikaanse Ope

Metropolisieman in rooftog geskiet

‘n Metropolisiebeampte is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy deur rowers by ʼn winkelsentrum in Johannesburg geskiet is. ‘n Woordvoerder vir Johannesburg se metropolisie, Edna Mamonyane, het gesê die beampte en sy kollegas het gaan ondersoek instel nadat hulle skote by die The Bridge-winkelsentrum in die middestad gehoor het. Mamonyane het gesê

Lees verder: Metropolisieman in rooftog geskiet

Man slaan vrou dood na rusie

‘n 50-jarige swart man is in Oos-Londen in hegtenis geneem nadat hy glo sy vriendin doodgeslaan het, het die polisie in die Oos-Kaap Maandag gesê. Kapt. Stephen Marais, polisiewoordvoerder, het gesê die man is Sondag in die Nompumelelo-plakkerskamp. Die paartjie het glo rusie gemaak, waarna inwoners die polisie ontbied het. Die vrou, wat vermoedelik iets

Lees verder: Man slaan vrou dood na rusie

Sirië verwelkom plan om chemiese arsenaal onder internasionale beheer te plaas

Sirië het ‘n voorstel van Rusland verwelkom om sy chemiese wapenarsenaal onder internasionale beheer te plaas. Dié stap kan beteken dat die VSA se voorgestelde militêre ingryping gestuit kan word. Die Siriese minister van buitelandse sake, Walid al-Moealem, het gesê sy regering verwelkom die voorstel, maar hy het nog nie aangedui dat sy land die plan

Lees verder: Sirië verwelkom plan om chemiese arsenaal onder internasionale beheer te plaas

Sirkusolifant trap bejaarde dood

‘n 84-jarige man het naby Parys, Frankryk gesterf toe ‘n olifant wat aan ‘n plaaslike sirkus behoort, uit sy kampie ontsnap het en die niksvemoedende petanque-speler met die slurp geslaan het, het die polisie Maandag gesê. Die olifant, Tanya, het Sondagmiddag soos gewoonlik in Lizy-sur-Ourcq, sowat 50 km van Parys, opgetree en is ná die

Lees verder: Sirkusolifant trap bejaarde dood

Koplose lyk gevind

Die koplose lyk van ‘n man is in ‘n veld in Klerksdorp gevind, het die polisie in die Noordwes Maandag gesê. Kapt. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, het gesê die lyk, wat tekens van ontbinding getoon het, is Sondag deur ‘n verbyganger in die Oudorp-township gevind. Die polisie ondersoek die saak. – Sapa

Lees verder: Koplose lyk gevind

Skoolhoof tronk toe na moord op tuinier

‘n Laerskoolhoof van Mpumalanga is Maandag tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy haar voormalige tuinier laat vermoor het. Pinky Magalefa (56) is in die Mmabatho-hooggeregshof skuldig bevind op aanklag van die ontvoering en moord op Johannes Moseta in 2010. Moseta was ook haar buurman. Magalefa was die skoolhoof van die Nkotolane-laerskool in Mmametlhake naby

Lees verder: Skoolhoof tronk toe na moord op tuinier

DA herloods tweede deel van omstrede veldtog

Die Demokratiese Alliansie (DA) het begin met die tweede fase van die party se “Ken Jou DA“-veldtog in Johannesburg. Die eerste fase het erge omstredenheid veroorsaak omdat die party die verhaal van hoe hulle eintlik in die stryd teen apartheid gevoer het, probeer monopoliseer het. Dit sluit ook die vrystelling van ‘n pamflet in waar

Lees verder: DA herloods tweede deel van omstrede veldtog

Duitsland onthuts dat SA handelsooreekoms verwaarloos

Duitsland het nou hard en duidelik sy stem gevoeg by die Europese Unie (EU) se handelskommissaris, mnr. Karel de Gucht, wat onlangs skerp kritiek uitgespreek het teen die ANC-regering se beleid rakende bilaterale beleggingsooreenkomste met lidlande van die EU. Adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid, sê dit blyk

Lees verder: Duitsland onthuts dat SA handelsooreekoms verwaarloos