Die Tamil Tiere het gister erken hulle het ’n nederlaag gely in die 25 jaar lange oorlog met die regering van Sri Lanka en aangebied om hul wapens neer te lê namate regeringsmagte hul laaste vesting in die noordooste oorrompel het. Die regering het die aanbod van ’n skietstaking verwerp en gesê die duisende burgerlikes
Twee oliepyplyne in Nigeri? verwoes
Nigerië se prominentste militantegroep, die Beweging vir die Bevryding van die Niger-delta (Mend), het gister gesê hulle het twee oiliepyplyne in die suidelike Niger-delta verwoes. Dit was die jongste aanval in die hewigste geweld in maande wat dié gebied getref het. ’n Private sekerheidsamptenaar, wat anoniem wil bly omdat hy nie by magte is om
Zille bewus van uitgebreide spioenasienetwerk
Helen Zille het aan Die Burger bevestig dat daar op haar en haar kabinet gespioeneer word. Die netwerk en hoe dit funksioneer is verlede week deur ’n onafhanklike bron aan haar verduidelik. Die doel daarmee is om die DA te probeer diskrediteer. Sy weet ook wie betrokke is by die spioenasienetwerk wat aan die ANC
‘Weermag kan help om misdaad te bekamp’
Minister van polisie, Nathi Mthethwa, het in 'n onderhoud Sondag met die Sunday Independent gesê dat die weermag ingeroep kan word om misdaad te bekamp. "Ons is in 'n oorlog met kriminele gewikkel," het hy gesê. Die weermag kan kontantvervoerwaens begelei en die land se grense patrolleer. "As 'n mens na ander lande kyk, dan
Cosatu se aansoek teen Vodacom van die hand gewys
Die Pretoriase Hooggeregshof het in Vodacom se guns beslis en die aansoek wat deur Cosatu en Icasa gebring is om die maatskappy te keer om op die Johannesburgse aandelebeurs te noteer, van die hand gewys. Woordvoerder Patrick Craven van Cosatu sê regter John Murphey het in Vodacom, Vodafone, Telkom en die regering se guns beslis.
Lees verder: Cosatu se aansoek teen Vodacom van die hand gewys
Premier ontvang afskeidsgeskenk
Die minister van vervoer, S'bu Ndebele, het 'n geskenk van R1,1 miljoen aanvaar van 'n groep kontrakteurs wat kontrakte ter waarde van R400 miljoen met sy departement het, het die Star Sondag berig. Vukuzakhe kontrakteurs het Saterdag 'n afskeidspartytjie vir Ndebele by die Woodburn Stadion in Pietermaritzburg gehou om die vorige premier van KwaZulu Natal
PRAAG steun belastingweerhouding in Pretoria
Ná die aankondiging van 'n dubbele dosis erfbelasting in een maand deur die sogenaamde "Tshwane"-metro, steun PRAAG die oproep van die Pretoriase belastingbetalersvereniging aan inwoners om hul munisipale betalings in 'n trust in te betaal, waarna slegs die gedeelte vir water en elektrisiteit aan die munisipaliteit oorbetaal sal word. Gegewe die swak finansiële bestuur van die ANC-stadsraad en miljarde rande se skuld wat nie ingevorder word nie, is dit net logies dat Pretorianers nou die voorbeeld van Sannieshof en 'n twintigtal ander munisipaliteite moet volg wat reeds met aktiewe belastingweerhouding besig is ná dispute met daardie stadsrade verklaar is.

Taiwan terug op die w?reldverhoog
Taiwan is terug op die wêreldverhoog. Ná vier dekades van isolasie omdat die land uit die VN uitgesit is, het Taiwan Vrydag 'n waarnemerspan na die Wêreld Gesondheidsorganisasie gestuur. Danksy verbeterde verhoudinge tussen China en Taiwan het die WGO ingestem om die land toe te laat om deel te neem. Die WGO sal dus die
ANC-jeugliga staan by aanmerkings oor Zille
Die ANC-jeugliga het Donderdag gesê dat hy staan by sy opmerkings oor die DA-leier, Helen Zille, ondanks "intimidasie en dreigemente".
Woensdag het die eertydse gewapende vleuel van die ANC, Umkhonto we Sizwe gedreig om die Wes-Kaap "onregeerbaar" te maak indien Zille sou voortgaan om die pas verkose president Jacob Zuma te "beledig".

Metropolisieman weens seksuele teistering geskors
'n Senior Johannesburgse metropolisieman is Donderdag geskors ná aantygings van seksuele teistering teen hom, sê 'n woordvoerder.
'n Senior Johannesburgse metropolisieman is Donderdag geskors ná aantygings van seksuele teistering teen hom, sê 'n woordvoerder.
Lees verder: Metropolisieman weens seksuele teistering geskors