‘n Bell 430 helikopter van die Amerikaanse oliemaatskappy Chevron het Maandag met ses mense aan boord het neergestort. Vier Angolese is dood en die twee wat vermis word, is glo buitelanders. Maar die nasionaliteit van die vlieënier is nog steeds nie bekend gemaak nie. Die helikopter was onderweg na die Tombua-Landana-olieboor toe dit volgens Angolese
Rhodes: Amokmakers kla en kerm omdat polisie optree
Polisielede wat ‘n amokmaker uit ‘n privaattuin gesleep het tydens betogings by Rhodes Universiteit op 28 September, is op sosiale media laat beskuldig dat die swart student “geskiet” is. Maar dit kon nie op die videoopname van die insident bevestig word nie, maar die oproeriges maak nogtans dié valse bewerings dat hy geskiet is: “Die
Lees verder: Rhodes: Amokmakers kla en kerm omdat polisie optree
Bedank ‘n onnie!
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) vra mense om erkenning aan leerkragte te gee. Dit vorm deel van Wêreldonderwysersdag wat eerskomende Woensdag gevier word. Fedsas se Jaco Deacon sê dié organisasie vier jaarliks die geleentheid op die eerste Vrydag van die vierde skoolkwartaal, omdat dié wêreldviering in die Suid-Afrikaanse skoolvakansie plaasvind. Hy sê
UJ tree hardhandig teen amokmakers op na dood van skoonmaker by Wits
Die Universiteit van Johannesburg het waarskynlik nog ongevalle probeer verhoed, nadat ‘n skoonmaker enkele dae gelede vermoor is deur oproerige studente by die Universiteit van die Witwatersrand. Selfs joernaliste is gisteraand deur privaat veiligheidswagte buite UJ se Doornfontein-kampus verwilder. Die joernaliste was besig om studentebetogings glo te volg. Hulle het in die spervuur beland tussen
Lees verder: UJ tree hardhandig teen amokmakers op na dood van skoonmaker by Wits
Kettingbotsing op N1 eis twee
‘n Gedeelte van die N1 tussen Kroonstad en Koppies by Heuningspruit in die Vrystaat, wat gister bykans die hele dag gesluit was vir verkeer ná ‘n kettingbotsing waarin twee mans dood is, is gisteraand, omstreeks 20:00 weer oopgestel. Dit kom nadat ‘n kleinerige vragmotor, Dinsdagaand omstreeks 23:00, vermoedelik weens sterk wind omgeslaan het. Die vragmotor
SAMRK staan amokmakers van SUT by
Die 23 belhamels van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein wat in hegtenis geneem is tydens ‘n klasgeldprotes, is met ‘n waarskuwing vrygelaat, danksy ingryping van die SAMRK. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het ingegryp op ‘n dringende grondslag om die amokmakers van die SUT Woensdagoggend by te staan. Die Vrystaat se provinsiale bestuurder van die
Eienaars van gesteelde vee gesoek
Gesteelde vee ter waarde van bykans R170 000 is in die besit van twee swartes gevind. Die twee vermeende veediewe sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Klerksdorp verskyn ivm diefstal. ‘n Polisiewoordvoerder in Noordwes, Pelonomi Makau, sê altesaam 26 beeste en 18 skape is Dinsdag op ‘n plaas buite die stad in ‘n
Franse skoolstelsel in krisis weens ‘apartheid’ en ‘ongelyke prestasie’
Volgens ‘n onlangse verslag wat deur die Raad op die evaluering van die Franse skoolstelsel vrygestel is, “produseer die stelsel self ongelykheid” en is die prestasiegaping tussen meesal blanke middelklas-Franse en gekleurde immigrante “besig om te vergroot”. Die beleid om meer geld aan “prioriteitskole” met nie-Franse, immigrante- of gekleurde kinders te bestee, word ook as
Lees verder: Franse skoolstelsel in krisis weens ‘apartheid’ en ‘ongelyke prestasie’
Anglikane klim weer onder Zuma in
Die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba het intussen gewaarsku dat maatskaplike toelaes in die slag kan bly. Hy sê indien die regering nie `n einde bring aan die plundery van staatsbronne nie, sal hy nie genoeg geld hê om maatskaplike toelaes aan die 16 miljoen Suid-Afrikaners te betaal wat daarvan afhanklik is nie. Makgoba
Studente-vandale van SUT voor
‘n Groep swart oproeriges van die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) se Bloemfontein-kampus sal vandag in die plaaslike landdroshof verskyn in verband met ‘n onwettige byeenkoms, openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê altesaam 13 mans en sewe vroue is gisteroggend omstreeks 02:00 in hegtenis geneem. Hulle was deel van ‘n groep studente
